Wil jy deelneem en jou opinie gee?
ChatGPT van OpenAI en die vermoëns van kunsmatige intelligensie (KI) het almal aan die gons.
Kan ’n KI-romanskrywer die Hertzogprys ontvang?
Waar gaan uitgewers hulself posisioneer?
En skryf studente binnekort opstelle met KI-sagteware?
Hoe gaan studieleiers weet of ’n verhandeling volledig of gedeeltelik deur ’n student geskryf is?
Watter invloed gaan dit op geakkrediteerde akademiese tydskrifte hê?
Hoe gaan die media daarmee omgaan?
Wat wag op ons?
Laat van jou hoor!
Stuur jou bydrae aan ki@litnet.co.za.
• Daar is geen vereistes wat betref presiese onderwerp en lengte nie.
• LitNet behou die reg voor om nie alle bydraes te plaas nie.
LitNet-AfriKI-miniseminaar: Kunsmatige intelligensie as skrywer
Die afgelope jaar is gekenmerk deur die vrystelling van groot taalmodelle (oftewel Large Language Models): LaMDA en PaLM deur Google, OPT deur Meta, BLOOM deur Hugging Face – en nou ook die berugte ChatGPT van OpenAI. Laasgenoemde beskik oor ’n dialoogformaat en het almal aan die praat.
Wel reeds in 2016 het ’n KI-kortverhaal die eerste rondte van ’n literêre kompetisie in Japan geslaag. Die ontwikkelaars was eerlik oor hoe die teks geskep is, maar die vraag het toe al ontstaan: hoe bepaal ons of ’n storie mensgeskrewe of masjiengedrewe is? Gaan dit in die toekoms enigsins belangrik wees om daardie onderskeid te tref? Kan jy die Hertzogprys vir ’n KI-romanskrywer gee? Waar gaan uitgewers hulself posisioneer? En skryf studente binnekort opstelle met KI-sagteware?
Hoewel die vraagstukke van KI-skryfwerk en -outeurskap aandag in ander akademiese vakgebiede geniet, bied literatuurwetenskap verbasend min dekking. Die boekbedryf is ook relatief stil oor hierdie nuwe verwikkeling wat allerlei vrae opper oor oorspronklikheid, kopiereg en selfs die idee dat elke goeie skrywer ’n eie, unieke stem het.
Die LitNet-AfriKI-miniseminaar fokus hoofsaaklik op die konseptualisering van KI as skrywer en verken potensiële verbande tussen KI en literatuurstudie. Kan (of durf) ons KI as outeur posisioneer? Watter moontlikhede kan literêre benaderings tot skeppende teksgenerering ontgin? Kyk ons na kritiese benaderings uit die eerste en tweede helftes van die twintigste eeu of meer kontemporêre wendings in literatuurteorie? Ons beklemtoon hier verkennings van outeurskap, tekstualiteit, leserskap en interpretasie, en vra: wat is die voor- en nadele van KI-gegenereerde teks? Die tegnologie opper boonop menigte filosofiese kwessies: kan ’n masjien intelligent wees? Kan ’n rekenaar skeppend of kreatief wees? KI nooi ons verder uit om nuwe lig op bewussyn, kreatiwiteit, skrywerskap, oorspronklikheid, en ander fundamentele begrippe te werp.
LitNet bied hierdie miniseminaar in samewerking met AfriKI aan. Ons nooi literêre en kunsteoretici, filosowe, regskundiges, KI-kenners en ander akademici, sowel as skrywers, uitgewers, vertalers, joernaliste en studente om oor verskillende fasette van hierdie fassinerende onderwerp te besin.
- Hoofkonvenor van die miniseminaar: Imke van Heerden*
- Medekonvenors: Die LitNet-span
Imke van Heerden* lei sedert 2020 AI as Author by Koc Universiteit in Istanboel. Dié navorsingsprojek bring letterkundiges en rekenaarwetenskaplikes in gesprek rondom KI en kreatiwiteit, en het in 2021 die eerste KI-gedigte in Afrikaans met hul eie taalmodel AfriKI – Afrikaanse Kunsmatige Intelligensie geskep. Die projek se grondliggende artikel “AI as Author – Bridging the Gap Between Machine Learning and Literary Theory” in die Journal of Artificial Intelligence Research pleit vir die insluiting van letterkundiges in die ontwikkeling van masjienleermodelle.
