LitNet Akademies (Opvoedkunde)
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat geakkrediteerde artikels uit die vakgebied Opvoedkunde. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Opvoedkunde) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Opvoedkunde-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R9 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2016 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die kontrolevorm wat saam met voorleggings gestuur moet word, hier af.
![]() |
Opvoedkunde-redakteur Estelle Kruger (PhD) E-pos: estelle@litnet.co.za Bioskets |
’n Behoefte aan die integrering van tegnologie in die Afrikaans Huistaal-klaskamer om die ontwikkeling van 21ste-eeuse vaardighede te ondersteun: ’n gevallestudie
2019-02-21"Hierdie artikel ondersoek en evalueer krities die redes waarom ons tegnologie in die onderrig van Afrikaans Huistaal wil integreer. Die bevinding is dat die Afrikaans Huistaal-onderwyser leerders vir die 21ste eeu gereed behoort te maak en daarom behoort tegnologie-integrasie in die klaskamer plaas te vind."
Taalkommunikasiedosente se persepsies en verwagtinge van e-leerondersteuning om dienslewering te verbeter
2019-02-14"Taalkommunikasiedosente in die universiteit het ’n besondere taak om studente in die taal van onderrig voor te berei vir akademiese kommunikasie oor alle vakgebiede heen. Met LBS-gebruik en effektiewe ondersteuning is dit ’n bereikbare mikpunt."
Selfgerigte leer: Die ervarings en menings van lewenswetenskappe-onderwysstudente tydens die gebruik van werkkaarte in ’n koöperatiewe onderrig-leer-omgewing
2018-12-12"Navorsing toon dat baie onderwysinstellings, soos skole en universiteite, nie studente lewer wat oor voldoende selfgerigte-leer-vaardighede beskik om nasionale sowel as globale probleme op te los nie."
Morele leierskap: Die skoolhoof as agent vir die vestiging van morele waardes ter bevordering van skoolklimaat
2018-12-10"Die skoolhoof is die hoofrolspeler in ’n skool; vanaf die skoolhoof kom die klimaat van die skool en die klimaat is die morele gevoel wat afgelei is van die waardes wat die skoolhoof verkondig en tot aksie bring. Die rituele en tradisies in skole gee lewe aan die waardes wat die leier voorstaan en word die grondslag waarop die klimaat, kultuur en gemeenskap gegrond is."
Leesbegripprobleme van niemoedertaalsprekers in Afrikaanshuistaalklasse: moontlike oplossingstrategieë
2018-12-07"Alhoewel talle navorsingstudies daarop dui dat onderwysers oorweldig en gefrustreerd voel omdat hulle nie bevoeg voel om die unieke behoeftes van niemoedertaalsprekers in hulle klasse aan te spreek nie, word weinig deur die Departement van Basiese Onderwys gedoen om onderwysers in dié verband professioneel te ontwikkel. Dus het ons ’n professioneleontwikkelingsprogram ontwerp en toegepas gebaseer op die behoeftes van 62 Afrikaanse-huistaalonderwysers in die Kaapse Wynland Onderwysdistrik."
Die leierskapstyle van akademies presterende skole se skoolhoofde en die trefkrag daarvan op skoolklimaat
2018-12-04"’n Positiewe skoolklimaat lei daartoe dat opvoeders meer doeltreffende onderrig en leer toepas tot voordeel van die leerders."
’n Ondersoek na die gebruik van kultuurgeoriënteerde taakgebaseerde lesse vir die verwerwing van Afrikaanse woordeskat deur universiteitstudente
2018-11-12"Die integrasie van kultuur in die aanleer van ’n nuwe taal is belangrik omdat taal en kultuur oorvleuel; derhalwe raak die insluiting van ’n kultuurkomponent in die taalklaskamer al hoe gewilder."
Die ontwikkeling van nuut-aangestelde skoolhoofde en skoolverbetering in Gauteng provinsie
2018-11-06"Navorsing het onder meer getoon dat bestaande universiteitsgebaseerde voorbereidings- of ontwikkelingsprogramme soos die BEd-graad en die Gevorderde Diploma of Sertifikaat in Onderwys te teoreties is en skoolhoofde dus nie altyd op ’n effektiewe wyse vir hulle rolle voorberei nie."
Die bou en benutting van ’n teoretiese raamwerk om verdiepte insig in ’n opvoedkundigenavorsingsprobleem te bekom
2018-11-02"Vir ervare teoriebouers kom dit byna vanself: as hulle ’n aantal artikels en boeke geraadpleeg het, begin hulle al die hooflyne van ’n konseptuele en teoretiese raamwerk in hulle agterkop te vorm, en later identifiseer hulle (of beter nog: ontwikkel hulle self) een of meer teorieë waarmee hulle die geraadpleegde inligting en materiaal kan beoordeel en evalueer."
