Toyota Stellenbosch Woordfees

Persverklaring: Reinet Nagtegaal-teksprys 2026 – wenners bekend

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-04-09

Die wenners van die gesogte Reinet Nagtegaal-teksprys vir 2026 is bekend.

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees en EasyEquities vat weer hande vir ’n groter belegging in die kunste

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-03-12

EasyEquities is nou ’n Platinumborg van die Toyota Stellenbosch Woordfees en dit behels ’n aantal nuwe projekte om welvaart toeganklik in die kunste te maak deur onder andere werkskepping en beleggings.

Persverklaring: Spier belê nog 3 jaar as platinumborg van die Toyota Stellenbosch Woordfees

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-03-12

Die internasionaal gerekende Spier-wynlandgoed sit hul platinumborgskap aan die Toyota Stellenbosch Woordfees met nog drie jaar voort.

Persverklaring: kykNET Fiëstas-toekennings – hier is die benoemdes

LitNet Feeste 2026-02-26

Met ’n nuwe tuiste by Tribuo, maar nog steeds met kykNET as naamborg, is twee dinge duidelik. Eerstens is die kykNET Fiësta-toekennings hier om te bly. Tweedens het die afgelope feesjaar weer bewys dat die werk wat in Suid-Afrika geskep word, tuis op enige wêreldverhoog sal wees.

Persvrystelling: Registreer nou vir die 2026 Sanlam WOW Spelfees

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-02-24

Die 17de Sanlam WOW Spelfees vind van Julie tot Oktober landwyd plaas, en skole en leerders word hartlik uitgenooi om nou te registreer. Deelname is heeltemal gratis.

Persverklaring: Eerste WOW-Droomuitstappie by Universiteit Stellenbosch

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-01-30

Woorde Open Wêrelde (WOW) se eerste WOW-Droomuitstappie (Dream Walk) vir graad 12-leerders is op 28 Januarie by die Universiteit Stellenbosch (US) aangebied.

Persverklaring: Libertas-plaas – waar die kuns en die mure asemhaal 

LitNet Kuns 2026-01-07

Gedurende die Toyota Stellenbosch Woordfees van 2025 het die buitegeboue Veldhospitaal gehuisves: ’n visuele kunsinstallasie wat die skure in ’n oorlogstydse veldhospitaal verander het. Die uitstalling, wat trauma en herstel as temas ondersoek, het Libertas self op ’n manier geëggo: ’n huis wat tans self herstel word en besig is om te genees van agteruitgang en skade. 

Persverklaring: Inskrywings is oop – wen R30 000 met die Woordfeeskortverhaalkompetisie

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-12-24

Dit is tyd vir die elfde kompetisie van die Stellenbosch Woordfees-kortverhaalbundel. 

Persverklaring: Reinet Nagtegaal-teksprys 2026 – meer tyd om in te skryf

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-12-23

Daar is nou meer tyd om in te skryf vir die gesogte Reinet Nagtegaal-teksprys vir 2026. Dramaturge, gevestig en opkomend, het nou tot 15 Januarie 2026 kans om in te skryf vir die grootste teksskryfkompetisie in Suid-Afrika, aangebied in samewerking met die Toyota Stellenbosch Woordfees. 

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Boklied – ’n psigedeliese padkaart na binne

Dianne Du Toit Albertze Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-11-20

"Ek het die heropvoering van Boklied by die Toyota Stellenbosch Woordfees bygewoon met ’n klein groep gehoorlede, wat al minder geraak het met elke pouse." Dianne du Toit Albertze skryf indrukke oor hierdie stuk wat vanjaar weer by die Woordfees op die planke was.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Ek is ook nie Danie

Dianne Du Toit Albertze Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-11-20

"Dan is daar ook die alleenheid wat volg – van skrywer-wees, hopeless romantic of net lone wolf – daardie isolasie en verlatenheid wat hier doeltreffend en roerend tot lewe kom." Dianne du Toit Albertze bied ’n retrospektiewe blik op Ek is nie Danie, wat vanjaar vier Woordtrofees ingepalm het.

Toyota Stellenbosch Woordfees-persverklaring: Woordtrofees-wenners vir 2025 bekend

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-11-14

Die wenners van die Woordtrofees vir 2025 is op 13 November tydens ’n toekenningsgeleentheid in die US Konservatorium op Stellenbosch bekroon.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Lynette du Plessis oor Kinderlê, die drama

Dianne Du Toit Albertze, Lynette du Plessis Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-11-11

"Die Woordfees-week het so vinnig viby my oë gegaan dat alles maar nou ees inskop en dat ek voel ek’t iets geaccomplish wat ek nooit gedink het ek sou doen nie – om te act." 

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: ’n oorsig

Maryke Roberts Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-11-06

"Die toekoms is in jong, kreatiewe hande en ons gaan oukei wees."

Wegwêreld slegwêreld, ATKV-Tienertoneelwenners: ’n onderhoud met Darryl Spijkers

Naomi Meyer, Darryl Spijkers ATKV-Portaal 2025-10-30

Hoërskool Parel Vallei het weer eens die ATKV se Tienertoneelkompetisie gewen. Naomi Meyer praat met Darryl Spijkers, regisseur van Wegwêreld slegwêreld.

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordtrofees-benoemings 2025 "van indrukwekkende gehalte"

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-29

Die benoemings vir die Toyota Stellenbosch Woordfees se Woordtrofees-toekennings vir 2025 is bekend. Die wenners word op 13 November by ’n geleentheid in die Endlersaal op Stellenbosch vereer.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: ʼn indruk van Boklied – wat betieken "nie-verstaanbaar"?

Keith Oliver Lewis Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-29

"En eendag sal ek gan na my mammie se hophysie innie lug / twie taxi’s vat Wellington toe / om vi Breyten presies te sê / wat ek rerag dink van Boklied."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: In gesprek met Franco Prinsloo oor Miracle tree

Ilse Salzwedel, Franco Prinsloo Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-29

"Harmonie – dis enige koormeester se mikpunt. Plaas nou iemand soos die gevierde komponis Franco Prinsloo in beheer van ’n produksie, en jy beleef die ware krag van harmonie. Nie net in die musiek wat jy hoor nie, maar ook in die dans tussen die pragtige, uiteenlopende tale van ons land, soos hy weer met ’n nuwe produksie bewys."

Persverklaring: Ruk en Rym-wenners bekend: Hiér ruk dit!  

LitNet Musiek 2025-10-22

Die finale ronde van dié kompetisie vir alternatiewe klankskeppers het op 12 Oktober as deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees by die Daisy Jones Bar in Stellenbosch plaasgevind. 

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: verslag oor ’n Naledi-skrywersbyeenkoms

Annette Havenga Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-20

"Tydens die Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 waar boeke en boekgesprekke hoogty vier, is Naledi se 20ste verjaarsdag by die Leopard’s Leap Familie Wynlandgoed in Franschhoek gevier."

Top