LitNet Akademies (Regte)
E-pos: akademies@litnet.co.za |
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van ’n juridiese aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Regte) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Regte-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word, en R6 000 per nuwe gekeurde vonnisbespreking of aantekening.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
Regte-redakteur Johann Neethling E-pos: neethlingj@ufs.ac.za Bioskets |
Vonnisbespreking: Openbare figuur – Laster, belediging en identiteitskending
2014-06-23 Openbare figure kan beskryf word as pesone wat op sodanige wyse reeds in die openbaar bekend geraak het vanweë hulle status, amp, beroep, doen, late en misdade dat hulle openbare belangstelling gaande maak sonder dat hulle noodwendig aan ’n nuuswaardige gebeurtenis gekoppel is.Oorgrens-biodiversiteitsregulering in die Antroposeen
2014-06-11As gevolg van die toenemende menslike invloed op die aardstelsel is die aarde besig om kritieke kantelpunte te bereik wat tot snelle en onomkeerbare verandering kan lei en lewe op aarde onmoontlik kan maak.
’n Ontleding van die Suid-Afrikaanse regsraamwerk met betrekking tot die omgewingsaspekte van breking in die Karoo
2014-05-27 Na alle verwagtinge sal breking ‘n beduidende impak hê op die Karoo, haar omgewing en meer spesifiek haar waterhulpbronne, en haar mense, terwyl dit allesbehalwe seker is of die sosio-ekonomiese groei wat voorspel word as gevolg van industriële aktiwiteite in die gebied, die ekologiese impakte sal kan uitbalanseer.Vonnisbespreking: Die siviele verbod op haatspraak – “Shoot the Boer” in die gelykheidshof, hoë hof en die uitsaaiklagtetribunaal
2014-04-29 Artikel 10 van die Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie skep ’n eisoorsaak gebaseer op haatspraak. Alhoewel howe verplig is om artikel 10 toe te pas wanneer ’n party beweer dat haatspraak plaasgevind het, gebeur dit nie altyd nie.Ingrypende ontwikkeling in die oproepingsproses van verbande op onroerende sake
2014-04-22 Hierdie artikel fokus op ingrypende veranderings wat in die oproepingsproses ten aansien van verbande op onroerende sake as gevolg van die Grondwet deur onlangse regspraak teweeggebring is.Vonnisbespreking: ’n Oorwinning in die stryd teen straffeloosheid vir die plegers van menseregteskendings
2014-04-02 Neels Swanepoel bespreek die saak waarin die hoogste hof van appèl se uitspraak ’n beduidende bydrae gelewer tot die eeue oue stryd teen die straffeloosheid wat plegers van wandade voorheen skotvry daarvan laat afkom het.Arbitrêre gronde vir onbillike diskriminasie en die bewyslas in arbeidsgeskille
2014-03-17Hierdie artikel verken in die eerste plek die geskiedenis oor die wyse waarop onbillike diskriminasie ’n selfstandige eisoorsaak geword het. Die aard van die gelyste en sogenaamde arbitrêre gronde en die verskil tussen hulle het heelwat bespreking uitgelok en is die tweede fokus van hierdie ondersoek.
Die onsekerhede aangaande die toepaslike huweliksgoederebedeling(s) in poligame gewoonteregtelike huwelike by nienakoming van artikel 7(6) van die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike
2014-03-04Hierdie bespreking beoordeel of artikel 7(6) van die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike 120 van 1998 geïnterpreteer moet word as 'n vereiste vir 'n geldige gebruiklike huwelik, in die lig van die onlangse uitsprake van die Noord-Gauteng Hooggeregshof, die hoogste hof van appèl en die konstitusionele hof, almal ten opsigte van Ngwenyama.
Vestiging van versekeringseise teen omgewingskade wat deur hidrobreking aangerig word
2014-02-21Hierdie artikel bespreek die aard van die versekeringsvestigingsfeite en die problematiek van die praktiese toepassing daarvan, en ondersoek moontlike oplossings vir die komplikasies wat deur meervoudige of kumulatiewe kousaliteit en meervoudige dekking veroorsaak word.
Die repudiëring van ’n erfenis deur die insolvente erfgenaam – ’n vervreemding of nie?
2014-02-11Die doel van die ondersoek is om onlangse regspraak aan die hand van toepaslike beginsels van die erfreg en insolvensiereg, asook die standpunte van skrywers in hierdie verband, te bespreek en te ontleed.
Vonnisbespreking: ’n Perspektief op die impak van die Mineral and Petroleum Resources Development Act 28 van 2002 op voorheen bestaande regte
2014-02-04Die ontstaan van talle van die land se bestaande sosio-ekonomiese vraagstukke word ook vandag direk verbind aan diskriminerende praktyke soos dit parallel met, en in die konteks van, die land se mynboubedryf ontwikkel het.
Vonnisbespreking: Facebook en persoonlikheidsbeskerming
2014-01-29Toegepas op Facebook, beteken dit dat die persoonlike inligting wat ’n gebruiker op Facebook plaas deel van sy of haar privaatheid vorm en dat enige ongemagtigde kennisname deur ’n buitestander van sodanige inligting prima facie onregmatig sou wees.
Vonnisbespreking: Dogmatiese verkenning van die reg op privaatheid kry verdere erkenning in die regspraak Greeff v Protection 4U h/a Protect International 2012 6 SA 393 (GNP)
2014-01-20Die reg op privaatheid word gemeenregtelik en grondwetlik as ’n selfstandige persoonlikheidsreg erken en beskerm, en riglyne vir die toekomstige ontplooiing van hierdie reg is grootliks uitgestippel...
Regsetiek as deel van die LLB-kurrikulum
2014-01-15In hierdie artikel word van die veronderstelling uitgegaan dat die doseer van regsetiek aan universiteite die probleem kan help oplos mits vrees vir straf nie as die grondslag van regsetiek aanvaar word nie.