LitNet Akademies (Regte)

Trust vir Afrikaanse Onderwys

E-pos: akademies@litnet.co.za

 


LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van ’n juridiese aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Regte) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Regte-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word, en R6 000 per nuwe gekeurde vonnisbespreking of aantekening.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Regte-redakteur
Johann Neethling
E-pos: neethlingj@ufs.ac.za
Bioskets

Suid-Afrikaanse howe se hantering van verlore testamente

James Faber, François du Toit LitNet Akademies (Regte) 2015-05-13

"Hierdie bydrae belig, teen die agtergrond van die Boedelwet 66 van 1965 se voorskrifte rakende die hantering van testamente deur die meester van die hooggeregshof, enkele uitsprake waarin Suid-Afrikaanse howe se toepassing van die gemenereg ten opsigte van verlore testamente vir kritiek vatbaar is."

Vonnisbespreking: Statutêre aandeelhouersbeskerming: die geregtelike beoordeling van onderdrukkende en onredelik benadelende direksiebesluite

Christiaan Swart, Marianne Lombard LitNet Akademies (Regte) 2015-04-16

"Die hof lê die sober beginsel neer dat indien ’n applikant nie kan bewys dat direkteure hul vertrouenspligte verbreek het nie, die applikant se aansoek kragtens artikels 163 selde sal slaag, alhoewel die moontlikheid nooit uitgesluit kan word nie."

Aantekeninge oor regsaspekte van ouervervreemdingsindroom in Suid-Afrika

Chrizell Chürr LitNet Akademies (Regte) 2015-04-08

In die algemeen behoort hofamptenare, gesinsadvokate en enige ander betrokke beamptes bewus gemaak en opgelei te word ten einde ouervervreemding so te hanteer dat daar in die beste belang van die kind opgetree word.

Vonnisbespreking: Korrek beslis binne die raamwerk van wesenlik irrelevante reg

Koos Malan LitNet Akademies (Regte) 2015-03-26

Koos Malan bespreek die uitslag in Lourens v Speaker of the National Assembly oor die grondwetlikheid al dan nie daarvan dat alle wetgewing nie in alle amptelike tale gepubliseer word nie.

Verbreking van die psigologiese kontrak tussen werknemer en werkgewer, en gedingsvatbare persoonlikheidskrenking

Johann Neethling, Annette Snyman LitNet Akademies (Regte) 2015-03-06

"Afgesien van die formele, skriftelike dienskontrak tussen werkgewers en werknemers, bestaan daar ook ’n stel ongeskrewe wedersydse verwagtinge tussen hierdie partye: sogenaamde psigologiese kontrak."

Die uitlegsverbreding van die gemeenregtelike vereistes vir locus standi in iudicio in publiekregtelike en eiebelang grondwetlike aksies: ’n noodwendige ontwikkeling deur die Suid-Afrikaanse howe

Neels Swanepoel LitNet Akademies (Regte) 2015-02-17

"Die jammerlike versuim deur die parlement om werk te maak van die Suid-Afrikaanse Regskommissie se voorstelle oor openbare en klasaksies het ons howe behoorlik aan die diep kant ingegooi. Tog wek die manier waarop ons howe hierdie uitlegtaak hanteer het, vertroue."

Pretorius v Dietrich 1872: Klinkende munt of papiergeld?

Liezl Wildenboer, Keith Dietrich LitNet Akademies (Regte) 2015-01-28

Hierdie bydrae gee ’n rare blik op ’n regsdispuut oor die vereiste betaalmiddel wat uit die vroeë 1870’s dateer.

Vonnisbespreking: Is die Moslemhuwelik nou ’n erkende huwelik?

Linda Schoeman-Malan LitNet Akademies (Regte) 2015-01-06

In Faro v Bingham kom die vraag na die Moslemvrou se regte ten aansien van die Moslemhuwelik en die regsgevolge daarvan by ontbinding van die huwelik opnuut ter sprake. Linda Schoeman-Malan bespreek die vonnis.

Lesse te leer vir die grondwetlike beregting van die reg op toegang tot voldoende voedsel

Anél Gildenhuys 2014-12-15 Hierdie artikel kyk kortliks hoe die konstitusionele hof reeds ander sosio-ekonomiese regte bereg het, ten einde 'n voorspelling te maak van hoe die hof die reg op toegang tot voldoende voedsel moontlik sal interpreteer.

