LitNet Akademies (Opvoedkunde)
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat geakkrediteerde artikels uit die vakgebied Opvoedkunde. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Opvoedkunde) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Opvoedkunde-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
| Opvoedkunde-redakteur Alta Vos E-pos: alta@litnet.co.za |
Die moontlike nut van ChatGPT en DeepSeek om Afrikaanse taboetaal te onderrig, faktore wat die gebruik van swetsbotte kan dryf en implikasies vir die onderwys
2025-12-12"Die primêre doel van hierdie navorsing was om die implikasies vir die onderwys te verstaan indien twee gewilde kletsbotte, naamlik ChatGPT-4o en DeepSeek, kan verduidelik waarom ’n taboewoord onvanpas is."
Die beperkings van ’n gebalanseerde benadering tot geletterdheid – ’n normatiewe perspektief
2025-12-09"Die navorsing wys daarop dat ’n gebalanseerde benadering tot lees- en geletterdheidsonderrig in die KABV-kurrikulum toegepas word. Hierdie benadering beklemtoon die feit dat lees deur leesstrategieë soos groepbegeleide lees, gedeelde lees, lees in pare en selfstandige (individuele) lees onderrig word."
Beginner-onderwysers se ervarings van induksie in neoliberale skoolomgewings: ’n gevallestudie
2025-12-01"Die doel van hierdie studie is ’n kritiese besinning oor die geleefde ervarings van beginner-onderwysers in vier Wes-Kaapse skole ten einde vas te stel wat nasionale beleidsvoorskrifte vereis oor die inlywing van beginner-onderwysers; hoe hulle dit ervaar; en hoe dit hul professionele ontwikkeling beïnvloed."
Wanneer poësie meer as woorde word: ’n edusemiotiese onderrigbenadering
2025-11-27"Die studie belig voorts die waarde van poësie as ’n veelvlakkige literêre vorm wat by uitstek geskik is vir ’n edusemiotiese benadering. Daar word gedemonstreer hoe die integrasie van tegnologie en verskeie mediasoorte, soos klankopnames, visuele beelde en digitale interaktiwiteit, die leerervaring kan verdiep."
Die gebruik van inligting- en kommunikasietegnologie (IKT) om taalonderrig in Engels te verbeter: ’n gevallestudie
2025-11-10"Ons evalueer die impak van IKT op onderwyserpedagogiek en taalonderrig binne voorgeskrewe raamwerke, insluitend die TPEIK-raamwerk en VVVH-model. Die ondersoek is tersaaklik, aangesien dit die belyning tussen tegnologie, pedagogiek en kurrikulumvereistes in ’n postpandemiese konteks ondersoek."
Vakverwante hulpbronne oor Afrikaans Huistaal ter ondersteuning van ’n akademiese vakwoordeskat van onderwysstudente: ’n vergelykende korpusondersoek
2025-09-25"Terminologie speel ’n bepalende rol in taalontwikkeling. Daarby loop die Afrikaanse vaktaal die gevaar om as wetenskaptaal te verdwyn indien vakkundiges, taalpraktisyns, vertalers en lekegebruikers nie ’n daadwerklike poging aanwend om Afrikaanse terme te skep, te benut en te versprei nie."
Die assessering van akademiese opstelle: ’n vergelykende studie tussen ChatGPT-4o as KI-gebaseerde assesseringshulpmiddel en tradisionele dosentgebaseerde assessering
2025-08-19"Ons het bevind dat hoewel ChatGPT-4o vinnige en objektiewe terugvoer gebied het, dit nie volledig aan die beginsels van gehalteassesseringspraktyke voldoen het nie."
’n Onderrigraamwerk vir selfgerigte lees van letterkunde in Afrikaans Eerste Addisionele Taal
2025-08-14“Afrikaans EAT-leerders se swak leesbegrip word toegeskryf aan ’n gebrekkige woordeskat, onkunde rakende leesstrategieë, gebrekkige belangstelling, vreemdetaalonderrig en swak taalvaardighede.”
Pedagogiese faktore wat kurrikulumdifferensiasie in die Grondslagfase beïnvloed
2025-08-12"Kurrikulumdifferensiasie het ten doel om leerders met ’n verskeidenheid van uiteenlopende lede van hul portuurgroep en ten opsigte van verskillende take te laat saamwerk ‒ nie alleen om alle leerders se vermoëns te ontgin nie, maar ook om ondersteuning te bied aan daardie leerders met uiteenlopende opvoedkundige behoeftes."
