Poësie
Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.
Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
- ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read poetry by established and emerging poets.
If you would like to submit your poetry, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published poems.
- The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Wêreldskrake
2023-11-30"Vriende, familie loop voor
Sing jy nog ooit in die koor
Nuuskierigheid breek deur die muur
Vra hulle
Waarmee is jou siel versier"
Blom op my graf
2023-11-23"my hart sal ’n grafblom nooit
kan waardeer nie
en my toe oë sal dit nooit kan sien nie"
Ek hunker na woorde
2023-11-16"tog is die wind genadig
soos die God van die Bybel
wat nie die riet sal breek
of die lamp se pit sal uitblus nie"
Spreekbeurt
2023-11-16"Praat, ’n geleentheid
’n kans om die stilte te ruk
sê wat bedoel word
forseer die oor om te sluk"
Woorde
2023-11-16"Ek het destyds gelees die water is troebel gemaak
sodat jy moet dink dit is diep."
Die besoek
2023-11-16"'Nee wat, dit gaan maar aan,' praat die man.
'Dinge gaan gou verander, jy sal sien,' sê ek."
As gister so uitspoel
2023-11-09"toe ons verlore was
op die oop rowwe see
in ’n baie klein bakkie
wat gelek het met een riem"
Die grootste skrik
2023-11-09"Ek het aandagtig geluister
hoe hy sy hart uitstort
In ’n stadium het ek
so kwaad geword ..."
Highway to hell
2023-11-02"Hy gee my ’n suit,
maar ek is nie by dit nie.
Ek gat somme in my sweetpak."
Universiteit
2023-11-02"terwyl ons agter blink glas
gierig ons hande opsteek
want ons
(die uitverkorenes)
ons ken die antwoorde"
Het jy?
2023-11-02"het jy toe jou pot van goud
kon vind, my lief?
het jy jou elke wens gekry?
jy hét immers elke golf gery."