ATKV-tienertoneel: ’n onderhoud oor Parel Vallei Hoërskool se drie benoemde toneelstukke
2023-09-13"ATKV-Tienertoneel neem ons almal op ’n reis van 'wording'! Drama is die grootste spansport en ’n hele gemeenskap, van die tieners en ouers tot ons familie en vriende, bou, groei en 'word' saam."
Persverklaring: ATKV-Mediaveertjies bekroon weer ondersoekende joernalistiek
2023-09-11Joernaliste in alle genres (drukmedia, digitale media, radio en televisie) wat nie skroom om moeilike vrae te vra, diegene in magsposisies tot verantwoording te roep, of die stories te vertel waarvan ander wegskram nie, word genooi om in te skryf in drie kategorieë: LEES, LUISTER en KYK. | Inskrywings sluit op 15 September 2023.
Floris A Brown (1948–)
2023-09-11"Wat weet ek van die seerkry-kind wat in dié volwasse liggaam sy pyn probeer weglag? Skryf dit uit jou uit, sê ek dan, en eendag skryf jy dalk soos die jonger geslag oor sommer gewone goed soos die liefde."
Die kopskuif om onderwys se toekoms te verseker
2023-08-23"Daar bestaan ’n dringende behoefte aan vernuwing wat betref nuwe onderwysmetodes en oplossings om onderwys se toekoms te verseker.’n Groep deskundiges en opvoeders het verlede Donderdagaand tydens ’n gesprek wat deur die Vriende van Afrikaans (VVA) en die Afrikaanse Onderwysnetwerk aangebied is, besin oor moontlike kopskuiwe wat nodig is om die noodsaaklike vernuwing binne die onderwysstelsel ’n werklikheid te maak."
Persverklaring: Finaliste van ATKV-Woordveertjies bekend
2023-08-22Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Vanjaar is geen uitsondering nie en die ATKV sit graag ’n veer in die hoed van skrywers vir hul uitsonderlike pennevrugte, toewyding en kreatiwiteit.
Persverklaring: Taalgenoot-RUK EN RYM gerat om geraas te maak
2023-08-08RUK EN RYM is oop vir enige klankskeppende kunstenaars wat alternatiewe musiek met Afrikaanse lirieke maak. Wat beteken "alternatief"? Dit beteken enigiets wat afwyk van die hoofstroom – kunstenaars wat innoveer en wat die strewe na vars klanke en ritmes hoër ag as om neigings te volg.
Stemme in 2023 | Tien dialoë
2023-08-03Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond.
Die herdenking
2023-08-03Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond. In Deon Opperman se dialoog Die herdenking vertolk Armand Aucamp en Hannah Borthwick die rolle. Wessel Pretorius was in die regisseurstoel.
ATKV-Tienertoneelproduksie, Lyf, by die Vrystaat Kunstefees: ’n onderhoud met Nico Scheepers
2023-07-25"Ek dink die ATKV-Tienertoneelkompetisie is een van die belangrikste hoekstene vir die vooruitgang van ons taal. ... Hierdie platforms kweek ’n gehoor: tieners wat lief is vir woorde, kuns en stories – in hulle eie taal. Tieners wat grootword en wat eendag gaan kaartjies koop vir teater."
Jan FE Celliers (1865–1940)
2023-07-24Jan FE Celliers se LitNet | ATKV-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
Persverklaring: Johan Jack Smith se afsterwe laat ’n groot leemte
2023-07-18Johan is aanvanklik as boekeredakteur by Taalgenoot aangestel, waarna hy die assistentredakteurspos beklee. Johan dien sedert die middel van 2016 as redakteur van Taalgenoot en onder sy leierskap is hierdie publikasie verskeie kere bekroon.
Maretha Maartens (1945–)
2023-06-29"Ek skryf omdat ek soek en dink, ontdekkings maak, kwaad raak, ’n waarnemer is, ekstases beleef, by geleentheid meer intense ontmoetings met God het."
George Louw (1939–2023)
2023-06-13"Die seevoëls krys vandag
weer landlangs, die waters raak
benoud: ons het vergete hier
die see en land kom skei, op groot skaal drooggemaak."
Jakes Gerwel (1946–2012)
2023-06-07"Afrikaans is een van Suid-Afrika se skatte. Daar is ander skatte ook, maar Afrikaans het ’n besondere geskiedenis, ’n baie menslike geskiedenis. Daarom dink ek die sprekers van die taal het alle reg om te werk vir die taal se voortbestaan."
ATKV-redenaars 2023: die perspektief van ’n taalonderwyser
2023-05-31"Ek moet bieg – ek was nie verlede week besonder lus om vir ’n hele middag na toesprake te luister nie. Dis nou eksamen, en ek het vraestelle gehad wat moes klaar. Op pad huis toe was ek egter verbaas oor die oorweldigende gevoel van hoop wat ek ervaar het. ... Ons kinders is orraait."
Ingrid Winterbach (1948–)
2023-05-25"As jy ’n romanskrywer is, moet jy die tyd waarin jy leef, uitbeeld. Jy moet die hele spektrum van menswees uitbeeld."
Diana Ferrus (1953–)
2023-05-16"My doel op aarde is om deur middel van die skeppingsproses vrede te bevorder; vir myself en die mense met wie ek te doen kry. Wat saak maak, is respek vir ander mense. Wat nié saak maak nie, is uit watter agtergrond hulle kom."
Jan van Tonder (1954–)
2023-05-03"Ek wil skép, ek wil mense laat huil en lag. Ek dink dis die oudste sonde, om soos God te wil wees. Om te wil skep."
SP Benjamin (1962–)
2023-04-25"Ek het nooit die idee gehad om te begin skryf nie. Ek het net begin."