Fiksie

Lees kortverhale en sketse deur bekende en ontluikende skrywers.

Indien jy van jou skryfwerk wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read short fiction and flash fiction by established and emerging authors.

If you would like to submit your writing, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published stories.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your writing.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Wenner van die Sandy Schoemanprys: Die fluistertaal van blomme

Nanette van Rooyen Fiksie 2026-04-30

"Sy staar met triomf na die emmers en kanne en potte vol blomme. Pers flappe, vlamlelies, bosse magrietjies, affodille, oleanders, botterblomme, krisante, twee strelitzias en een rooi hibiskus."

Fluitjie

Louis Nell Fiksie 2026-03-26

"Daardie fluitjies was nie simbolies nie. Hulle was nie metafore nie. Hulle was mense wat probeer keer dat iets onherroepliks gebeur."

Die spoorsnyer

Nato Zondagh Fiksie 2026-03-19

"Hy het nog nie vrou gevat nie en het naby die skaapkraal alleen in ’n kliphuisie gewoon. Hannes het hom aangestel om skape op te pas en spoor te sny."

Reënkoningin

Nato Zondagh Fiksie 2026-03-12

"Die Reënkoningin was verlig dat haar plan gewerk het en haar lewe nie langer in gevaar was nie. En daarom sit sy sereen en gelukkig op ’n rots in helder sonskyn, met haar visonderlyf in kolkende water, met haar pêrelwit gesig en lang wit hare wat in die wind waaier."

 

Want ek kan nie anders nie

JMT Labuschagne Fiksie 2026-03-05

"Maar dit was alles tevergeefs: Gelowigheid is in my selle ingeweef soos die kleur van my oë. Ek sou myself moes vernietig om ’n einde daaraan te maak."

Die tafel in die hoek

Stefaans Coetzee Fiksie 2026-02-20

"Soveel gesag in haar stem. Hy wil iets sê; sy knip hom kort. 'Oom Buys kom eenkeer ’n jaar. Net eenkeer. Altyd op dieselfde dag. Altyd by hierdie tafel'."

Aardklop

Sandra Skinner Fiksie 2026-02-06

"Sy snuif die lug. Dit ruik na skaap. Sy adem die eiesoortige kruiegeur van ankerbossies diep in. Teen die laaste lig pronk ’n paar springbokke in die huiskamp voor hulle koers vat berg se kant toe." 

Trimpark

Bottils Fiksie 2026-01-29

"Maar die tarentale was steeds daar êrens. Ek kon hulle hoor, maar nie sien nie."

Die Onderbroek-rebellie

Ollie Olwagen Fiksie 2026-01-22

"Soos baie ander rebellies was dié een ook van korte duur. Die een het vinnig, maar stil geëindig."

Die bospaadjie

Elsabe Fouche Fiksie 2026-01-15

"Ons het nou mooi gesien hoe lyk die breë pad wat na die hel toe gaan en hoe lyk die smal pad wat na die hemel toe gaan. Solly, kom ons begin by jou, watter pad sal jy verkies?"

Seun

Stefaans Coetzee Fiksie 2026-01-15

"Hy kry ’n skewe trek om sy mond. 'Hy het seuns. Kyk na al sy familiefoto’s, al wat ek het, is medaljes ...'"

Oizes se dogter

Venessa von Mollendorf Fiksie 2026-01-09

"Buite het die storm hom uitgewoed. Die wolke skuif weg en sonlig straal direk op my af. Ek is in die kollig, goue stofdeeltjies dans om my. ’n Onverstaanbare vrede daal oor my neer. Miskien is daar tog hoop."

Stilte voor die storm

Ronnie van Jaarsveld Fiksie 2026-01-09

"Hulle gil nie. ’n Rukwind gooi ’n pikswart naaldekoker teen die rots voor my vas."

Die spook van Willempie Jooste

Eugene Pienaar Fiksie 2025-12-19

“In die jare daarna het ek hom dikwels in die nagte gehoor huil daar in die toring. ’n Aanhoudende, deurdringende gekerm wat ’n mens laat voel asof jy gaan mal word daarvan. Ek kon nooit vasstel of dit Willempie se spook is wat nie tot rus kan kom, of my gewete wat aan my vreet nie."

Weg

Stefaans Coetzee Fiksie 2025-12-19

"Trane loop vrylik. Ek onthou alles wat ek oor die jare uitgeknip het. As die swarthond my byt en die skalpel diep kloof, kluisenaar ek myself agter ’n deur toe, delf in die skoendose en lees die berigte. Die geel papiere krummel elke keer meer en meer."

Torn asunder

Rushdiyah Narker New writing 2025-12-11

"We’re on my three-seater couch, but the two of you are huddled on the left. Leaning back, I watch you reveal what you think is hidden." This short story was completed during the Kommadagga workshop and residency at Paulet House in KwaNojoli in the Eastern Cape. The workshop was presented by the Jakes Gerwel Foundation in cooperation with LitNet and Huisgenoot.

Memories of yesteryear

Martha Hagemann New writing 2025-12-11

"Looking back, these memories remind us that life was woven together by simple rituals, laughter, and tradition. They are treasures of yesteryear, still alive in our hearts, teaching us to value the heritage that shaped us."

Blindemol, melk en diakens

Nato Zondagh Fiksie 2025-12-11

"Blindemol koes en keer wild met sy arms vir die volgende hou. Die skarminkel maak die passasiersdeur oop, spring in en klap die deur toe. Sy maat trek so vinnig weg dat die bande tol en die gruisklippers spat."

Born again in an Uber ride

Keamo Koenaite New writing 2025-12-04

"The driver was a youthful man with a very hairy back, which I could see through the slight space his shirt left. Thobani was the guy’s name. He was cool. Very hairy, but very cool." This short story was completed during the Kommadagga workshop and residency at Paulet House in KwaNojoli in the Eastern Cape. The workshop was presented by the Jakes Gerwel Foundation in cooperation with LitNet and Huisgenoot.

Die maan kom saam

Thérèse Fensham Fiksie 2025-12-04

"Sy pa vou sy arms knus om Akili se skouers, hou hom styf vas nes sy ma, en hul boot vaar aan en aan, al hoe nader aan hul nuwe land, vaar en vaar sag, swewend in die blink baan van die maan op die see."

Top