Fiksie
Lees kortverhale en sketse deur bekende en ontluikende skrywers.
Indien jy van jou skryfwerk wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read short fiction and flash fiction by established and emerging authors.
If you would like to submit your writing, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published stories.
- The editors do not provide feedback on how to improve your writing.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Ek speel vijool
2025-03-27"Skaars twee maande nadat sy met ’n bottel pryswenner-witwyn, geel rose en ’n Carol Boyes-vaas aftree, is Bella weer terug in haar onderwyspos."
En vergewe ons ons wonde
2025-03-27"As kind het ek hoeveel keer gebid dat God, enige God, my moet vergewe. Asof die vergifnis van ’n onsigbare wese alles sou regmaak. Daar is min mense so selfbejammerend soos iemand wat om vergifnis bid, glo my."
Een en een maak twee
2025-03-27"Aanvaarding is ’n besluit. Vrede is ’n besluit. Geluk is ’n besluit, al moet jy dit daagliks en selfs soms uurliks doen."
Doodskoot
2025-03-27"Daardie nag kan Wim nie slaap nie. Iets pla hom, maar hy kan nie sy vinger daarop lê nie. Hy weet dis iets belangriks, maar dit bly hom ontwyk."
’n Privaat aangeleentheid
2025-03-27"'Jy’t vir my baie oortuigend geklink.' Hy skink Johann se gewone vodka. 'Dalk moet jy vanaand se gebeure vir een van jou boeke gebruik. Dan kan jy my sexy uitbeeld.'"
Die tiende vrag
2025-03-20"Oom Kobie maak sy keel skoon, wag dat dit stil word om die tafel. 'Jy besef seker nou dat die skool waar heidene leer lees en skryf nie God se goedkeuring wegdra nie? Die klonkies hoort in die veld by die skaap. Die goeie Vader het vir jou ’n duidelike teken gegee toe Hy op die geboortedag van Sy Seun die dak laat afwaai het.'"
Die wille wetters van Wesrivier
2025-03-20"Dis asof ons pa’s aan omwentelinge in die land moes gesig gee. Húlle pa’s: die baas van die plaas en sy arbeiders. Hulle self halfpad deur 1994: eienaar en voorman; vennote, behalwe op papier."
Die weduwee wat soos ’n feniks gerys het en kon miaau van daggasjokolade
2025-03-20"Die pad loop vorentoe en swaeltjies is seisoenaal. Kwaggas draf aan en leer jou ook ’n les of twee wyl daggasjokolade in ’n laai kan verbrand."
Die wind kan skielik draai
2025-03-20"Sy verlang na die son, na die wye vlaktes van die Vrystaat, na die Kalahari se rooi sand, na ’n Karoo-nag met die melkweg teen ’n swart fluweeldak. Sy verlang na die reuk van braaivleis, na die bosveld, Tafelberg en die Drakensberge, na die Kaapse wingerde en fynbos, na boerbeskuit en melktert."
Lethe
2025-03-13"Hy swem deur ’n rivier. Die water is yskoud. In die verte hoor hy hoe Afrika-dromme ritmies klop … doef-doef … Hy voel hoe dit stelselmatig warmer en warmer rondom hom word."
Die man in die gat
2025-03-13"Ek sien so baie van hulle elke dag. By robotte en kruisings. Die smeking in hulle oë. Vir kos, vir geld, vir iets."
Die kondensmelkinsident
2025-03-13"En ek wou nog altyd vir jou sê, my kind, dat jy jonk was en dat die ongeluk nooit jou skuld was nie. Uiteindelik het ek vrede gemaak met waar ek nou is en hoe ek lyk – maar dit was ’n ver en lang pad wat ek moes kom tot hier."
Die pienk vel
2025-03-13"Hy weet nie eintlik hoe om te voel nie. Want hy het regtig nie bedoel om haar seer te maak nie. Selfs nie eens van haar mooi handsak geweet nie."
Die klap
2025-03-13"Die priester het vasgesteek en in hulle rigting gekyk. Die volgende oomblik het hy op hulle afgestorm. Die ander kinders het begin hardloop, maar om die een of ander rede het hy doodstil bly staan."
Amperdaar
2025-03-06"Wat sou Adri sê? Ek weet, ek weet. '’n Vreemdeling is ’n vriend wat jy (nog) nie ken nie.' Ék sou sê: 'Die kat kom weer. Kyk maar.'"
Beroof deur wou
2025-03-06"Jy wou nog altyd die wêreld sien. Ek wou jou so graag Toskane toe vat. Hulle koester die hele wynmaakproses deur alles met die hand te doen. En die boer wat vir sy wingerde Mozart speel. Hy glo die stokke hou van klassieke musiek en produseer dan beter. Van al die plekke, raai ek, sou jy dit die meeste geniet. Naas die Boland, natuurlik."
Buitestander
2025-03-06"Hy lees sy gedig oor en oor. Oorweeg verandering. Verloop dit logies genoeg? Is dit té persoonlik? Voordat hy enige veranderinge maak, verwyder hy dit van Facebook af. Hy hoor veraf ’n ambulans se sirene."
Boot Camp Blues
2025-03-06"Ek sou dink jou dokter moet bly wees as jy haar min sien. Dit beteken mos sy doen haar werk goed. Daarna word ek uitgevra oor my non-existent liefdeslewe. Sy soek nou al vyftien jaar lank vir my ’n man, nadat ek myne in die swembad verdrink het. Ek speel, ek speel! Hierdie storie het nie ’n kinkel nie."
Aminata
2025-02-27"Die lewe is ’n kringloop en nog ’n sirkel is voltooi. Om my sukkelende familie te help, het ek soveel geld uit Aminata se fa uit, dat hy nie anders kon as om my sy tweede vrou te maak nie."
Al die voëls het neste begin
2025-02-27"Ons het weswaarts, en bo die storms uit, gevlieg. As jy bo ’n storm vlieg, sien jy dat om kant te kies in ’n storm vergeefs is. ’n Storm is rond."