Musiek
KlankKas is your gig guide and music fix.
Mediaverklaring: ’n “Venster” op vreemde tye
2020-12-23In hierdie tyd van begrensing en inperking deel Willemien haar musiekvideo “Venster” met LitNet se lesers.
Toast rig ’n gemaskerde satelliet op Roof en (Or)Wellington
2020-12-21"Toe Bob Dylan die Nobelprys vir Letterkunde gewen het, is daar op verskillende forums gesels oor die musiekteks as letterkundige instrument, maar doen ons werklik genoeg om ons liedjieskrywers se bydrae tot ons letterkunde te verreken?"
Mediavrystelling: Kurt Darren en vriende vier die goeie ou dae met ’n braai
2020-12-21Kurt het sy goeie vriende genooi vir ’n lekker saamkuierbraai om “Die goeie ou dae” te vier. Vriende soos Juanita du Plessis, Ricus Nel, Die Campbells, Jo Black, Martin Bester en nog meer verskyn in dié nuwe musiekvideo.
Mediaverklaring: Klein Karoo Klassique span saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeugorkes vir ’n eksklusiewe aanlyn Adventskonsert
2020-12-15Die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeugorkes (SANJO) se jaarlikse Adventskonsert word vanjaar aanlyn gehou – en vir die eerste keer aangebied in vennootskap met Klein Karoo Klassique en die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK).
Ché sing en dans harte warm
2020-12-15"Ek kan definitief nie vergeet van die amazing span wat gehelp het om die video ’n sukses te maak nie: Ek en oom Ernst Kleinhans van Select het saam gewerk aan die skrywe van die liedjie. Die videowerk en die redigering was gedoen deur Christiaan Wolf en sy ongelooflike span. Die choreografie was gedoen deur ’n unbelievable danser, Ashley de Moore."
Deon Meiring eet ’n Bennie Griesel – en gesels musiek
2020-12-09"Daardie kinderlike verwondering is byvoorbeeld iets wat vir my belangrik is. Dit help my om meer verbeeldingryk te wees. Dis juis iets wat nodig is om sin te maak uit grense. Die verbeelding om te kan kyk na dit wat moontlik is, al is dit nog nie die noodwendige werklikheid nie."
Uitnodiging: Klinkklaar – virtuele huiskonsert
2020-12-03Jy word uitgenooi na ’n virtuele huiskonsert waartydens 21 toonsettings van gedigte oor afsondering uitgevoer sal word. Die konserte word gratis op 4 en 11 Desember om 18:00 op die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Facebook-blad uitgesaai.
Persvrystelling: Orwellington, The Buckfever Underground – poetry rock ’n roll
2020-12-03Orwellington, The Buckfever Underground – poetry rock ’n roll. Met gaskunstenaar Andries Bezuidenhout, Saterdag 5 Desember 2020, 19:00. Bôrdienghuis-teater, Wellington.
Hier en nou: ’n onderhoud met Lize Beekman
2020-12-02"Soos vir sekerlik al wat mens is, was hierdie jaar ook vir my ongewoon en ’n uitdaging. Ek het die meeste gesukkel met verlange na my geliefdes – om hulle te kan sien, my ouers ’n drukkie te kan gee en lekker kuiers rondom ’n tafel saam met vriende. Vir die res het die lewe my al die waardevolle les geleer om nie te baklei teen wat ís nie."
Persvrystelling: Deon Meyer en Coenie de Villiers se Karoo Suites by Kaapse inryteater
2020-11-27"Deon Meyer en Coenie de Villiers beywer hulle lank reeds vir die ontwikkeling van jongmense met potensiaal. Hulle eerste produksie kon – in samewerking met die Atterbury Trust – bykans ’n miljoen rand skenk aan leerders in die Karoo. Die opbrengs van hierdie kaartjieverkope sal aangewend word om die Suidoosterfees en die Jakes Gerwel Stigting se liriekskryf-mentorskapprogram uit te brei."
Persvrystelling: Warmer voor die tuimeldroër-bekendstelling by Die Boer-teaterrestaurant
2020-11-24Danie du Toit stel sy eerste digbundel Warmer voor die tuimeldroër op 6 en 7 Desember by Die Boer teater-restaurant in Durbanville bekend.
Cordis Trust se Beiteltjies word wel in 2020 toegeken
2020-11-23Fanie Marais: "Met dié toekennings wil ons skryf-, dig-, drama- en liriekekuns aanmoedig met die klem op die ontginning van nuwe geleenthede. Ons wil belangstellendes uitnooi om in te skakel op ons beeldstroom op Maandag, 30 November 2020, op Facebook en op YouTube, en om saam met ons die inspirerende werk van die ontvangers te vier."
’n Gesprek met HemelBesem oor “Witbooi”
2020-11-19"Ja, kyk, hip-hop op sigself is maar iets wat ’n baie conscious movement is," antwoord hy. "Obviously, die commercial idea is nie waarvan ek praat nie." Volgens hom het kommersiële, radiovriendelike hip-hop wel ’n plek, ofskoon dit "baie middeweg" is. "Maar daar’s ’n rede daarvoor: brugbou."
Persverklaring: Lize Beekman se nege jaar van stilte eindig hier en nou!
2020-11-18Aanhangers van gehalte- Afrikaanse musiek en liriek kan uiteindelik regstaan vir die sanger-liedjieskrywer Lize Beekman se nuutste album getiteld Hier en nou, wat in November 2020 uitgereik word.
Anton Goosen – Liedjieboer deur Hanlie Retief: ’n resensie
2020-11-17"Ek het Liedjieboer in twee sessies klaar gelees. As dit nie was vir ’n optrede wat ek tussendeur moes gaan doen nie, het ek dit in een sessie verslind."
Francois van Coke vir die Suidoosterfees-inryteater
2020-10-28"Ek is ’n fan van saamwerk; ek leer baie by die mense met wie ek collab, nie net oor musiek nie, maar ook baie oor persoonlikhede; musiek is vir my ’n spansport."
Kurt Darren verjaag COVID met ’n vuurtjie
2020-10-27"Die grendeltyd het ons nog eens laat besef hoeveel ons almal mekaar nodig het; net om te kan gesels en saamlag is deel van ons menswees. Die liedjie laat jou uitsien na die goeie tye wat voorlê."
"My nooi is in ’n nartjie": ’n onderhoud met Lara Kirsten oor die ClemenGold-projek
2020-10-22"Nadat hy my gedigte ontvang het, het hy met groot opwinding van sy idee vertel – ek moet ’n hele paar skrywers in Suid-Afrika nader om oor die nartjie te skryf."
Persverklaring: Woordpalet, ’n digbundel en musiekvertoning
2020-10-20Digkuns- en musiekliefhebbers kan op Sondag 25 Oktober om 19h00 op Cordis Trust of Petronel Baard se Facebookblaaie of op YouTube inskakel vir ’n gratis virtuele vertoning.
Nina Schumann: Om ’n lewe aan 88 klawers te wy
2020-10-07Nina Schumann het onlangs haar 50ste verjaarsdag gevier en is al sedert haar tweede lewensjaar besig om die wondere van musiek te ontdek. Dis die note, die eindelose maniere om musiek te vertolk, die strukture, geheime sinergie tussen gehoor en performer wat haar ná soveel jare steeds betower om daagliks ondersoek in te stel na wat verskuil is in die 88 klawers van die klavier. Wilken Calitz gesels met Nina.