Suidoosterfees
Joe Barber 25 by die Suidoosterfees 2025: ’n kwarteeu van jou gunstelingbarbier
2025-04-17"Joe Barber vier vanjaar ’n kwarteeu – die Moederstad se komedie met die langste raklewe – én het by die 60ste Fleur du Cap Teatertoekennings op 23 Maart die Encore-toekenning ontvang."
Suidoosterfees 2025: Verwelkingslied – ’n onderhoud met Antoinette Kellerman
2025-04-16Maryke Roberts gesels met Antoinette Kellerman oor Verwelkingslied, "’n roerende swanesang wat Breyten Breytenbach aan [haar] en Marthinus Basson opgedra het."
KKNK en Suidoosterfees 2025: ’n Bespreking van Sonde met die spoke deur Marianne Thamm
2025-04-14"Uiteindelik leer ons ontsettend veel van Langenhoven én van die vroue in sy lewe. Daaroor was ek bly. Dit alles word boonop verpak in ’n heerlike komedie."
Persverklaring: Komedie by Suidoosterfees bring lekkerlag-terapie teen die lewe se sorge
2025-04-14Die komedie-afdeling van die Suidoosterfeesprogram is propvol hoogtepunte. Die Joe Barber-span is terug op die verhoog om hul 25ste bestaansjaar in die bedryf te vier. Marc Lottering, Marianne Thamm, Mavis vannie Lavis en Aunty Cheryl gaan gehore laat kraai van plesier, en Cathy Specific maak haar buiging vir die eerste keer by die Suidoosterfees.
Suidoosterfees 2025: Hoek, lyn en sinker – ’n onderhoud met Nelandi Boshoff
2025-04-14"Op die ou einde wil ek hê die gehoor moet huis toe gaan en besef dat ons almal kan bekostig om bietjie meer genadig te wees teenoor ons geliefdes. Nie almal dink soos jy nie. Nie almal het dieselfde vrese as jy nie."
Suidoosterfees 2025: Liewe Heksie en die wals – ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck
2025-04-09"Die kinders is baie lief vir haar, want sy is weerloos en feisty, en die underdog raak die hero van die storie. Ek sê dikwels tong in die kies dis waar ek vir Dowwe Dolla eintlik ontwikkel het."
Suidoosterfees 2025: Hortjies dig – ’n onderhoud met Francois Toerien
2025-04-08"[Dit is] in wese ’n liefdesverhaal, of dan nou ’n verhaal van twee mense wat aangewese is op mekaar. Een van die partye was ’n korrelkop, bitsig, begaafd, venynig, staatloos, te na gekom; die ander een was ondersteunend, alleen, sensitief, ’n klankbord, ’n kunstenaar, sy vrou. Beide vertel ons van onsself en van ’n lewe wat geleef is – hoe suksesvol, is vir die gehoor om te besluit. En dan is daar die ongelooflike poësie van Blum wat die produksie deurspek."
Persverklaring: Leerders en onnies is eregaste by Suidoosterfees en SOF Junior
2025-04-02Antjie Krog is op Dinsdag 6 Mei die hoofspreker tydens LAPA Uitgewers en Penguin Random House se Skouerskuur met ons skrywers. Dié SOF Junior-geleentheid verwelkom alle onnies, leesliefhebbers en bibliotekarisse vir ’n heerlike middag in die geselskap van 14 skrywers.
Persverklaring: Billike verblyf en sakpas-aanbiedinge vir Suidoosterfees-besoekers
2025-04-02Die spesiale afslagtarief sluit ook drie gratis feeskaartjies vir uitgesoekte vertonings in, en gratis feesvervoer word verskaf tussen die hotel en Kaapstad Internasionale lughawe.
Suidoosterfees se direksievoorsitter, Edmund Jeneker, gesels met LitNet
2025-04-02"Met die aanloop tot die hooffees elke jaar, is daar verskeie projekte wat daarop gemik is om ons kinders en jongmense en veral ook voorheen agtergeblewe gemeenskappe en skole meer toegang tot die kunste te bied."
