LitNet Akademies (Opvoedkunde)
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat geakkrediteerde artikels uit die vakgebied Opvoedkunde. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Opvoedkunde) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Opvoedkunde-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
Opvoedkunde-redakteur Alta Vos E-pos: alta@litnet.co.za |
Gefokusde take in die Afrikaans Huistaal-klaskamer vir die kommunikatiewe onderrig van Afrikaansgrammatika: ’n eerste verkenning
2021-11-10"Dit is ’n unieke toevoeging tot literatuur oor taakgebaseerde taalonderrig binne die konteks van die Afrikaansklaskamer, aangesien die meerderheid navorsing fokus op die gebruik van take om ’n hele sillabus saam te stel om natuurlike taalverwerwing te bevorder en taakgebaseerde taalonderrig afbaken tot slegs ’n tweede- of vreemdetaalkonteks …"
Graad 10-Lewenswetenskappeleerders se sienings van die aanwending van gevallestudies in Lewenswetenskappeonderwys
2021-10-29"Die leerders se algemene mening oor die gebruik van gevallestudies was positief. Die bevindings vanuit die empiriese ondersoek in hierdie studie het daarop gedui dat leerders hulle eie rol asook die rol van die onderwyser by die aanwending van gevallestudies as positief ervaar het."
Vermengde leer in die Afrikaans Huistaal-klaskamer: onderrigbenaderings en leertegnologie in harmonie
2021-10-26"Hierdie tydperk van afstandonderrig het ook mettertyd in ’n tydperk van hibriede leer (’n variasie op vermengde leer) verander, want onderwysers het terselfdertyd aangesig tot aangesig en virtueel leerders onderrig."
Onderwysers as slagoffers van geweld deur leerders in Suid-Afrikaanse skole
2021-09-29"Hierdie studie sou kon dien as ’n argetipe wat gebruik kan word in die soeke na oplossings vir geweld teen onderwysers in skole, en vir geweld in skole in die algemeen."
Nadenke oor plattelandse leerders se belewenis van ’n positiewe onderwysbenadering
2021-09-06"’n Positiewe onderwysbenadering erken leerders vir wie hulle is sodat hulle waardeer voel en ’n samehorigheidsgevoel in die klaskamer ontwikkel. Hierdie samehorigheidsgevoel moedig leerders aan om aan klasaktiwiteite deel te neem."
’n Voorlopige eties-moreel-pedagogiese besinning oor die behartiging van die COVID-19-pandemie deur onderwysrolspelers in Suid-Afrika
2021-07-12"Die foute wat in die onderwys op eties-moreel-pedagogiese terrein gemaak is, is algaande reggestel. Dit bied hoop dat die pandemie verder aan met welslae die hoof gebied sal kan word."
Die gebruik van spelifiëring (“gamification”) as hulpmiddel vir woordeskatuitbreiding in ’n taakgebaseerde onderrigprogram vir taalverwerwingstudente
2021-06-14"Op grond van die teoretiese begronding en die opvoedkundige waarde van speletjies is ons van mening dat taalspeletjies in ’n taalverwerwingsklas gebruik kan word om die affektiewe filter te verlaag en dat dit moontlik kan bydra om positief-aktiverende emosies in die vreemdetaalklas aan te wakker en negatief-deaktiverende emosies […] te verminder wanneer die studente die taalspeletjies geniet."
Die teenwerking van leerderuitdagings in ’n plattelandse skool: aspirasionele kapitaal as navigasiemiddel
2021-05-11"Aspirasionele kapitaal stel leerders in staat om nie op teenswoordige hindernisse te fokus nie, maar te hoop vir en te droom oor ’n beter toekoms. Dit blyk dat nie-materiële hulpbronne, soos waardes, norme en ondersteuning, leerders se aspirasies kan help vorm."
Onderwysers se persepsies van Facebook en Gesels.net as e-leeromgewings: implikasies vir nood-afstandonderwys
2021-04-19"Alhoewel Facebook beskou is as makliker om te gebruik, was die verskil in persepsies nie betekenisvol nie. Daarom kon aanbeveel word dat die groep onderwysers Gesels.net gebruik om ’n e-leergemeenskap te vestig."
Die rol van nie-akademiese mentorskap om studente uit gemarginaliseerde groepe by ’n universiteit te laat inskakel – ’n gevallestudie
2021-04-07"As gevolg van die mentors se emosionele belegging in hulle gementordes, bou die nuwelinge ’n stel innerlike hulpbronne, sosiale vaardighede en kulturele strategieë op wat hulle nie net hulle voete in ’n vreemde veld help vind nie, maar hulle selfs daarin laat floreer."