Aantekening: Internasionale strafregtelike jurisdiksie vir die Afrika-hof: problematiese aspekte en die implikasies daarvan

Hein Lubbe 2014-12-03 Hein Lubbe ondersoek die problematiese aspekte en implikasies van die internasionale strafregtelike jurisdiksie vir die Afrika-hof.

Strafregtelike struikelblokke in die mishandelde persoon se stryd om geregtigheid

Rinda Botha 2014-11-17 Hierdie artikel ondersoek die struikelblokke wat mishandelde persone dikwels as beskuldigdes in die soeke na geregtigheid ondervind, met bepaalde klem op noodweer en nie-patologiese ontoerekeningsvatbaarheid.

Vonnisbespreking: Grondwetlike aspekte van die registrasie van huisbouers en die billikheid van private arbitrasiebeslissings

IM Rautenbach 2014-11-11 Ingevolge die Wet op Beskermingsmaatreëls vir Behuisingsverbruikers 95 van 1998 kan aanspraak op vergoeding vir brouwerk deur bouers slegs gemaak word indien die bouer geregistreer is.

Inaedificatio en die ius tollendi

Ina Knobel 2014-11-04 Ina Knobel belig in hierdie bydrae die verwyderingsreg van huurders wat roerende sake gedurende ’n huurtermyn aan huurgrond geheg het.

Die regsaard van mediaregte in sport

Steve Cornelius 2014-10-14 In hierdie artikel ondersoek Steve Cornelius of mediaregte in sport inderdaad bestaan en, indien wel, wat die aard en omvang van hierdie regte is en in wie hulle vestig.

Voeging en skeiding van beskuldigdes in strafverhore: prosessuele onderskeid tussen die Child Justice Act 75 van 2008 en die Strafproseswet 51 van 1977

Inez Bezuidenhout, Michelle Gail Karels 2014-10-06 Hierdie artikel loods 'n regsteoretiese ondersoek na die prosessuele en geregtigheidsoorwegings tydens die gesamentlike verhoor van ’n volwasse beskuldigde en ’n kind.

Vonnisbespreking: Kan repudiëring ooit aanvaarbaar wees?

André Mukheibir 2014-09-23 André Mukheibir bespreek, na aanleiding van die Comwezi-saak, die vraag of repudiëring as sodanig kontrakbreuk daarstel, en of die repudiëring neerkom op kontrakbreuk eers wanneer dit aanvaar word.

Suid-Afrikaanse vuurwapenwetgewing onder skoot: Hoe koeëlvas is die Wet op Beheer van Vuurwapens 60 van 2000?

Rinda Botha, Hendrik Maree 2014-08-28 Rinda Botha en Hendrik Maree  se praktiese ontleding lei onder meer tot die gevolgtrekking dat drakoniese vuurwapenwetgewing nie noodwendig die antwoord op Suid-Afrika se misdaadprobleem is nie.

’n Taalkundige perspektief op woordeboekgebruik in die hof: die woordeboek as toevlugsoord

Terrence R Carney, Luna Bergh 2014-08-07 Hierdie navorsingsverslag stel ondersoek in na die verskynsel van woordeboekgebruik in ’n hof en kyk ook kortliks na die situasie in Suid-Afrika.

Volhoubare ontwikkeling, omgewingskonstitusionalisme en die oppergesag van die reg vir die omgewing: ’n Grondwetlike beskouing

Louis Kotzé 2014-07-15 Die land het ’n fundamentele omgewingsreg verskans in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 1996 en ’n omvattende korpus omgewingsreg aanvaar om uitvoering aan die breër beleide daarvan en die menigte grondwetlike oogmerke van die nuwe omgewingsreg te gee.

Konstitusionalisme in Suid-Afrika

Francois Venter 2014-07-02 "Teen hierdie agtergrond, en die elemente wat kenmerkend van konstitusionalisme is, word oorweeg of Suid-Afrikaanse konstitusionalisme verstaan moet word as ’n lewensvatbare embrio of as ’n sterwende jeugdige."
Top