Toyota Stellenbosch Woordfees

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Boklied, 30 jaar later – ’n onderhoud met Marthinus Basson

Naomi Meyer, Marthinus Basson Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-08-04

"Om weer aan Boklied te werk is ’n vreesaanjaende voorreg, alhoewel mens bewus is van die feit dat dit is soos om 'n ’n uiters hoë piek te moet uit. Maar dis een wat ek met baie vreugde aanpak. Beslis ook met ootmoed."

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 – Literatuur is steeds die hart

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-07-14

Die bekroonde digter Bibi Slippers het ’n eklektiese program vir die EasyEquities Skrywersfees saamgestel. Die fees spog vanjaar vir die eerste keer met twee feesdigters. Antjie Krog en Siphokazi Jonas deel vanjaar hierdie posisie van feesdigter.

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 – Kaartjieverkope is oop!

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-07-14

Die kaartjieverkope vir die 25ste Toyota Stellenbosch Woordfees is nou oop en jy kan jou kaartjies aanlyn by Quicket koop of by die kaartjiekantoor by die Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch. Die gratis gedrukte feesgids is ook nou hier beskikbaar. Te danke aan Aramex kan jy nou die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees se sagtebandfeesgids gratis by jou huis laat aflewer. 

Deel en wees deel: Toyota Stellenbosch Woordfeesprogrambekendstellingsfunksie 2025

Naomi Meyer, Lasché van Heerden Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-06-20

Die Toyota Stellenbosch Woordfeesprogrambekendstelling het op 19 Junie 2025 plaasgevind. Hier is enkele foto’s van die geleentheid en vanjaar se program. Kom deel in alles wat op die spyskaart is.

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 – programbekendstelling

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-06-20

Die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees is gisteraand op onvergeetlike wyse bekendgestel by die elegante Lanzerac-wynlandgoed in Stellenbosch, waar media en borge bymekaargekom het om die amptelike bekendstelling van vanjaar se feesprogram te vier.

Persverklaring: Dié skrywers haal die 2025 Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-06-10

Drie-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die tiende Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel. Vanjaar se kompetisie het 329 inskrywings gelok. Die algehele wenner sal by die bundelbekendstelling by vanjaar se Stellenbosch Woordfees aangekondig word. 

Persverklaring: "Deel" jou skribbels en wen ’n Woordfeeservaring vir twee

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-06-05

Die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees vier 25 jaar van kuns, kultuur en uitdrukking met die feestema "Deel". Jy kan deel wees van die feesvieringe deur jou skribbels, skrabbels en sketse met die feesbestuur te deel, en ’n Woordfeeservaring ter waarde van R2 000 te wen.

Die wenner van die Nagtegaal-tekspryswenner: ’n onderhoud met Dianne du Toit Albertze

Naomi Meyer, Dianne Du Toit Albertze Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-05-08

"Dit was veronderstel om my tweede roman te wees, maar die karakters wou net eenvoudig nie alleenlik op papier lewe nie. En toe ontmoet ek vir Tinarie by laasjaar se teksmark en ons begin skryf e-briewe vir mekaar en kort voor lank het ek ’n muse gekry."

Persverklaring: Nagtegaal-tekspryswenner Dianne du Toit Albertze betower met "uitmuntende tegniek"

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-05-06

Vir haar wenteks, Huis van sand, ontvang Du Toit Albertze naas prysgeld van R100 000 ook mentorskap en ondersteuning met die finale afronding van die teks, asook ’n speelvak by vanjaar se Toyota Stellenbosch Woordfees.

Suidoosterfees Junior 2025: Woordedief, ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck

Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck Suidoosterfees 2025-04-30

"Kinderteater is van 3 tot 103. Dis so lekker om te sien hoe die kleintjies hulle verkneukel, en daar is baie gehoordeelname. Jy sal sien: As jy kom kyk, gaan jy nie net kan bly sit nie!" Woordedief is gebaseer op Best Books van NB-Uitgewers se reeks boekies wat geskryf is met die oog op voorgeskrewe tekste vir die Grondslagfase.

Persverklaring: Registreer gratis vir die Sanlam WOW Spelfees 2025

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-03-25

Registrasie vir die 2025 Sanlam WOW Spelfees is nou oop en deelname is heeltemal gratis. Dis die grootste spelfees in Suid-Afrika en skole en leerders van reg oor die land word genooi om in die volgende taalkategorieë deel te neem: Afrikaans (graad 1 tot 10), Engels (graad 4 tot 9) en isiXhosa (graad 6 tot 8).