’n Selfgerigte-lees-proses: traumabelewing en -verwerking in die jeugroman Blou is nie ’n kleur nie deur Carin Krahtz
2018-10-30"Blou is nie ’n kleur nie is ’n geskenk van Carin Krahtz aan die selfgerigte leser, aangesien die leser met behulp van genoemde leidrade, kontekstuele merkers en leesstrategieë hierdie verhaal kan ontdek en die verskuilde verhaalboodskap kan ontsluit."
Uitdagings van die Antroposeen: onderwys in die era van ’n mensgemaakte wêreld
2018-10-11"Die opvoedkunde beskik oor die potensiaal om maniere te bied waarop die dreigende omgewingskrisisse van die huidige geologiese epog aangespreek kan word. Dit is nodig om aandag te gee aan die vervlegtheid van alle lewensvorme en om toe te sien dat daar ’n radikale strewe ontwikkel na die vervaging van grense tussen die mens en die niemenslike."
Die oorkoming van kontekstuele beperkinge deur leierskap aan toppresterende skole
2018-09-18"Skoolleierskap steun swaar op die onbevange emosionele steun van ouers aan hul kinders in toppresterende skole. Die volle omvang van hierdie emosionele steun en die korrelasie daarvan met ’n verantwoordelike aanspreeklikheid van ouers vir hul kinders se welstand op alle vlakke van menswees by toppresterende skole behoort deur navorsing onthul word."
Ontledende outo-etnografie as reflektiewe filosofiese instrument: op pad na ’n ekologie van afstandsonderrig
2018-08-28"Leer binne ’n komplekse, genetwerkte samelewing verg ’n leeromgewing waar die dosent nie die enigste kenner is nie, en waar mense oop is om idees vernuwend te kombineer sodat vars konsepte vorendag kom danksy nougesette wetenskaplike, kreatiewe en emotiewe denkprosesse."
’n Beskouende ondersoek van humorontwikkeling, humorsin en enkele meganismes onderliggend aan humor
2018-08-16"Indien die humorontwikkelingsfases verstaan word, kan humor gebruik word as ’n instrument vir die fasilitering van kommunikasie vir rolspelers soos terapeute, onderwysers en ouers. Hierdie kennis kan dan op ’n meer doeltreffende wyse in terapeutiese kontekste gebruik word."
Wat is fout met Suid-Afrikaanse skole? Geheelbeeld van, en leemte in die navorsing oor skoolleierskap as sleutelfaktor
2018-07-13"Ten spyte daarvan dat skole uitgelewer is aan die werklikhede van die onderwysstelsel en hulle nie die samelewingskonteks kan verander nie, kan die leierskap van skoolhoofde ’n faktor wees in die bepaling van die gehalte van die onderwys wat in ’n bepaalde skool plaasvind."
Die oordrag van leesbegripstrategieë op ander akademiese vakke op universiteitsvlak
2018-07-10"Die doel van die studie was om die aard en mate van oordrag van leesbegripstrategieë vanuit ’n akademiese leesbegripprogram na ’n inhoudsvak/vakinhoude op universiteitsvlak te bepaal. Die bevindinge dui daarop dat positiewe oordrag wel plaasgevind het."
Ouers van kinders in hulle middelkinderjare met aandagtekort- en hiperaktiwiteitsversteuring se belewing: ’n veerkragtigheidsperspektief
2018-06-19"Alhoewel daar konsensus in die literatuur is oor die sterk genetiese komponent van ATHV, is dit ook duidelik dat die insette van ouers en ander omgewingsfaktore die lewe met hierdie toestand positief kan beïnvloed."
WhatsApp? Die ontwikkeling van ’n positief-interafhanklike e-praktyknetwerk tydens die samestelling van e-portefeuljes in afstandhoëronderwys
2018-06-13"Die afleiding kan gemaak word dat WhatsApp-groepe ’n sleutel tot studentesukses in afstandhoëronderwys bied, mits die dosent of mentor aktief in die aanlynleeromgewing betrokke is om die leerproses koöperatief te struktureer en die ontwikkeling van selfreguleringsvaardighede te fasiliteer."
Skoolhoofde se leierskapspraktyke wat betrekking het op die skep van “fisiese ruimtes” om gesonde leeromgewings by hul skole te vestig
2018-05-29"Leeromgewings speel ’n belangrike rol in leerderprestasies, en skoolhoofde wat oor transformerende leierskapseienskappe besit, is in ’n gunstiger posisie as ander skoolhoofde om deur middel van hul eiesoortige leierskaps- en ruimtelike praktyke produktiewe fisiese leerruimtes of leeromgewings te skep om hul opvoeders en leerders se gemoed en gedrag positief te beïnvloed."
’n Suid-Afrikaanse perspektief op die voorbereiding van wêreldbekwame navorsers
2018-05-24"’n Vinnig veranderende navorsingsomgewing wat voortgedryf word deur globalisering, internasionalisering, tegnologiese vooruitgang en die gebruik van vernuwende metodologieë vereis nie net vaardige navorsers nie, maar meer spesifiek wêreldbekwame navorsers."