LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)

Trust vir Afrikaanse Onderwys

E-pos: akademies@litnet.co.za

 


LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels betreffende ekonomie en bestuurswetenskappe. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Ekonomiese en Bestuurswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Redakteur
Bennie Linde
Bioskets

Matteus 5–7: ’n Spelteoretiese studie van die Bergrede

Esranel Becker, Lieschen Venter LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2024-01-11

"Die Bergrede kan gesien word as strategieë wat op Christelike beginsels geskoei is. Hierdie strategieë blyk teenintuïtiewe strategieë vir sosiale dominansie te wees. Is hierdie dominansie egter ’n regmatige vorm van oorwinning in die spel van die lewe en hoe kwantifiseer ons dit?"

Ondersoek na die ekonomiese lewensvatbaarheid van kommersiële olyfboerdery in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika

Anet Magdalena Smit, Wessel Johannes Badenhorst, Marthinus Jacobus Botha LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2023-12-04

"Die studie sal bewustheid van die ekonomiese lewensvatbaarheid van olyfboerdery bevorder. As olyfboerdery ekonomies lewensvatbaar is en boere dit aanvaar, sal dit werk skep en die ekonomie stimuleer."

Onderrigtaalkeuses van Afrikaanse rekeningkundestudente: faktore, gevolge en aanbevelings

Gretha Steenkamp, Petro Gerber LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2023-11-30

"By die Universiteit Stellenbosch (US) kan rekeningkundestudente kies om óf in Afrikaans óf in Engels onderrig te ontvang. Ná die aankondiging dat die eksterne rekeningkundige raadseksamens vanaf 2022 slegs in Engels geskryf kan word, bevraagteken Afrikaanssprekende rekeningkundestudente egter hul keuse van onderrigtaal."

’n Oorsigtelike ondersoek na die oorweging en toepassing van openbare belang tydens Suid-Afrikaanse samesmeltings en oornames

Anton van Wyk, Anmar Pretorius, Derick Blaauw LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2023-11-29

"Die bevindinge toon dat daar elke jaar baie samesmeltings (met plaaslike asook internasionale vennote betrokke) in Suid-Afrika plaasvind, met ’n totaal van 3 263 oor ’n tydperk van 10 jaar."

Die kreatiewe aanbieding van kultuurelemente binne Afrikanerbesienswaardighede

Esmarie Myburgh, Lindie (Engelina) du Plessis, René van der Vyver LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2023-11-28

"Dit is belangrik dat die studie se bydrae nie beperk word tot die Afrikanerkultuur nie. Die rede is dat kultuurelemente ook binne elke ander kultuurkonteks bestaan en dat toeriste wêreldwyd op soek is na kreatiewe kultuurervarings, wat veral ’n multikulturele land soos Suid-Afrika bevoordeel."

Die bevordering van loopbaanaanpassing en welstand vanuit ’n moderne bedryfsielkundige perspektief

Lené Ilyna Graupner, Lize Kriek LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2023-11-07

"Bedryfsielkundiges moet oor die insig en vaardighede beskik om ’n kliënt se loopbaanuitdagings, wat deur globalisering en tegnologiese veranderinge beïnvloed word, te bestuur."

Die toekoms van teenkorrupsiestrategieë in Suid-Afrika: die Nasionale Ontwikkelingsplan 2030

Lize-Mari de Lange, Jacqui-Lyn McIntyre LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2022-11-24

"Die antwoord op die navorsingsvraag van hierdie artikel, is dat deur slegs die huidige benadering te versterk nie genoegsaam sal wees om die doelwitte teen 2030 te bereik nie, omdat Suid-Afrika nie die multi-agentskapbenadering van die begin af effektief geïmplementeer het nie."

Suid-Afrika se lang tog na ekonomiese vryheid: ’n Persoonlike reis

Johan Fourie LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2022-10-12

"[T]ot 1994 was die meerderheid Suid-Afrikaners ten beste net waarnemers van Suid-Afrika se lang tog. Die goeie nuus is dat baie nou daarby aangesluit het. Die slegte nuus is dat baie om ’n verskeidenheid van redes nog maar net saam hinkepink."

LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe): Stylriglyne

LitNet LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2022-07-01

Medewerkers word vriendelik versoek om asseblief die volgende voorskrifte stiptelik te volg by voorleggings aan LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe).

Die COVID-19-pandemie en strukturele kwesbaarheid van dagloners in Windhoek, Namibië

Derick Blaauw, Anmar Pretorius, Rinie Schenck LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2021-10-29

"Die langtermyneffek op dagloners in Windhoek kan dus op maatskaplike en ekonomiese terreine verwoesting saai as in ag geneem word dat die meerderheid van die dagloners reeds voor die pandemie onder die broodlyn gelewe het (soos duidelik uit die resultate van hierdie studie blyk)."

Die gebruik van totale kwaliteitsbestuur in die aanpassing van kwaliteit van aflewering: ’n gevallestudie in private hoër onderwys

Liana Venter, Nelda Mouton LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2021-05-18

"Interne kwaliteitsmaatreëls is van wesenlike belang vir private instellings wat sakegedrewe is en is dus afhanklik van studentegetalle om hul bedrywighede te befonds. Die institusionele aanbod moet dus die mededingende voordeel vir die HOI skep, en die implementering van TKB-beginsels is die sleutel in hierdie proses."

