Van taalaanleer na tolkaanleer (deel 3): Die skep van affektiewe en sosiale tolkaanleerstrategieë vir prosesgerigte tolkopleiding

Kanja van der Merwe, Harold Lesch LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2026-08-20

"Die gebruik van taalaanleerstrategieë maak taalaanleer aangenamer, eenvoudiger en vinniger, wat tot tolkaanleer kan oorspoel. [...] Vir die artikel se doeleindes word daar op die nuutgeskepte affektiewe en sosiale tolkaanleerstrategieë as twee van die indirekte strategiesoorte toegespits."

Afrikaans Huistaal: Graad 5-vraestel en memorandum, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2026-08-18

Is jy in graad 5 en skryf jy binnekort Afrikaans Huistaal as deel van jou toetsreeks? Laai Eugene van der Westhuizen se oefenvraestelle en memoranda gratis af om jou met jou voorbereiding te help.

’n Woordmedevoorkomsnetwerk-ontleding van die Nederlandse lirieke van Heidevolk as heidenmetaalgroep

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-08-16

"In die breër konteks van swaarmetaal, en spesifiek die verwante genres van Viking- en heidenmetaal, word Heidevolk as ’n unieke groep geposisioneer wat hul moedertaal en plaaslike geskiedenis van die Lae Lande gebruik om hul eie Germaanse erfenis te verken, eerder as om slegs op die Skandinawiese Vikingtydperk te fokus."

Fiela se kind, die drama: ’n skolebespreking

Cecilia Klopper Notas, toetse en vraestelle 2026-08-13

In die derde kwartaal moet leerders ’n literêre-navorsingstaak voltooi. Miskien is Fiela se kind, die drama vanjaar jou voorgeskrewe boek in Afrikaans Huistaal. Lees die boek en laai dan Cecilia Klopper se bespreking en analise gratis hier in PDF hier af om die teks onder die knie te kry!

Die beperkings van toestemming in die Suid-Afrikaanse inligtingsbeskermingsreg

Gretchen Jansen LitNet Akademies (Regte) 2026-08-13

"Die vraag word gestel of toestemming, soos gedefinieer en geoperasionaliseer in die Wet, datasubjekte in staat stel om op ’n betekenisvolle wyse beheer oor hul persoonlike inligting uit te oefen. Verder word daar ook gevra of die regulatoriese betekenis daarvan oorskat word in die lig van kognitiewe en strukturele beperkings."

Toepassing van Donald Trump se "Amerika Eerste"-leerstelling op die VSA se buitelandse beleid: Deel 2 – Gevallestudies

Riaan Eksteen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-08-12

"President Donald Trump se verkiesingslagspreuk 'Amerika Eerste' het in ’n leerstelling oorgegaan. Die VSA se buitelandse beleid word heroriënteer om eng-gedefinieerde nasionale belange te bevorder."

Nanotegnologie en kankerondersoek en -behandeling: Wie is navorser Tebello Nyokong?

Mercia Coetzee Akademies en skole 2026-08-12

"Benewens kankerondersoek en -behandeling het Nyokong die toepassings van FDT en nanotegnologie uitgebrei om ook antimikrobiese weerstand (AMW) en omgewingsbesoedeling aan te spreek." LitNet Akademies se nuwe maandelikse reeks deur Mercia Coetzee stel gegradeerde navorsers en hul navorsing van hoogstaande gehalte aan LitNet-lesers bekend. ’n Lys met Afrikaanse vakterme, in hierdie geval byvoorbeeld ftalosianiene en kwantumkol, word by elke bydrae verskaf.

Wiskunde: Graad 1-vraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2026-08-06

Is jou kind in graad 1 en wil jy saam met hom voorberei vir die kwartaal se Wiskundetoetse? Laai speel-speel en in ’n japtrap Tharina Joubert se gratis toets en memorandum hier af.

Vlooi en die verlore fossiel in die Kunstekaap: ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck

Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck Skole 2026-08-03

"Die grondslagfase-leerder reageer meestal nog op instink en nie vooropgestelde idees nie en dit maak hulle die heel lekkerste gehore om voor op te tree. Dis onbevange lekkerte. Lekkerste, maar nie maklikste. Kinders wil oortuig word, so die akteurs en teaterspan moet uithaal en wys." Hierdie produksie is gebaseer op karakters in die Oxford University Press se Storieboomreeks; dis die boeke waarmee baie skoolkinders leer lees.

Heinrich Bullinger se kommentaar op die Brief aan Filemon

D. Francois Tolmie LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2026-08-03

"Bullinger se kommentaar, anders as dié van Luther en Calvyn, [is] ook nog in geen ander taal vertaal nie en slegs in Latyn beskikbaar. Hierdie bydrae probeer die leemte in die navorsing oor hierdie kommentaar vul."

