LitNet Akademies (Regte)
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van ’n juridiese aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Regte) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Regte-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word, en R6 000 per nuwe gekeurde vonnisbespreking of aantekening.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Regte-redakteur Johan Scott E-pos: johan.scott@up.ac.za Bioskets |
Vonnisbespreking: Aksie weens onregmatige lyding vanweë gestremdheid (wrongful life)
2015-06-25"Ons doen aan die hand dat die aksie weens onregmatige lyding vanweë gestremdheid wel binne die sfeer van die deliktereg erken behoort te word, omdat al die elemente van ’n delik goedskiks binne die toepassingsgebied van die aksie neerslag kan vind."
Die basiese-struktuur-leerstuk: ’n basis vir die toepassing in Suid-Afrika, of ’n skending van die skeiding van magte?
2015-06-17Hierdie artikel oorweeg die potensiële oorname van die basiese-struktuur-leerstuk van Indië in Suid-Afrika. Dié leerstuk bepaal dat, ten spyte daarvan dat die formele en prosedurele vereistes vir wysiging nagekom is, ’n wysiging aan die Grondwet ongrondwetlik sal wees indien dit die basiese struktuur van die Grondwet skend, negeer of vervang.
Vonnisbespreking: Die doodskoot vir of slegs die verwonding van die eis teen die derdeparty-egbreker?
2015-05-20"’n Blote aanname dat die Suid-Afrikaanse regstelsel die meerderheid Westerse regsoplossings moet aanvaar, is nie ’n voldoende argument binne ’n Afrikaïese en multikulturele verband nie."
Suid-Afrikaanse howe se hantering van verlore testamente
2015-05-13"Hierdie bydrae belig, teen die agtergrond van die Boedelwet 66 van 1965 se voorskrifte rakende die hantering van testamente deur die meester van die hooggeregshof, enkele uitsprake waarin Suid-Afrikaanse howe se toepassing van die gemenereg ten opsigte van verlore testamente vir kritiek vatbaar is."
Vonnisbespreking: Statutêre aandeelhouersbeskerming: die geregtelike beoordeling van onderdrukkende en onredelik benadelende direksiebesluite
2015-04-16"Die hof lê die sober beginsel neer dat indien ’n applikant nie kan bewys dat direkteure hul vertrouenspligte verbreek het nie, die applikant se aansoek kragtens artikels 163 selde sal slaag, alhoewel die moontlikheid nooit uitgesluit kan word nie."
Aantekeninge oor regsaspekte van ouervervreemdingsindroom in Suid-Afrika
2015-04-08In die algemeen behoort hofamptenare, gesinsadvokate en enige ander betrokke beamptes bewus gemaak en opgelei te word ten einde ouervervreemding so te hanteer dat daar in die beste belang van die kind opgetree word.
Vonnisbespreking: Korrek beslis binne die raamwerk van wesenlik irrelevante reg
2015-03-26Koos Malan bespreek die uitslag in Lourens v Speaker of the National Assembly oor die grondwetlikheid al dan nie daarvan dat alle wetgewing nie in alle amptelike tale gepubliseer word nie.
Verbreking van die psigologiese kontrak tussen werknemer en werkgewer, en gedingsvatbare persoonlikheidskrenking
2015-03-06"Afgesien van die formele, skriftelike dienskontrak tussen werkgewers en werknemers, bestaan daar ook ’n stel ongeskrewe wedersydse verwagtinge tussen hierdie partye: sogenaamde psigologiese kontrak."
Die uitlegsverbreding van die gemeenregtelike vereistes vir locus standi in iudicio in publiekregtelike en eiebelang grondwetlike aksies: ’n noodwendige ontwikkeling deur die Suid-Afrikaanse howe
2015-02-17"Die jammerlike versuim deur die parlement om werk te maak van die Suid-Afrikaanse Regskommissie se voorstelle oor openbare en klasaksies het ons howe behoorlik aan die diep kant ingegooi. Tog wek die manier waarop ons howe hierdie uitlegtaak hanteer het, vertroue."
Pretorius v Dietrich 1872: Klinkende munt of papiergeld?
2015-01-28Hierdie bydrae gee ’n rare blik op ’n regsdispuut oor die vereiste betaalmiddel wat uit die vroeë 1870’s dateer.
Vonnisbespreking: Is die Moslemhuwelik nou ’n erkende huwelik?
2015-01-06In Faro v Bingham kom die vraag na die Moslemvrou se regte ten aansien van die Moslemhuwelik en die regsgevolge daarvan by ontbinding van die huwelik opnuut ter sprake. Linda Schoeman-Malan bespreek die vonnis.






