LitNet Akademies (Regte)

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van ’n juridiese aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Regte) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Regte-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word, en R6 000 per nuwe gekeurde vonnisbespreking of aantekening.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Regte-redakteur
Johann Neethling
E-pos: neethlingj@ufs.ac.za
Bioskets

Vonnisbespreking: Lidmaatskap van ’n mediese skema kan nie sonder grondige redes beëindig word nie

Magda Slabbert, Melodie Labuschaigne LitNet Akademies (Regte) 2025-02-14

"Ten spyte van aansoekers se reg op privaatheid en die reg om hul persoonlike gesondheidsinligting vertroulik te hou, moet ’n balans tussen die beskerming van hul persoonlike inligting en die versekering van die finansiële volhoubaarheid van mediese skemas getref word."

Gestremdheidsreg: Die Suid-Afrikaanse posisie en die historiese verloop van die inkorporering van die Konvensie oor die Regte van Persone met Gestremdhede

Ilze Grobbelaar-du Plessis LitNet Akademies (Regte) 2025-01-23

"Die artikel gee ’n oorsig van die afgelope 30 jaar sedert die totstandkoming van Suid-Afrika se demokratiese bestel en bespreek die historiese ontwikkeling binne die regering om in die regte van persone met gestremdhede te voorsien."

Vonnisbespreking: Verlore oorkondes – ’n analise van die Hoogste Hof van Appèl se bevel ten aansien van ’n herverhoor

Natasha Venter LitNet Akademies (Regte) 2025-01-13

"In gevalle waar daar teen skuldigbevinding geappelleer word, kan die hof egter nie die beskuldigde onderwerp aan ’n herverhoor waar die oorkonde vermis word nie, aangesien dit die staat se verantwoordelikheid is om te verseker dat ’n behoorlike rekord van die hofverrigtinge behoue bly."

Vonnisbespreking: Openbare figuur – laster en privaatheidskending

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2025-01-10

"Die bewerings is gebaseer op ’n wenk ('tip-off') wat ’n joernalis M (die derde respondent) ontvang het van ’n vertroulike bron in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD). Die wenk was dat die applikant deur ’n vrou van verkragting beskuldig is in ’n klag wat by die SAPD aanhangig gemaak is."

Bekamping van wildmisdaad: ’n ontleding van die Suid-Afrikaanse omgewingsregraamwerk

Inge Snyman LitNet Akademies (Regte) 2025-01-07

"Vanweë Suid-Afrika se oorvloedige biodiversiteit is verskeie wildspesies ’n teiken vir wildmisdaad. Daarom word die belangrikheid van wildmisdaadbekamping toenemend benadruk."

Bekamping van wildmisdaad: ’n regsteoretiese ontleding van die handelinge, verwante misdade en rolspelers

Inge Snyman LitNet Akademies (Regte) 2025-01-07

"Alhoewel die bekamping van wildmisdaad ’n internasionale prioriteit is, bestaan daar tans geen universele definisie van wildmisdaad, ’n toonaangewende internasionale verdrag of ’n aanbevole bekampingstrategie waarvolgens lande die beste praktyk vir die bekamping van wildmisdaad kan vasstel nie."

Vonnisbespreking: ’n Dekselse deksellose mangat kom ’n plaaslike owerheid duur te staan

Johan Scott LitNet Akademies (Regte) 2024-10-30

"Die agteruitgang van die infrastruktuur in selfs die grootste metropolitaanse gebiede hou beduidende gevaar in vir iemand wat voetslaan, byvoorbeeld om bloot oor ’n sypaadjie te loop, oor plaveistene by ’n winkel te stap om inkopies te gaan doen, of selfs te gaan draf."

Regeringsvorming kragtens die Grondwet sonder ’n volstrekte partypolitieke wenner

Koos Malan, Ilze Grobbelaar-du Plessis LitNet Akademies (Regte) 2024-08-15

"Ofskoon die Suid-Afrikaanse Grondwet deeglik voorsiening maak vir ’n veelpartydemokrasie, het sterk politieke kragte meegebring dat die land vir die afgelope 30 jaar ’n tipiese eenparty-oorheerste stelsel onder aanvoering van die regerende African National Congress (ANC) was."

Refleksiepraktyk in kliniese regsopleiding

Riette du Plessis LitNet Akademies (Regte) 2024-07-15

"Kliënte steun nie slegs op regspraktisyns se tegniese regskennisvaardighede nie, maar plaas ook hul vertroue in die praktisyn se bevoegdheid om op ’n etiese en sosiaal verantwoordelike manier te kan redeneer en ’n oordeel te kan vorm sonder om te diskrimineer."

Skulderkenningsboetes in die lig van prosedurele geregtigheid en misdaadbeheer

Delano van der Linde LitNet Akademies (Regte) 2024-06-21

"Hierdie bydrae ondersoek die statutêre raamwerk oor skulderkenningsboetes en die belangrike rol van die polisie in die verduideliking van die proses, insluitende die gebruik van belangrike voorgeskrewe vorms om die beskuldigdes se grondwetlike regte en gevolge van betaling uiteen te sit."

