Johann de Lange (1959–2025)
2025-04-07"Die skrywerswêreld is eintlik ’n onnatuurlike een, waar niks taboe is nie. En dan vergeet jy die buitewêreld werk anders." Lees meer oor Johann de Lange se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Erika Murray-Theron (1941–)
2025-04-03"Boeke kan vir ons op verskillende maniere vensters op ’n skrefie ewige lig oopmaak." Lees meer oor die lewe en werk van Erika Murray-Theron in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Evelyn Marais (1902–1995)
2025-03-28"As ’n mens nie droom nie, hoe gaan jy dit verwesenlik?" Lees meer oor Evelyn Marais se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Johann Lodewyk Marais (1956–)
2025-03-20"Niemand kan sommer net gaan sit en skryf nie. Jy moet mos weet hoe ’n gedig aanmekaar steek en hoe die verskeie soorte gedigte lyk. Daarom ag ek myself en my tydgenote anders as die Sestigers. Hedendaagse digters het tegniek weer ontdek." Lees meer oor Johann Lodewyk Marais se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
Deel in die vreugde van die ATKV-Skryfskool
2025-03-14Hierdie kort video toon grepe uit 2024 se ATKV-Skryfskool toe Bernard Odendaal en Hans du Plessis die leiers was. Kom, deel in die vreugde! Vir slegs R380 kan jy die kursus bywoon, boonop is alle gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée gratis vir deelnemers aan die ATKV-Skryfskool.
Afrikaans se nuwe grense: Ingrid Jones se visie by die 21ste Johan Combrink-gedenklesing
2025-03-03Ingrid Jones het by hierdie jaarlikse VVA-geleentheid opgetree: "Wanneer sy oor Afrikaans en sy toekoms gesels, is dit met haar kenmerkende eerlikheid, passie en ’n tikkie humor. Vir haar is Afrikaans nie net ’n taal nie; dit is ’n storie, ’n identiteit, en ’n lewende, asemrowende entiteit wat aanhou ontwikkel, ongeag die uitdagings wat dit in die gesig staar."
VVA-Leeskonferensie: "Elke kind wil lees"
2025-02-27Dis weer in die nuus: Die meeste Suid-Afrikaanse kinders kan nie met begrip lees nie. Lees ’n verslag van die belangrike werk ten opsigte van kinders en lees wat onlangs as deel van die Adam Small-fees in die gedaante van ’n leeskonferensie aangebied is.
ATKV-Crescendo op 50: ’n onderhoud met Marsha Bothma
2025-02-21Marsha Bothma was ’n paar jaar gelede ’n finals van die Crescendo-projek. In hierdie onderhoud praat sy oor haar herinneringe en ook oor wat die projek vir haar loopbaan beteken het.
Persverklaring: Finaliste vir ATKV-Crescendo se 2025-mentorskapprogram bekend
2025-02-21Ná ’n week van wik en weeg is 22 finaliste aangewys uit vanjaar se inskrywings vir die ATKV-mentorskapprogram wat van 30 Maart tot 6 April in die Paarl gaan plaasvind. Deelnemers kon hulle oorspronklike liedjies digitaal inskryf of persoonlike oudisies by ATKV-Crescendo se talentsoekers in die Tuinroete, Klein-Karoo, Weskus, Atlantis of Worcester doen. Vanjaar is daar ook vir die eerste keer oudisies in Namibië gehou, wat twee finaliste opgelewer het.
Dominique Botha (1971–)
2025-02-19"Afrikaans kom uit die klowe, en na die klowe sal sy terugkeer. Gooi ’n klip. Plant ’n hoeksteen. Dis jou keuse. Ontspan egter. Sy is nie ’n spook nie. Sy is veldasem. Aangeblaas deur groot geeste. Onder die Skylte vannie Jirre." Lees meer oor die lewe en werk van Dominique Botha in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Joha van Dyk (1997–2025)
2025-02-12"Ek wou ’n jong skrywer wees; ek wou vroeg begin juis omdat ek nog so baie stories het om te vertel ... " Joha van Dyk is op 2 Februarie 2025 oorlede. Lees meer oor haar lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Persverklaring: Louwhuis en ATKV Digskool 2025
2025-02-05Die Louwhuis en Museum Sutherland bied weer die jaarlikse ATKV Digskool op 28 tot 30 Maart 2025 in die nuut gerestoureerde Louwhuis aan. Soos met die vorige digskole beloof dit om weer ’n besondere Roggeveldse ervaring te wees. Bernard Odendaal en Heilna du Plooy gaan die gespreksleiers wees. Elke kursusganger moet vooraf twee gedigte indien wat deur die aanbieders deurgewerk word vir kommentaar.
ATKV-Crescendo op 50: ’n onderhoud met ’n vorige naaswenner
2025-01-27"Die passie vir ons taal en kultuur klop sterk by Crescendo, en dit is hierdie hartklop wat ons inspireer om ’n nalatenskap vir die nageslag in Afrikaans te bou."
Annelie Botes (1957–2024)
2025-01-23"Ek glo nie aan daardie storie van vreeslike inspirasie nie. Skryf is eenvoudig harde werk. Elmboog-ghries, dis waaroor dit gaan – soveel te meer omdat skryf op selfdissipline berus." Lees meer oor die lewe en werk van Annelie Botes in dié ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Breyten Breytenbach (1939–2024)
2025-01-14"Om te skryf, is om te kommunikeer, om saam te eet, om geméénskap te hê, ’n nagmaal, ons almal se bloed, ons almal se vleis."
ATKV-Crescendo op 50: ’n onderhoud met die heel eerste wenner
2024-12-18"Wat dit [ATKV-Crescendo] wel vir my beteken het, is dat daar kennis van my geneem is en ek aangemoedig is om aan meer klassieke sangkompetisies deel te neem, wat ek toe gewen het. Dit het my in staat gestel om oorsee te gaan studeer, en dit het die basis gelê van my sukses as nasionale asook internasionale sanger."
Persverklaring en uitnodiging: Skryf in vir die ATKV se Crescendo-mentorskapprogram
2024-12-13Voornemende deelnemers aan die volgende Crescendo-projek het nog tot 31 Desember 2024 kans om in te skryf. Die ATKV-Crescendo nooi uit: "Skryf nou in! Moenie wag nie! Stuur vir ons daai liedjie wat jy self geskryf het."
Persverklaring: ATKV-toneelaanbod in 2025 "magneties"!
2024-12-06Die ATKV se toneelaanbod is elke jaar verfrissend. Die toneelaanbod is nog ’n wyse waarop die ATKV belê in kreatiwiteit en verrykende stories wat gemeenskappe landswyd inspireer en bemagtig. Vanjaar bring die ATKV weer sy vier toneelprojekte na gehore onder ’n nuwe inspirasietema: "Magneties"!
ATKV-Crescendo op 50: ’n onderhoud met die projekorganiseerder, Morné van Staden
2024-12-04"Indien mense van goeie musiek hou, en die nuwe kunstenaars en hul musiek wil ondersteun, en indien mense die skep van nuwe oorspronklike goeie-gehalte- Afrikaanse musiek ondersteun of wil ondersteun, is Crescendo die plek om dit te doen, en natuurlik as jy ook belangstel om te hoor hoe klink Afrikaans in ander variëteite en genres."
Peter Snyders (1939–)
2024-12-03"Vir my, eens wetenskaplike tegnikus van nering, is die hele lewe ’n laboratorium. Elke mens is ’n buisie of ’n chemiese stof wat saamgegooi is. Ek kyk maar net wat borrel uit." Lees meer oor Peter Snyders se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.