’n Ondersoek na ouerondersteuning aan primêreskoolleerders in skryfvaardighede en -aktiwiteite in lae-inkomstegesinne
2021-03-19"Vanweë hul beperkte kennis van skryfaktiwiteite asook hul eie beperkte geletterdheidsvaardighede, vind laaggeskoolde ouers dit moeilik om doeltreffende ondersteuning te bied. In tandem hiermee speel werksomstandighede ook ’n rol. Werksomstandighede veroorsaak dat sommige ouers nie genoeg tyd het om ondersteuning te bied nie."
Studente se ervarings van verskillende afleweringsmodusse in ’n nagraadse diploma in bestuur
2021-02-23"Alhoewel dit in die minderheid was, het sommige studente in beide afleweringsmodusse wel ooreenstemmende negatiewe ervarings gehad ten opsigte van die wyse waarop hulle ondersteun is om te leer, dosentinteraksie, tydigheid van kommunikasie en die standaardisasie tussen die onderskeie modules in die program."
Die rol van linguistiese kapitaal in plattelandse hoërskoolleerders se opvoedkundige prosesse
2021-02-16"In hierdie artikel fokus ons op twee leerders se vermoë om hul linguistiese kapitaal in die konteks van hul opvoeding so aan te wend dat dit ’n bydrae tot hul opvoedkundige prosesse kan lewer."
Moedertaalonderrig: moedersmelk vir rekeningkundestudente?
2021-01-18"Die vraag kan gevra word waarom Zoeloe en Xhosa op die straat maklik praat- en verstaanbaar is, maar nie geskik is vir die klaskamer nie. Die eenvoudige antwoord is dat daar nie woorde bestaan, spesifiek in rekeningkunde, vir meeste van die vakterme nie."
Afrikaansstudente se persepsies en gebruik van WhatsApp as platform vir (taal-)leer: ’n nuwe norm(aal)?
2021-01-14"Studente se interaksie met die lesinhoud, medestudente en tutors is tot ’n groot mate deur toeganklikheid beïnvloed. Hulle het die verpakking van die lesinhoud in die vorm van ’n Word-dokument en stemnota positief ontvang. ’n Gebrek aan toegang tot Wi-Fi en data het egter ’n negatiewe invloed op hulle leerervaring gehad."
Onderwysstudente se motivering om Afrikaans as tweedetaal in ’n minderheidskonteks te leer: ’n gevallestudie
2020-12-03"Opsommend kan daar gesê word dat die meeste deelnemers se houding teenoor Afrikaans positief is en dat hulle Afrikaans sien as ’n taal wat hulle in staat sal stel om met baie mense te kan kommunikeer, hulle in hul onderwysloopbaan sal help en vir hulle van waarde sal wees buite die klaskamer, veral as hulle buite KZN gaan werk."
Onderwysers se sagte vaardighede: ’n transendentale fenomenologiese ondersoek
2020-12-02"Onderwysers werk hard om hul vak te ken, relevante lesse voor te berei en die lesse met selfvertroue aan te bied. Sonder sagte vaardighede is hierdie werk egter nie so lonend as wat dit sou kon wees indien hulle ook bevoegdheid in sagte vaardighede sou hê nie."
Deelnemende besluitneming in die vestiging en bevordering van ’n volhoubare onderrig- en leerklimaat: die rol van die skoolbestuurspan in Suid-Afrikaanse laerskole
2020-11-17"Uit die data-ontleding blyk dat, alhoewel ontwikkeling op mikrovlak die potensiaal het tot groter doeltreffendheid in die uitbreiding van die skoolbestuurspan se besluitnemingsvermoë, die meeste uitdagings juis op mikrovlak beleef word. Die hoofrede vir die uitdaging is dat die onderwysers hulself nie beskikbaar stel vir ondersteuning op skoolvlak nie."
Die rol van vennootskappe in die versterking van storievertelling as ’n onderrigstrategie in ’n gemeenskap
2020-11-06"Daar is gevind dat storievertelling dien as ’n deelnemende strategie wat eienaarskap aanmoedig deur dialoog en produktiewe deelname onder die individue van ’n gemeenskap. Daarom kan storievertelling beskou word as ’n medium waardeur mense kennis in ’n sosiale konteks skep en onderhandel."
Taalverwerwing vir studente met gehoorverlies: ’n gevallestudie
2020-11-05"Wanneer daar studente met gehoorverlies in ’n klas is, is duidelike spraak sowel as kontekstuele leidrade van uiterste belang vir verstandhouding onder die studente. Dit is veral belangrik indien die studente met gehoorverlies nie van ’n tolk gebruik maak nie en eerder spraaklees."