Die hawemuur

  • 0

Foto: Canva

Die hawemuur

Vanoggend staan ek
hier op die hawemuur.
Vroegdag.
Die visskuite is al uit
see toe –
die vis byt,
die mens doen
wat hy moet.

Ek staan hier,
terwyl gedagtes my waai
deur jare se herinneringe
van baie visvang –
om soms niks te vang nie.
Ander kere ongeluk –
die see gee
en die see neem.
Watergrafte van baie.

Kere waar my dood
my misgeloop het –
dit was nie my tyd nie.

Die oggendluggie is koel,
vars,
my gedagtes ook.
Al pla die spinnerakke
terwyl tyd uitloop
uit die uurglas.

Ek sien met berusting uit
om my Skepper te ontmoet,
weer te ontmoet –
want ek kom
van Hom.

Hy het my gevorm
uit stof en klei,
met sy vingers
my oë aangeraak
toe Hy my
in verdorwenheid gevind het,
sodat ek weer kon sien.

Hier op die hawemuur
staan ons twee vanoggend –
Hy en ek.

Ons staar na die see
sonder ’n woord,
want alles
is reeds gesê.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top