Lees en kyk ook op LitNet, LitNet Akademies en Voertaal:
KI en kopiereg: kreatiewe skryfwerk van die masjien versus kreatiewe skryfwerk van ’n mens
Elders gesien: Kinderboeke deur kunsmatige intelligensie geskep?
Kunsmatige intelligensie en die dekolonialisering van onderwys in Suid-Afrika
Seen elsewhere: Marking undergraduate essays in the age of ChatGPT
Oorsig ‒ Jakes Gerwel-gesprek (Suidoosterfees 2024): Gaan kunsmatige intelligensie oorneem?
Deus ex machina: Animation, artists and solving the generative AI problem
Die simfonie van silikon: Die impak van kunsmatige intelligensie (KI) op musiek
In die beeld van die Skepper: ’n kykie in die toekoms van Kunsmatige Algemene Intelligensie (KAI)
’n Proaktiewe strategie om plagiaat met behulp van ChatGPT-3.5 te bekamp – ’n verkennende ondersoek
Hou KI ’n bedreiging vir skrywers in? | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
Tien etiese en praktiese gebruike van ChatGPT vir akademiese skryfwerk in Afrikaans
KI skep talle uitdagings en vrae vir wetenskaplike publikasies
Kunsmatige Intelligensie en die reg: Regspraak en opinies lê nog ver in die toekoms
Besinning oor die ASSAf-paneelbespreking oor ChatGPT, assessering en hoër onderwys
Hoe verskil ChatGPT van Microsoft en Google se gespreksagente?
To Google or to Chat? Getting information is likely to change
Is ChatGPT ’n bruikbare hulpmiddel vir akademiese skryfwerk?
Skepping of nabootsing? Kunsmatige intelligensie en intelligente kuns
Wat dink jy van die stelling dat sonpanele ’n statussimbool is?
Mag Suid-Afrikaners kwaad wees wanneer hulle elektrisiteit voortdurend afgeskakel word?
Die eerste KI-gedig in Afrikaans: "Silwerwit in die soontoe"
AfriKI: Kunsmatige Intelligensie-gedigte in Afrikaans | Videolesing in Engels en Afrikaans
In gesprek met ChatGPT, ’n kunsmatig-intelligente rekenaartoepassing
Water-saving tips generated by an algorithm using artificial intelligence
Artificial intelligence creates a recipe for a sugar-free chocolate cake
Lees meer oor KI en die regswese:
Kunsmatige Intelligensie en die reg: Regspraak en opinies lê nog ver in die toekoms
Kommentaar
Ons Graad 7's moet 'n GTA (Gemeenskaplike taak vir assessering) doen: Hulle moet die sukses van OpenAI se ChatGPT en Dall-E ondersoek en evalueer. Dan moet hulle navorsing doen oor twee KI-programme. Die navorsing moet handel oor die sukses, of nie van die gebruik van hierdie toepassing deur skrywers, prokureurs, dokters, onderwysers, loodgieters of enige beroep van hul keuse. Waar begin mens? Van watse KI-programme praat hulle? Hoe weet 'n kind hoe en watter programme 'n prokureur of dokter bv gebruik? Help asseblief. Bekommerde ouma.
Hello, tannie! Ek is in graad 8 en ons het 'n soortgelyke taak. Julle kan begin om net 'n bietjie oor ChatGPT en Dall-E te lees. Dit is toepassings wat deur kunsmatige intelligensie vir jou 'n taak of prent genereer. 'n Mens moet eers kyk na wat hierdie toepassings kan doen en of dit dan 'n sekere deel van 'n beroep kan verrig. Ek het digitale bemarking gekies as my beroep, met die rede dat kunsmatige intelligensie beslis 'n groot rol daarin speel. Dit kan, ek sou sê, die grootste deel van die beroep oorvat.
Goeie dag. Ek wil net hoor, kan KI-skrywers toekennings ontvang?