Assessering van die ruimtelike aard van armoede in Suid-Afrika met behulp van satelliettegnologie

Ewert Kleynhans, Clive Coetzee LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2021-04-26

"Die kern van die ruimtelike kartering van armoede op ’n ruitnetwerk is dat ruimte inderdaad saak maak, in die sin dat armoedevlakke op een plek verband hou met wat op naburige plekke gebeur. Daar bestaan nie net ruimtelike verhoudings nie, maar dit lyk asof armoede fundamenteel verband hou met bepaalde ligging."

’n Ontleding van Suid-Afrikaanse sakebestuurders se etiese besigheidsbesluitneming: Tendense van 2007 tot 2019

Christo Bisschoff LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2020-11-04

"Die studie verskil van die meeste etiekstudies omdat dit nie ’n oomblik in tyd vasvang nie, maar longitudinaal die verandering in die houdings van bestuur vasvang oor ’n tydperk van 13 jaar. Dit is veral waardevol omdat dit ’n aanduiding gee of die besigheidsetiek-ingrepe wat deur die jare gemaak is, wel uiteindelik vrugte afwerp."

Wonings as multidimensionele bates: die rol van informele agterplaasverhuring vanuit ’n beplanningsperspektief

Louis Lategan, Juaneé Cilliers, Niké S. Jacobs LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2020-10-27

"Wat beplanning betref, is dit noodsaaklik dat die informele-agterplaasverhuring-sektor as ’n prioriteit beskou word in stadsbeplanningskemas, ruimtelike ontwikkelingsraamwerke en ander infrastruktuur-meesterplanne. So kan beperkende stelsels en regulasies, soos sonering, heroorweeg word om voorsiening te maak vir gemengde gebruike, tweede wooneenhede en hoër digthede."

Die dualistiese benadering tot arbeidsverhoudinge in die hedendaagse Suid-Afrika: ’n Sisteemteoretiese perspektief

Bennie Linde LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2020-10-27

"Politieke ideologiese verwysings na ’n arbeidsverhoudingebenadering in Suid-Afrika wat geassosieer word met staatskorporatisme, insluitend totale gelykheid en radikale verandering van privaat eienaarskap, is nie in die huidige sisteem haalbaar nie. Dit is deel van die normatiewe verwagtinge van groepe geassosieer met arbeidsbelange, eerder as beleidsrealiteite, veral in die privaat sektor."

’n Ontleding van drie Suid-Afrikaanse uitgewerye (NB-Uitgewers, LAPA Uitgewers en Protea Boekhuis) se Instagram-plasings

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2020-10-21

"Daar is egter aangetoon dat die aantal hutsmerkers wat saam met ’n plasing gemaak word, geen aantoonbare rol speel in die getal gebruikersreaksies wat die plasing ontvang nie, en dat ’n hoë frekwensie van plasings ook nie noodwendig tot meer volgelinge of gebruikersreaksies lei nie."

Korrupsie in die Suid-Afrikaanse staatsdiens: Is die Teenkorrupsietaakspan se multidissiplinêre benadering in die ondersoek na beweerde korrupsie onder staatsamptenare doeltreffend?

Christo Smit, Johan van Graan LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2020-10-19

"Die Openbare Beskermer se verdoemende verslag, getiteld 'Derailed', gee te kenne dat die voormalige geskorste hoof van Prasa die semistaatsinstelling se koffers leeg gemelk het deur plesierritte op die Bloutrein te onderneem en twyfelagtige tenders ter waarde van miljarde rand goed gekeur het."

Polisiëringsbestuurstrategieë in intelligensiegedrewe ingrypings: vragmotorkapings as gevallestudie

Rudolph Zinn LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2020-10-02

Rudolph Zinn in LitNet Akademies: "Polisiëring was in die verlede meestal reaktief en gebaseer op geskiedkundige data (statistiek) wat soms 18 maande oud was. Misdaadinsidente is tot ses maande ná ’n volledige boekjaar deur misdaadontleders verbonde aan die SAPD saamgevoeg en ontleed voordat die statistiek bekend gemaak is."

Waarnemings van langdurige struktuur in tydreekse van finansiële markte

Daniel J. Joubert LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2020-07-13

"Die bestaan van akkurate struktuur in markpryse wat oor vele dekades strek en wat moontlik die ontluiking in komplekse selfaanpasbare stelsels verteenwoordig, skep nuwe vrae wat wyd strek oor die werking van die brein en die aard van menslike besluitneming."

’n Taksering van interne kontroles, die hekwag wat bedrog in die tenderstadium van aankoopsiklusse voorkom

Jan Venter, Hennie Lochner, Juanida S. Horne LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2020-03-24

"Die oogmerk van hierdie artikel is om aan te toon dat bedrog in die aankoopsiklus gepleeg word wanneer interne kontroles gesystap word of die internekontrolestelsel van ’n organisasie ondoeltreffend is."

Top