LitNet Akademies (Regte)
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van ’n juridiese aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Regte) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Regte-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word, en R6 000 per nuwe gekeurde vonnisbespreking of aantekening.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Regte-redakteur Johan Scott E-pos: johan.scott@up.ac.za Bioskets |
Die finansiële krisis in provinsies en munisipaliteite: Verg dit grondwetlike of politieke oplossings?
2012-10-26 "Die finansiële volhoubaarheid van baie munisipaliteite is onder geweldige druk en gebrekkige dienslewering deur munisipaliteite en sommige provinsies plaas ’n demper op volhoubare ontwikkeling en ekonomiese groei in Suid-Afrika."Huwelik binne gemeenskap van goed: Die effek van ’n egskeidingsbevel op ’n bateverdelingsooreenkoms
2012-09-27 "Die doel met hierdie aantekening is om te kyk wat die effek van ’n egskeidingsbevel op ’n bateverdelingsooreenkoms is indien die partye binne gemeenskap van goed getroud is."Jurisdiksiegrondslae vir die vervolging van internasionale misdade met verwysing na Suid-Afrika se verpligtinge as lidstaat van die internasionale strafhof
2012-09-19 "Ten einde Suid-Afrika se verpligtinge as lidstaat van die hof te verstaan, ontleed hierdie artikel eerstens die konsep universele jurisdiksie, waarna dit die aanvullingsbeginsel van jurisdiksie in oënskou neem."Die betekenis van ’n ontneming weens ’n rasdiskriminerende wet of praktyk vir doeleindes van die Wet op Herstel van Grondregte 22 van 1994 – ’n oorsig van ontwikkelings in regspraak
2012-09-14"Behalwe die formele of drempelvereistes vir die instel van ’n suksesvolle grondeis, moet daar ook aan die regsvereistes voldoen word. Laasgenoemde behels dat ’n persoon geregtig op herstel van ’n reg in grond is indien hy of sy ’n persoon (of gemeenskap) is wat na 19 Junie 1913 van ’n reg in grond ontneem is 'as gevolg van wette of praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het'."