Persverklaring: Hê ’n aandeel aan die 25ste Woordfees se kreatiewe identiteit

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-03-18

Jy word genooi om saam met die Toyota Stellenbosch Woordfees deel te hê aan die viering van 25 jaar van kuns, kultuur en uitdrukking. Vanjaar se tema is "deel". Ons hou weer ’n lentefees in die Eikestad vanaf 11 tot 19 Oktober, en jou sketse, spotprente en illustrasies kan deel uitmaak van die feestema en -vieringe.

Persverklaring: Wes-Kaapse skole by WOW-skoolmedia-gala vereer

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-03-11

Woorde Open Wêrelde (WOW) het Donderdag 6 Maart 2025 uitblinkers van die WOW-skoolmediakompetisie by ’n galageleentheid in Stellenbosch vereer.

Die Nagtegaal-teksprys: ’n onderhoud met Saartjie Botha

Naomi Meyer, Saartjie Botha Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-01-29

"Alle teater dien die teks. Dit is die priem, die begin, die kreatiewe vonk. Daarom moet ons na skrywers omsien en hulle behoorlik vir hulle pennevrugte vergoed." Saartjie Botha praat met Naomi Meyer oor die Nagtegaal-teksprys se visie, waarom dit nou herleef en hoekom teater lewensbelangrik is.

Persverklaring: Stories ingewag vir 10de Woordfeeskortverhaalkompetisie

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-12-17

Skryf nou in vir die Stellenbosch Woordfees 2025 se kortverhaalkompetisie – jy wen dalk R30 000. Hierdie bundel het ’n literêre instelling geword en "dien as ’n soort jaarboek waarmee Afrikaanse skrywers iets van die spesifieke tydsgees weerspieël met elke oes kortverhale," sê Saartjie Botha, direkteur van die Stellenbosch Woordfees.

Persverklaring: Nagtegaal-teksprys herleef in samewerking met Toyota Stellenbosch Woordfees

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-11-22

Die Toyota Stellenbosch Woordfees is op soek na nuwe tekste van 60 tot 90 minute lank wat teater as medium vir sosiale impak en kohesie verken, en tradisionele beskouings uitdaag en verruim. Die gesogte Nagtegaal-teksprys herleef ná 15 jaar in samewerking met die Toyota Stellenbosch Woordfees en daar is groot pryse op die spel. 

Voces Cordis: ’n onderhoud met André van der Merwe

Naomi Meyer, André van der Merwe Musiek 2024-11-11

"In Suid-Afrika het ons wonderlike diversiteit met verskillende kultuurkomponente. Dit bring ’n opwinding wat aansteeklik is!" Lees wat André van der Merwe oor die Voces Cordis-koor vertel – en vind uit wanneer hulle laaste konsert vir die jaar plaasvind.

Persverklaring: Woordtrofees-wenners 2024

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-29

Die wenners van die 2024 Woordtrofees is op 28 Oktober tydens ’n toekenningsgeleentheid by die Nooitgedacht-wynlandgoed bekroon. Benewens die topboekverkopers by die EasyEquities Skrywersfees in die genres fiksie, poësie, niefiksie en leefstyl, is ’n aantal spesiale pryse toegeken, onder andere die nuwe Martie Retief Meiring-toekenning, die In verbondenheid-toekenning asook die WOW-trofees vir skool en opvoeder van die jaar.

Persverklaring: Húlle is benoem vir 2024 Woordtrofees

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-16

Die spele is nie heeltemal verby nie – die podium wink. Die benoemings vir vanjaar se Woordtrofees-toekennings is pas bekend gemaak, met ’n nuwe prys wat na die legendariese joernalis Martie Meiring vernoem word. Die wenners, wat elkeen ’n oorkonde en ’n bedrag geld sal ontvang, word op 28 Oktober by ’n toekenningsgeleentheid op Stellenbosch aangekondig.

Toyota Stellenbosch Woordfees: Media by die kruispad (Netwerk24-gespreksreeks)

Jean Oosthuizen Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-10

"Beukman sê die kommer vir die media se toekoms lê nie by die hoofstroommedia wat gebonde is aan ’n perskode en persombudsman se uitsprake nie. Dit lê by wat hy noem die fees van die oningeligtes."

Top