Sosialegeregtigheidsopvoeding tydens kliniese onderrig

Riette du Plessis LitNet Akademies (Regte) 2024-06-11

"Interkulturele verskille speel ’n beduidende rol in die voorbereiding van studente om die regspraktyk te betree, veral aangesien die Westerse filosofiese benadering verskil van dié van Afrika en hierdie verskillende oogpunte van praktyksbelang in Suid-Afrika is."

Vonnisbespreking: Wanvoorstelling by huweliksluiting – die bruidegom loop hom vas

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2024-05-30

"Die eiseres het toe uitgevind dat op die tydstip toe die verweerder haar gevra het om te trou, hy reeds gemeen het dat hul verhouding onherstelbaar verbrokkel het maar dit nie vir haar gesê nie. Sodoende het hy haar deur sy bedrieglike wanvoorstelling beweeg om die huwelik te sluit."

Vonnisbespreking: Opmerkings oor die woord poes as gekwalifiseerde belediging in ’n interdikoortreding

Terrence R Carney LitNet Akademies (Regte) 2024-05-14

"Die Lewis-saak is ’n goeie voorbeeld van waarom niestandaardtaal en taalvariëteite ernstig opgeneem moet word. Wanneer ’n hof taalfeite op ’n onverantwoordelike wyse hanteer, kan dit ’n negatiewe uitwerking op ’n party se geregtigheid hê."

Vonnisbespreking: Die regte van verdagtes wat nie in hegtenis geneem of in aanhouding is nie

Pieter du Toit LitNet Akademies (Regte) 2024-03-08

"Die voor die hand liggende gevaar bestaan dat die polisie verdagte persone doelbewus nie arresteer en aanhou nie om sodoende selfinkriminerende verklarings te bekom ten einde die vereiste te omseil dat prosedurele billikheidsregte aan hierdie persone verduidelik word."

Help hulle inkom én deurkom: Sienings oor studentetoegang en -sukses in regsopleiding in Suid-Afrika

Leani van Niekerk LitNet Akademies (Regte) 2024-01-24

"In teenstelling met gelykheid, wat beteken om elke student dieselfde geleenthede te bied, behels billikheid die voorsiening van geleenthede wat in ag neem dat sommige studente deur benadeling gekniehalter word. Gelykheid is dus om almal oor dieselfde kam te skeer; billikheid is om mense te gee wat hulle nodig het na gelang van hul 'wegspringpunt'."

Suid-Afrikaanse ouers se dilemma: Is die muis nou baas? Die soeke na groter sekerheid oor lyfstraf tuis

Rinda Botha LitNet Akademies (Regte) 2023-11-30

"Die ongrondwetlikheidsverklaring kom te midde van ’n krisis oor geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika en is in daardie opsig begryplik. Nogtans val dit ook saam met ’n drastiese agteruitgang in kinderdissipline en -gedrag en onrusbarende jeugmisdaadsyfers."

Vonnisbespreking: Die jongste “gly-en-val”-uitspraak teen ’n winkeleienaar: ’n Ontkenning van die Chartaprops-verweer?

Johan Scott LitNet Akademies (Regte) 2023-11-28

"Hierdie uitspraak sal beslis in die kraam pas van inkopiegangers wat daagliks supermarkte besoek, maar is slegte nuus vir winkeleienaars."

Wat behels ’n lewenslange vonnis? ’n Uiteensetting van die paroolproses in Suid-Afrika, asook moontlike remedies vir misdaadslagoffers wat by dié proses uitgesluit word

Natasha Venter LitNet Akademies (Regte) 2023-10-27

"In die Waluś-saak het die oortreder al vir meer as ’n dekade lank die hofstryd gevoer om die minister se weiering om hom op parool uit te laat, tersyde te stel. Die Konstitusionele Hof het dus nie die saak terug verwys na die minister om Waluś se paroolaansoek opnuut te oorweeg nie, maar bloot die bevel gemaak dat parool toegestaan word."

Die soektog na gasbronne in Suid-Afrikaanse gebiedswaters: ’n omgewingsregsperspektief

Carmen Franco, Willemien du Plessis LitNet Akademies (Regte) 2023-08-25

"Owerhede het dus die verantwoordelikheid om te verseker dat omgewingsimpakte wat gedurende gasverkenning, -eksplorasie en -produksie-aktiwiteite kan voorkom, op ’n holistiese en geïntegreerde wyse tydens elke fase van die aktiwiteit se lewensiklus beheer of verminder word."

Die soektog na ’n middeweg in die bekamping van wildmisdaad: ’n blik op bestaande reguleringsmaatreëls en die integrasie van aanvullende oplossings

Inge Snyman LitNet Akademies (Regte) 2023-08-23

"Wildmisdaad word allerweë beskou as een van die oorsake van biodiversiteitsverlies, en juis daarom verleen internasionale en nasionale beleidmakers voorrang aan dié kwessie op omgewingsagendas."

Top