Die stemme van kundige en ervare beoefenaars van assessering by die herformulering van standaarde van assessorbevoegdheid in onderwyseropleiding
2025-07-21"Terwyl literatuurstudies en dokumentontleding navorsing aangaande standaarde kan inlig en ’n oorsig kan gee van hoe standaarde tans in literatuur beskryf word, moet die stemme van ervare en kundige beoefenaars van die assessering van onderwysstudente ook ingesluit word om die herformulering van standaarde te lei."
Die doeltreffendheid van die gebruik van vertaalde gesprekstorieboeke vir die ontwikkeling van wiskundewoordeskat en wiskundevaardigheid in klasgroepe
2025-07-18"Die deelnemende kinders is ewekansig in ’n intervensiegroep (n = 35) en ’n vergelykende groep (n = 26) verdeel waarna onderwysers drie gesprekstorieboeke oor ’n tydperk van vier weke minstens vier maal vir die intervensiegroep leerders gelees het om wiskundegesprekke in die klas te ontlok. "
Die gebruik van taakgebaseerde aktiwiteite in Afrikaans Huistaal graad 4: ’n vergelykende ontleding
2025-07-14"Hierdie vergelykende ontleding van die twee handboekreekse toon dat daar ’n werklike behoefte aan ’n konseptuele raamwerk bestaan wat taalkunde-onderrig, volgens die taakgebaseerde benadering, kan rig."
Die ontwikkeling van ’n akademieseveerkragtigheidskaal (AVS): nommerpas vir die Suid-Afrikaanse konteks
2025-07-03"Hierdie artikel rapporteer oor die kwantitatiewe aspek van ’n groter gemengdemetodestudie, met die fokus op die antwoorde van studente met Afrikaans as huistaal. Die doel van die breër gemengdemetodestudie was om ’n betroubare en geldige akademieseveerkragtigheidskaal (AVS) vir die Suid-Afrikaanse konteks te ontwikkel."
Praktiese riglyne vir kruislinguistiese en -kulturele vroeë kommunikasie-intervensie: ’n beoordeling deur belanghebbendes
2025-06-20"Spraak-taalterapeute moet kliënte uit verskillende taal- en kultuuragtergronde kan bedien. Nietemin toon navorsing dat die besonderse diverse taal- en kultuurkonteks van Suid-Afrika bepaalde uitdagings vir hierdie terapeute inhou."
Die skep-jou-toekoms-werkswinkel as ’n aanlyn datagenereringstrategie in ’n aksienavorsingsbenadering
2025-05-09"Navorsers word toenemend gemotiveer om te eksperimenteer en innoverend te wees in hul strategieë en navorsingspraktyke. Deur verskillende digitale platforms te gebruik, word die potensiaal ondersoek om meer aktiewe betrokkenheid met deelnemers in uiteenlopende geografiese gebiede te fasiliteer."
Kunsmatige intelligensie kan leergeleenthede verryk
2025-03-04"KI het gekom om te bly en veral ChatGPT het internasionale kennis makliker toeganklik gemaak. Plaaslike kennis en eie ervarings word egter al hoe belangriker."
Ek skyn (heilig): Die invloed van godsdiens as sosiokulturele verwagting by die vorming van die juffrou-identiteit
2025-02-27"Die navorsers se fokus in hierdie artikel is op die invloed van godsdiens as ’n sosiokulturele verwagting by die samestelling van die identiteit van ’n Afrikanervrou."
’n Konseptuele lens op die gebruik van die grafiese roman in die Eerste Addisionele Taal-klas
2025-02-20"Hierdie multimodale medium kombineer teks en beeld, wat nie net literêre vaardighede bevorder nie, maar leerders ook toerus om komplekse sosiale en kulturele uitdagings met insig en empatie aan te pak."
’n Kritiese ondersoek na Nearpod se rol in die bevordering van aktiewe leer binne ’n kontakmodel in die hoëronderwyskonteks
2025-02-14"Die bevindinge van die studie dui daarop dat Nearpod ’n waardevolle hulpbron kan wees om aktiewe leer binne ’n kontakmodel in die hoëronderwyskonteks te bevorder."
’n Ondersoek na faktore wat wiskundeprestasie in toppresterende sekondêre skole deurlopend bevorder
2025-02-10"Die bevindings dui daarop dat die gehalte van die wiskunde-onderwysers, die leeromgewing waarin die leerders onderrig ontvang, en die leierskorps as die vernaamste faktore beskou kan word vir dié skole se sukses in wiskunde-onderrig [...] Verder is die bevindings nie beperk tot wiskunde nie, maar kan dit ook op ander vakke van toepassing wees."





