Rubrieke

Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.

Springmielies: Die huis as argitek van die verbeelding

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2025-06-13

"Jy moes verhuis. Jy het al hoe meer begin slaap – opgekrul gelê op die bed, die labirinte sluimer van ’n skulp, die infiniteit van dagdrome, die poësie van ’n verlore huis. Maande later in 'die nuwe plek' het jy my vertel dat jou verlange na die ou huis so groot is, jy droom snags in reekse daarvan. Elke aand wag jy jou droom in – en elke nag wag die huis jóú in."

Toorkombuis: Ek onthou vir Mamma – en haar peppermint crisp-tert

Karen Hart Kos en wyn 2025-06-12

"My ma kon nie bak om haar lewe te red nie. ... Deel van haar pligte as skoolhoof se vrou was om reg te staan met koeke en terte vir funksies en verjaardae in die personeelkamer. Ek weet nie hoe nie, maar op die een of ander manier het sy oorleef. ... Een van haar reddingsboeie was daardie peppermint crisp-tert wat nou nog by my spook."

Op dees aarde: Alzheimer se siekte

Elsabé Brits Rubrieke 2025-06-12

"Daar word geraam dat 10% van mense van 65 jaar en ouer Alzheimer se siekte het, en dié syfer sal teen 2050 verdubbel. Hoe vorder die navorsing tans om dié komplekse breinsiekte te ontrafel? En wat het ’n virus en stampe teen die kop met alles te doen?"

Skermgreep: The Phoenician scheme – ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2025-06-10

"Wat is reg en wat is verkeerd? Vra die rolprent. In The Phoenician scheme is daar baie verkeerd! Dit skep ’n teelaarde om ’n rolprentavontuur te begin wat slegs by Anderson se dissipels sal aanklank vind."

Wat sê Bettina? Wat is die implikasies van Trump en Musk se uitval?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-06-06

"Musk weet op sy beurt hopeloos te veel van Trump se sake. Boonop het hy nou al die data van al die Amerikaners om vir jare groot probleme te veroorsaak. Hy het alreeds begin om dele daarvan op X uit te lap. Dat Trump na bewering in die Epstein-lêers is, is nie vir enigeen ’n groot verrassing nie."

Wat sê Bettina? Disruptors kan die land red

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-06-02

"Dit kos net een om die eerste tree te gee. Dis kos net een om die status quo te ignoreer om die hele atmosfeer te verander."

Wat sê Bettina? President Ramaphosa in die Wit Huis

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-05-22

"Ek dink in elk geval nie die Suid-Afrikaanse afvaardiging het Washington toe gegaan met die idee om Trump se siening oor wit volksmoord te verander nie. Hy is nie die tipe leier wat hom deur feite en statistieke sal laat oortuig as die waninformasie hom beter pas nie. Die ware doel van die vergadering sou agter toe deure uitspeel: die G20- vergadering en handelsbetrekkinge."

Wat sê Bettina? Misdaad kyk nie na kleur nie

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-05-19

"Dalk, in plaas van vals narratiewe skep oor wit slagofferskap, moet ons begin om die werklike wortel van die kwaad aan te spreek."

Springmielies: Oor die ydelheidsindustrie en ander skoonheidsnarratiewe

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2025-05-14

"Die narratief van beeldskone vroue is so oud soos die mensdom self. Mens kan nie kompeteer met die skoonheidskoninginne van Hollywood, die sosiale media, die geskiedenis en selfs verhaalkuns nie."

Dinkskrum: Mbeki, Pahad en die filosoof se planeet van die das

Jason Lloyd Rubrieke 2025-05-14

"Wat is ’n man sonder ’n das? Dit is die vraag wat onwillekeurig by my opgekom het nadat ek uiteindelik die boek Eindstryd (Tafelberg 2012) deur die Stellenbosse filosoof Willie Esterhuyse klaar gelees het. Dié boek is die verhaal van hoogs geheime ontmoetings tussen verbanne ANC-leiers en ’n paar uitgesoekte Afrikaners gedurende die jare ’80."

