
Danneline Ramsden (https://woordfees.co.za/en/program/oesie-meense/); madeliefies (Canva)
Danneline Ramsden praat met Naomi Meyer oor haar optrede by die Toyota Stellenbosch Woordfees vanjaar.
Danneline, ek sien jy praat weer lekker Namakwalands by die Woordfees. Is dit die regte beskrywing vir die taal wat jy praat?
Ek praat Namakwalandse Afrikaans en soms voel of klink dit ek praat ’n ander taal. Daar is mense wat teenoor my genoem het dit klink of ek ’n ander taal praat, want dit klink nie soos gewone Afrikaans nie. Ander mense het al genoem dit klink of ons Namakwalanders sing-praat.
........
Ek praat Namakwalandse Afrikaans en soms voel of klink dit ek praat ’n ander taal. Daar is mense wat teenoor my genoem het dit klink of ek ’n ander taal praat, want dit klink nie soos gewone Afrikaans nie. Ander mense het al genoem dit klink of ons Namakwalanders sing-praat.
........
Een oom het my eenkeer by die Waterfront in die Kaap gevra of ek van Suid-Afrika is. Ek was gexhouam (geskok); ons het dan Afrikaans gepraat met mekaar. Ek moet erken ons dialek klink anders en vreemd vir ander mense en mense geniet dit oor die algemeen om na Namakwalanders te luister.
Mens dink mos nie regtig oor die taal wat mens praat nie; mens praat dit net. Of is dit in jou geval die waarheid? Dink jy daaroor as jy tussen jou eie Namakwalandse mense is of dink jy daaroor as jy op ’n ander plek is? Praat met my oor hoe jy dit ervaar.
Mens praat net. Jy dink nie daaroor nie, veral as jy tussen jou eie mense is.
........
Mens praat net. Jy dink nie daaroor nie, veral as jy tussen jou eie mense is.
........
Wat baie mense wat nie van Namakwaland is nie, nie weet nie, is dat ons aksent van dorp tot dorp verskil. Vir baie mense buite Namakwaland klink ons almal dieselfde; ons wat in Namakwaland woon, kom die verskil agter en spot soms met mekaar. Ek kom agter ek praat anders wanneer ek in ander provinsies tussen ander mense is. Dan is dit asof ek myself hoor of wanneer mense my daaraan herinner, besef ek die verskil. Selfs mense in ander dele van die Noord-Kaap spot soms met ons Namakwalanders oor hoe ons praat.
Vertel my van Oesie meense. Gaan iemand hulleself herken as jy van hulle praat? Wat kan mense verwag om te hoor as hulle kom luister?
........
Oesie meense is eg en oorspronklike Namakwaland-stories en -musiek. Ek vertel stories wat regtig gebeur het, sonder om mense se name te noem.
........
Oesie meense is eg en oorspronklike Namakwaland-stories en -musiek. Ek vertel stories wat regtig gebeur het, sonder om mense se name te noem. Dis net om myself ook te beskerm. Namakwalandse stories is oor die algemeen baie komies. Dit hou veral verband met ons manier van vertel. Voor Covid het ek net storievertel gekombineer met musiekproduksies. Na Covid het ek twee dramas gekombineer met storieproduksies. Nou is dit my eerste storievertel-produksie gekombineer met musiek na Covid. So dis iets om na uit te sien. Reynard Karsten van Steinkopf skryf sy eie liedjies; hy sing en speel kitaar ook. Ek is baie opgewonde oor die produksie. Reynard gaan selfs een storie vertel en ek gaan saam met hom een van sy liedjies sing. Ek dink ons is ’n goeie Namakwaland-kombinasie op die verhoog. Jeremeo Le Cordeur is ons regisseur. Hy is uitstekend en dis baie lekker om saam met hom te werk. Ons glo saam gaan ons ’n wenspan wees. Moenie Oesie meense by Woordfees misloop nie. Dit vind plaas op 19 Oktober om 11:00 by Fismer.