Persverklaring: Jong teatermakers skitter in Suidoosterfees se ATKV-Jeugteaterprogram
2025-03-26Die Suidoosterfees bied nie net ’n platform vir professionele kunstenaars nie. Met die ondersteuning van die ATKV kry amateur-, studente- en skoleteatergeselskappe ook ’n verhoog waar hulle hul beste voet vir die feespubliek voorsit.
Persverklaring: Jakes Gerwel-gesprekke bring ’n fees van stemme en opinies na Suidoosterfees
2025-03-26Al die gesprekke is gratis vir die publiek, maar bywoning moet vooraf deur Webtickets bevestig word. Feesgangers sal ’n bewys van besprekings op hul selfone ontvang wat by die ingang na gesprekke vertoon moet word.
Persverklaring: Suidoosterfees bied ’n groot verskeidenheid opwindende teaterproduksies
2025-03-24Verwelkingslied is maar een van vele aangrypende teaterproduksies wat by Suidoosterfees op jou wag. Kaartjies verkoop soos soetkoek en jy sal moet spring om jou plek by een van dié drie vertonings te verseker.
Suidoosterfees 2025: ’n onderhoud met Theo Kemp oor die Jakes Gerwel-gesprekke
2025-03-19"Die gesprekke is heeltemal gratis en verniet en pasella. Jy kry op die koop toe nog ’n koffie ook gratis! Jy moet egter wel groot asseblief jou plek op Webtickets bespreek, want daar is beperkte plekke."
Annie+Helen: Hennie en Pedro bring nuwe drama op die planke
2025-03-17"Twee vroue, beide getraumatiseerd, wat mekaar heel maak. Annie verduidelik op ’n stadium dat taal vir die brein is soos lig vir die oë, en ek hoop dat die ervaring van Annie+Helen mense se binnestes sal ligter maak."
Persverklaring: Kort verhoogstukke beloof hoë-oktaan ervarings by Suidoosterfees
2025-03-12Hierdie aanskoulike vertonings van 20 tot 30 minute is ideaal vir kunsliefhebbers wat topgehalte-afwisseling nodig het tussen langer produksies. NATi en die Johann Brink Trust maak dié program by die fees moontlik in genres soos musiek, dans, woordkuns en komedie.
Persverklaring: Semifinaliste vir Suidoosterfees se Talentsoektog aangewys
2025-03-12Die publiek kan die semifinaal op 15 Maart in Kaapstad gratis bywoon, en die kandidaat wat die meeste ondersteuning uit die gehoor ontvang, dring outomaties deur na die finaal.
Blou Fiësta-toekenning vir die Suidoosterfees se 21-projek: ’n onderhoud
2025-03-05"Vir die 21ste Suidoosterfees in 2024 het ons ’n projek saamgestel waarmee ons werk vir kunstenaars en teaterwerkers in ’n verskeidenheid genres kon skep en wat bekostigbaar vir gehore is. Dié 21 produksies van 21 minute teen ’n kaartjieprys van R21 het genres soos teater, komedie, dans, musiek en kabaret ingesluit."
Persverklaring: Musiek is ons erfenis by Suidoosterfees
2025-02-25Musiekliefhebbers kan gereed maak vir konserte en uitvoerings uit die boonste rakke tydens die Suidoosterfees, vanjaar aangebied van 30 April tot 4 Mei by Kunstekaap in Kaapstad.
Persverklaring: Kuns is alles by Suidoosterfees 2025
2025-02-14Kuns is meer as vermaak – dit help ons om die lewe en die wêreld beter te verstaan, en by feeste skep dit kosbare werksgeleenthede en stimuleer die plaaslike ekonomie. Vanjaar word die Suidoosterfees van 30 April tot 4 Mei in Kaapstad aangebied, waarna SOF Junior, ’n minifees vir onderwysers en skoliere, van 5 tot 8 Mei volg.