Moontlike nut van ChatGPT-4o tydens juweliersontwerp, faktore wat die gebruik daarvan kan dryf en riglyne vir verantwoordelike gebruik in hoëronderwysateljees

Eric Holmes, Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2026-07-30

"Ons kon ChatGPT-4o deur opvolgporre lei om innoverende KI-ontwerpe te skep wat ook met gemak gedra kan word. ChatGPT-4o kan tydens die inspirasie- en ideeslypprosesse ingespan word om tyd doeltreffend te benut."

Buitelandsebeleidsbeginsels van Donald Trump: Deel 1

Riaan Eksteen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-07-30

"Aan die hand van kwalitatiewe navorsing word die omvang en impak van Trump se onortodokse benadering tot en toepassing van buitelandse beleid ontleed. Hierdie ondersoek steun op ’n literatuuroorsig van belangwekkende verwikkelinge in die VSA se buitelandse betrekkinge gedurende albei Trump se ampstermyne."

Klein Karoo Klassique 2026 reik uit na jongmense met spesiale orkesaanbieding: ’n onderhoud met Richard Cock

Maryke Roberts, Anina Lundie, Richard Cock Musiek 2026-07-29

"Ek werk al met jong mense vandat ek vir die eerste keer by musiek betrokke geraak het. Ek weet dat as jy hulle op ’n jong ouderdom kan inspireer, hulle hul lewe lank entoesiasties oor musiek sal wees. Dit is wat ons nodig het: Mense wat lief is vir musiek en die krag daarvan verstaan."

Fanonisme as ’n vyand van vrede: ’n ervare antwoord vanuit die teenrevolusionêre tradisie

J.A. Schlebusch, Paul Maritz LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2026-07-27

"Deur Fanon se denke binne sy intellektuele genealogie te plaas, met name sy afhanklikheid van die Hegeliaanse dialektiek en Marxistiese geskiedenisteorie, word getoon hoe ras vir Fanon die primêre dryfveer van historiese konflik word."

’n Ondersoek na Afrikaanse familiefeesbesoekers en hul bywoningsmotiveerders by Aardklop Nasionale Kunstefees

Walter Wessels LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2026-07-27

"Deur ’n kwantitatiewe metode te gebruik, toon hierdie navorsing spesifieke bywoningsmotiveerders van die marksegment. Die bevindinge dui daarop dat familiefeesbesoekers die meeste beïnvloed word deur beide teater- en terreinaanbiedinge. Hierdie aktiwiteite versterk gesinsbande, verbreed kulturele horisonne en bied ook waarde vir geld."

Afrikaans Huistaal: Graad 1-vraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2026-07-24

Is jou kind in graad 1 en galop die jaar te vinnig na jou sin? Hier is ’n Afrikaans Huistaal-vraestel wat almal kalmer sal maak. Die vraestel is deur Tharina Joubert opgestel en is gratis hier beskikbaar.

’n Ondersoek na die verklaring vir die komplekse verhouding tussen verbruikers se kwalifikasievlak en ervaring van gewonetaaldokumente

Annie Burger LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-07-22

"In hierdie ondersoek word daar klem gelê op die behavioristiese aanname (binne die psigolinguistiek) dat hoe hoër iemand se kwalifikasievlak is hoe beter sal hulle prosesseringsmeganismes wees."

Bedenklike verwikkelinge oor die rol van deskundige getuienis in verhore met betrekking tot skadevergoedingseise in drie onlangse beslissings van die Gautengse Hooggeregshof

Magda Slabbert, Melodie Labuschaigne, Magdaleen Swanepoel LitNet Akademies (Regte) 2026-07-16

"Die outeurs plaas hierdie bespreking binne die breër raamwerk van die Suid-Afrikaanse skadevergoedingsreg en onderskei tussen algemene skade (soos pyn en lyding, emosionele skok en verlies van lewensgenietinge) en spesiale skade (berekenbare uitgawes soos mediese koste en verlies van verdienvermoë)."

Nuwe navorser Collins Akiy Wung oor stokvels en sosialekapitaalnetwerke onder Afrika-immigrant-entrepreneurs

Collins Akiy Wung Akademies en skole 2026-07-13

"Hierdie studie bevestig dat finansiële hulpbronne en sosiale kapitaal nou verweef is in die ontwikkeling van ondernemingsveerkragtigheid van Afrika-immigrante-entrepreneurs." LitNet Akademies se nuwe reeks met Mercia Coetzee as projekleier stel nuwe navorsers en hul interessante navorsing aan LitNet-lesers bekend. ’n Lys met Afrikaanse vakterme word by elke bydrae verskaf.

’n Ondersoek na die rol van affektiewe en kulturele faktore in die aanleer van Afrikaans Eerste Addisionele Taal by graad 10-leerders

Cameron Jo Benjamin, Elbie Adendorff LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2026-07-13

"Deelnemers voel dat kultuuronderrig as motivering kan dien om Afrikaans as eerste addisionele taal aan te leer. Die resultate toon ook dat deelnemers affektiewe faktore soos angs, motivering, selfvertroue, gesindheid en verveeldheid as belangrik tydens die aanleer van ’n addisionele taal ag."

Top