Heil die Leser! Sameer Rawjee: KI in perspektief

Nini Bennett-Moll Boekrubrieke 2025-05-13

"Taking the anxiety out of AI kon nie tydiger gekom het nie. Sameer Rawjee is ’n sober stem in die robuuste gesprek rondom kunsmatige intelligensie; hy is veral bekend vir sy vermoë om komplekse KI-konsepte aan ’n wyer gehoor te verduidelik."

Goue lint my storie begint: Die unieke aard van kinder- en jeugboeke

Anke Theron Kinderboeke 2025-05-13

"Wat maak kinderboeke werklik anders en veelsydiger as volwasseneliteratuur? Waarom neem ons dit ernstig op? Waarom en hoe kan ons dit as waardevolle literatuur beskou? Al hierdie vrae se antwoorde begin by die konstruering van ’n definisie: Wat is kinderliteratuur?"

Op dees aarde: Griepinentings

Elsabé Brits Rubrieke 2025-05-12

"Daar is jaarliks tussen 7 000 en 12 000 seisoenale griepsterftes in Suid-Afrika, en meer as 40 000 mense moet in die hospitaal behandel word. Jy kan egter voorkomend optree teen griep en ander oordraagbare siektes deur entstowwe te neem."

Wat sê Bettina? Maak dit saak waar pous Leo XIV gebore is?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-05-12

"Robert Prevost, wat nou as pous Leo XIV sal bekendstaan, is in Chicago gebore, maar het ’n groot deel van sy lewe buite die VSA deurgebring. Hy het inderdaad burgerskap van Peru ontvang. Interessant dat hy gekies het om sy eerste toespraak as pous in Italiaans en Spaans te lewer, met nie ’n woord Engels as kopknik na sy Amerikaanse wortels nie."

Toorkombuis: Afrikaans is my kombuistaal

Karen Hart Kos en wyn 2025-05-09

"Ek droom en dink en skryf Afrikaans. Ek leef Afrikaans. Ek kook Afrikaans ... die taal sing in my kombuis. Ystervarkies en repelsteeltjies, murgpampoentjies en soetrissie, borriepatat, spruitkool, boerpampoen en pampoenkoekies, wonderpeper en fenegriek ..."

Agterstories – Ideesmouse

Johan Fourie Rubrieke 2025-05-08

"In ’n tyd toe Engels vinnig besig was om die enigste taal van die staat, en dus ’n 'magstaal' te word, was Pieter de Vos een van die eerstes om ’n droom vir taalgelykheid te verwoord, nog lank voordat Afrikaans as ’n amptelike taal erken sou word. ... Dit bring ons by ’n ongemaklike laaste vraag: Wie is vandag se voorste Afrikaanse publieke intellektueles? Wie waag dit steeds om hul stem te laat hoor in die hedendaagse mark van idees, en met watter doelwitte? En watter hedendaagse platforms bevorder die soort intellektuele, openbare debat waarvoor iemand soos De Vos gepleit het?"

Skermgreep: Sinners – ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2025-05-05

"Elke stukkie gereedskap wat film bied, word hier aangewend om ’n oorspronklike verhaal te skep waarin selfs vampierclichés ’n nuwe baadjie aantrek. Dit is oorweldigend, veral in IMAX-teaters, waar die gehoor meer as ooit tot in die hart van die dier beweeg."

Wat sê Bettina? Oor Afrikaans

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-05-05

"Ons moet maniere vind om dit lonend te maak om in Afrikaans te handel."

Wat sê Bettina? Trump as Pous

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-04-30

"Die Afrikaners wat swig voor Trump se beloftes, is seer sekerlik dieselfde mense wat die Kubus-koning se beloftes van ongekende welvaart geglo het, of wat Markus Jooste as hul ekonomiese verlosser gesien het."

Wat sê Bettina? Wanneer kapitalisme as feminisme paradeer

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-04-17

"Ek verwag nie van glanspersoonlikhede om noodwendig diep gedagtes oor die betekenis van die lewe, die universum of enigiets anders te hê nie, maar moet asseblief ook nie van my verwag om Consumer Space Barbie met ope arms te ontvang as die verpersoonliking van bemagtiging vir vroue nie."

Top