Jy hou van stories vertel – en van mense se stories, is ek reg? Maar is dit uit jou dorp en jou gemeenskap ook, of uit die landskap? Waar kry jy jou inspirasie?
Mense inspireer my. My brand is Namakwaland, so my stories is Namakwaland-stories. Ek het ’n storievertel-oor. Oral waar ek met Namakwalanders praat, is ek ingestel. Ek snuffel baie vinnig stories uit wat ek kan vertel en ek weet onmiddellik wanneer dit ’n goeie storie is. Ek lig ook baie vinnig goeie storievertellers uit. Soms vra ek toestemming by mense om stories te vertel as ek dit by hulle hoor, veral as dit hulle persoonlike storie is. Ek noem net nie name nie. Ek het al opgetree, dan kom mense na die tyd na my toe, omdat hulle die stories herken, veral as dit gaan oor familie of vriende. Dan lag ons almal lekker daaroor.
Jy is nou ’n rukkie lank weg van Stellenbosch af en weer in Namakwaland. Hoe het dit jou verander? Het jy klomp nuwe stories ingesamel? Hoe is dinge anders daarso as hier in Stellenbosch?
Ek het vyf maande gelede teruggetrek na my tuisdorp. Deels is dit ’n baie groot aanpassing, deels nie. Dit is anders as om net vir vakansie huis toe te gaan. Ek werk van die huis af. Dis lekker om vir ’n verandering na jare weer in my ouerhuis te bly. Ek mis Stellenbosch, my tweede huis, baie. Soms wens ek Komaggas en Stellenbosch was langs mekaar, soos twee verskillende vertrekke. Dan kon ek van die een na die ander stap wanneer die gemis te groot word. Die twee dorpe se leefwyse verskil hemelsbreed. Dit voel of ek twee verskillende lewens het wanneer ek tussen die twee pendel. Ek het nie as mens verander nie, my leefwyse het net verander.
........
Ek mis Stellenbosch, my tweede huis, baie. Soms wens ek Komaggas en Stellenbosch was langs mekaar, soos twee verskillende vertrekke. Dan kon ek van die een na die ander stap wanneer die gemis te groot word. Die twee dorpe se leefwyse verskil hemelsbreed. Dit voel of ek twee verskillende lewens het wanneer ek tussen die twee pendel. Ek het nie as mens verander nie, my leefwyse het net verander.
........
Ek was nog altyd ’n gemeenskapsmens, so ek het onmiddellik betrokke geraak in my gemeenskap. Ek het baie uitgemis op ons mense. Dis so lekker om weer ou bande op te tel. Ek het ook al ’n paar optredes in Namakwaland gehad en dis net die begin. My optredes en produksies gaan voort. Niks het verander nie. Ek kom en gaan soos my besprekings, optredes, produksies, televisie-opnames my toelaat. Ek is nog steeds betrokke by OppieStoep. Ons het onlangs weer ’n opname gedoen. En ek is nog steeds die redakteur van The Stellenbosch Magazine. Dit bly ’n leerskool en ons vat dit stadig. Ons het onlangs ons eerste aanlyn uitgawe bekend gestel. Dit verbind my ook met Stellenbosch en sy mense, wat eintlik ook my mense is. Ek kry ook nou weer geleentheid om nuwe stories te versamel. Namakwaland is my hartland en my hartsmense. Oral waar ek gaan, dra ek hulle saam met my. Namakwalanders inspireer my. Dit maak my nie minder lief vir my hartsmense wat nie van Namakwaland is nie. Ek sal altyd daarna streef om Namakwaland se naam hoog te hou.
Koop kaartjies om na Oesie meense te kom luister.
Lees ook:
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 en binnekort op kykNET: Appels en tee
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Kruger en Tutu: Wit, swart en volkleur serenades – ’n foto-essay
Toyota Stellenbosch Woordfees: Wie gaan die munisipale septers swaai na 2026?

