Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Persverklaring: Oproep om referate – 1ste Kongres van die Afrikaanse Taalkunde-en-Letterkundevereniging
2026-09-14Die ATLV is in die lewe geroep met die doel om ’n verenigde Afrikaanse akademiese landskap te verken en te karteer. Kinese, die beweging of verandering van ’n organisme in reaksie op ’n bepaalde stimulus, vorm daarom ’n gepaste kongrestema. Opsommings moet teen 30 April 2027 ingedien word.
Wiskunde-video: Graad 8 – totale buite-oppervlakte van 'n prisma, metode 2
2026-09-14In hierdie video verduidelik Lee-Ann Langeveld metode 2 vir die berekening van totale buite-oppervlakte van 'n prisma vir graad 8’s - hier’s ’n formule!
Wiskunde-video: Graad 8 – totale buite-oppervlakte van 'n prisma, metode 1
2026-09-14In hierdie video verduidelik Lee-Ann Langeveld metode 1 vir die berekening van totale buite-oppervlakte van ’n prisma vir graad 8’s.
Wiskunde-video: Graad 8 – omgekeerde Pythagoras
2026-09-14In hierdie video verduidelik Lee-Ann Langeveld die omgekeerde Pythagoras-stelling vir graad 8’s.
Wiskunde-video: Graad 8 – Pythagoras se stelling
2026-09-14In hierdie video verduidelik Lee-Ann Langeveld Pythagoras se stelling vir graad 8's.
Indeks: notas, toetse en vraestelle
2026-09-14Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.
Daniël en Theon: Relasionaliteit en ’n vriendskap "van die mees onverwagte aard" in S.J. Naudé se Van vaders en vlugtelinge (2023)
2026-09-11"Bestaande lesings van Naudé se werk fokus dikwels op aspekte van queer identiteit, migrasie, transnasionalisme en alternatiewe vorme van verwantskap. As bydrae tot die gesprek, voer hierdie navorsing aan dat vriendskap ’n selfstandige analitiese kategorie is wat nuwe perspektiewe op die roman ontsluit."
Geloof en kennis by die vroeë Hegel
2026-09-09"Die vertrekpunt is die moderne ervaring van gespletenheid (Entzweiung), waarin geloof en kennis, subjek en objek, asook eindigheid en oneindigheid van mekaar vervreem raak. Waar die Middeleeue nog ’n geïntegreerde wêreldbeeld gebied het, word die moderne mens gekonfronteer met ’n wêreld van refleksiewe teenstellings."
Die kernvermoëns wat studente in die Vierde Nywerheidsrewolusie- (4NR-) era benodig vir deelname aan platformwerk: ’n kwalitatiewe studie
2026-09-09"Hierdie artikel ondersoek watter digitale, entrepreneurs- en etiese kernvermoëns hoëronderwysstudente benodig om betekenisvol en billik aan platformwerk deel te neem. Die studie gebruik Onderwys 4.0, Fairwork en dinamiese-vermoëns-teorie as aanvullende lense."
Die tweespraak tussen Rooms-Katolieke en Gereformeerde estetiese tradisies in modernistiese gewyde kuns
2026-09-04"’n Enkele detail in een van Leo Theron se vernaamste werke word ter inleiding gebruik om ’n ingewikkelde tweespraak tussen Rooms-Katolieke en Gereformeerde estetiese tradisies in modernistiese gewyde kuns te bespreek."
Wiskunde: Graad 6-vraestel en memorandum, derde kwartaal
2026-09-04Is jy in graad 6 en hoe lank groei jou neus as jou ouers vra of jy al vir jou Wiskundetoets voorberei het? Gelukkig kan Wilhelm du Toit se gratis vraestel en memorandum jou help om van lengtes te leer, en ook die res van jou toetswerk te verstaan. Laai dit hier af.
Wiskunde: Graad 7, vraestel en memorandum, derde kwartaal
2026-09-04Is jy in graad 7 en moet jy voorberei vir jou Wiskundetoets? Wilhelm du Toit se gratis oefenvraestel en memorandum kan jou help. Jy kan dit hier aflaai.
Afrikaans Huistaal: Graad 12, vraestel en memorandum, kwartaal 3
2026-09-04Is jy in graad 12 en is jy benoud oor die eksamen? Cecilia Klopper se gratis Afrikaans Huistaal-vraestel en memorandum, wat jy hier kan aflaai, kan jou met jou voorbereiding help. Breek ’n rekord met jou punte hierdie rekordeksamen!
Natuurwetenskappe: Graad 9-vraestel en memorandum, derde kwartaal
2026-08-28Is jy in graad 9 en behandel julle hierdie kwartaal elektrisiteit en stroombane in Natuurwetenskappe? Laai Rita Engelbrecht se gratis toets en memorandum hier af. As jy goed voorbereid is, sal jou punte jou op ’n positiewe manier skok!
Die Landbank se sekwestrasie- en likwidasieverrigtinge teen boere en hul sake-entiteite ingevolge sessie-ooreenkomste: die bewering en bewys van locus standi in iudicio
2026-08-27"Die risiko van prosedurele ongeregtigheid word verder verhoog waar dringendheid aangevoer word en bevele toegestaan word op grond van beëdigde verklarings wat nie deur kruisondervraging of mondelinge getuienis vir waarheid, betroubaarheid en geloofwaardigheid getoets is nie."
Skoleverrykingsartikel: Kompos en herwinning
2026-08-27Doen jou kind hierdie kwartaal ’n navorsingstaak oor kompos en herwinning? Hierdie artikel deur Rouxlyn Botha sal jou kind kan help met navorsingsmateriaal!
Strategiese mededinging tussen die VSA, China en Rusland in Afrika: ’n teoretiese ontleding
2026-08-27"Die teorieë wat in die ondersoek gebruik word, is realisme, liberalisme, konstruktivisme en kritiese teorie. [...] Strategiese belange manifesteer in veiligheidsamewerking, infrastruktuurontwikkeling, handel, hulpbronverkryging, diplomatieke betrokkenheid en militêre vennootskappe."
SteedsDink met LitNet Akademies: Kanja van der Merwe oor tolking
2026-08-24In hierdie video gesels LitNet Akademies-navorser Kanja van der Merwe oor onder meer tolking en KI, en die verband tussen navorsing en die praktyk.
Kollig op Kanja van der Merwe: Tolkopleiding en tolkaanleerstrategieë
2026-08-24In hierdie video gesels LitNet Akademies-navorser Kanja van der Merwe oor haar agtergrond en navorsingsveld.
Wêrelde wat tot stand vertel word: Narratiewe konstruksie en die etiek van representasie in Die wêreld van Charlie Oeng
2026-08-24"Fiksie bied nie direkte toegang tot die wêreld van die ander nie, maar skep die moontlikheid van ’n begrip van die ander (’n ander mens of die verlede) wat bewus bly van die voorlopige en bemiddelde aard van interpretasie."
