Leeskringe

Behoort jy aan ’n leeskring in Suid-Afrika? 
Stuur jou leeskring-besonderhede, bydraes, foto’s van byeenkomste of boekbesprekings aan leeskring@litnet.co.za.

Sons of mud deur Johan Vlok Louw: ’n leeskringbespreking

Izak de Vries Leeskringe 2023-12-04

"Diegene wat ’n literêre interteks soek om Jesaja 57:21 mee te verstaan, lees gerus Etienne van Heerden se kortverhaal 'My Kubaan' uit die bundel met dieselfde titel. Baie mense kan steeds nie rus vind na die Grensoorlog nie."

Leeskringresensie: I am Ella: a remarkable story of survival, from Auschwitz to Africa deur Joanne Jowell

Heidi Hamman Leeskringe 2023-11-10

"En die Ella wat van Warskou gekom het en in Brakpan haar lewe kom maak het, praat ’n bietjie Afrikaans! Sy noem haarself ’n boeremeisie en verklaar uitbundig hoe mal sy oor haar lewe in Brakpan was."

Raka deur NP Van Wyk Louw: ’n leeskringbespreking

Chris van der Merwe Leeskringe 2023-09-19

"Dit is goed dat leeskringe hul nie beperk tot die nuutste publikasies nie; klassieke tekste mag nie vergeet word nie. Raka is so ’n klassieke Afrikaanse literêre teks, ’n hoogtepunt in die Afrikaanse letterkunde."

Roman deur Cas Wepener: ’n leeskringbespreking

Chris van der Merwe Leeskringe 2023-07-20

"Dit bevat fassinerende stories, boeiende karakters en prikkelende insigte, op ’n meesterlike wyse in die struktuur van die roman geïntegreer."

44X4: fotoberig van die 2023 Gesamentlike byeenkoms van Pretoriase leeskringe

Monica Hammes Leeskringkamer 2023-06-13

"Jan van Tonder het ons bekoor tydens sy gesprek met Phyllis Green oor Sagie se storie. Die Jakaranda Leeskring het die funksie gereël met Cecilia Penzhorn aan die spits. NB-Uitgewers het die sprekers geborg."

Na die geliefde land deur Karel Schoeman: ’n leeskringbespreking

Chris van der Merwe Leeskringe 2023-05-24

"’n Sentrale vraag is hoe om te reageer op ’n tyd van radikale verandering, op die uitdagings van ’n krisistyd."

Jan van Tonder besiel Pretoria-leeskringlede

Mimie de Vries Leeskringe 2023-05-08

"Met Covid-ontwrigting voorlopig iets van die verlede, is Pretoria se jaarlikse gesamentlike leeskringbyeenkoms weer vanjaar aangebied met die swier wat in die verlede kenmerkend was van dié geleentheid. Dié uithalergeleentheid het plaasgevind op 6 Mei."

Uitnodiging: Gesamentlike leeskringbyeenkoms, Pretoria 2023

LitNet Leeskringkamer 2023-04-21

Alle belangstellendes word uitgenooi na die gesamentlike leeskringbyeenkoms op 6 Mei in Pretoria. Bespreek sommer vandag nog jou plek!

Uitnodiging: Gesamentlike byeenkoms vir Pretoriase leeskringe

LitNet Leeskringe 2022-10-17

Alle belangstellendes word uitgenooi na die gesamentlike byeenkoms vir Pretoriase leeskringe op 5 November 2022 in Hartbeespoort. Die gasspreker is Danie Marais.

Eugene deur Kirby van der Merwe: ’n leeskringbespreking

Chris van der Merwe Boeke en skrywers 2022-08-31

"Dit was 23 jaar gelede dat Kirby van der Merwe se debuutroman, Klapperhaar slaap nie stil nie, verskyn het. Ons het lank gewag vir sy tweede roman, Eugene, en ons is met hierdie pragtige werk beloon. Dit bevat ’n uiters geloofwaardige uitbeelding van mense en plekke, van die mense van die ghetto’s sowel as die aktiviste van Hillbrow."

Voortvarend op die Narreskip

Monica Hammes Leeskringkamer 2022-07-05

"Dis nie aldag dat ’n leeskring Ilse Salzwedel se Skrywers en boeke kan voorspring nie, maar dit het Jakaranda Leeskring te beurt geval toe Johan Myburgh op 8 Junie met ons oor sy nuwe bundel, Narreskip, gesels het."

Kompoun deur Ronelda Kamfer: ’n leeskringbespreking

Chris van der Merwe Leeskringe 2022-05-19

"Xavie het gelyk. In die taal van Kompoun het vroue wat stilweg ly, ’n stem gekry; ontwortelde mense het, deur die vertel van hul storie, ’n nuwe betekenis ontvang, en hul taalgebruik ’n vars erkenning. Met haar debuutroman het Ronelda Kamfer die Afrikaanse prosa verryk en verruim."

Aanspreeklikheid deur Jaco Fouché – ‘n verhaal oor verhale

Chris van der Merwe Leeskringe 2022-02-09

"Jaco Fouché se Aanspreeklikheid is ’n komplekse, diepsinnige, fassinerende boek – uiters geskik vir bespreking deur leeskringe. Die tema van aanspreeklikheid is besonder relevant vir ons tyd; dit betrek nie net die hoofkarakter nie, maar raak ook aan die plig van skrywers en die verantwoordelikheid van lesers."

Persverklaring: Kursus vir leeskringe

LitNet Boeke en skrywers 2021-10-21

Die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands bied van 10 tot 12 November 2021 onder leiding van Louise Viljoen ’n kursus vir leeskringe aan met die oog daarop om hulle in staat te stel om Afrikaanse literatuur met insig te lees. Hier is nog inligting.

Kantaantekeninge oor Lien Botha se Vin

Jonathan Amid Leeskringe 2021-08-18

"Vin se verhaal is eenvoudig onvergeetlik; Botha se woorde is vlamme op water."

Die heelal op my tong deur Anoeschka von Meck: ’n leeskringbespreking

Chris van der Merwe Leeskringe 2021-06-29

"Anoeschka von Meck het ’n hele wêreld in woorde geskep met Die heelal op my tong."

Mabel sou trots gewees het: ’n fotoberig van die 2021-byeenkoms van Pretoriase leeskringe

Monica Hammes Leeskringkamer 2021-06-15

"Na 80 jaar bestaan daar 18 leeskringe in Pretoria en kuier ons steeds een maal per jaar saam met ’n bekende skrywer of twee. Soos op 15 Mei 2021 toe Erika Theron met Francois Smith gepraat het oor Die kleinste ramp denkbaar en Phyllis Green Irma Venter oor haar S-reeks uitgevra het."

Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden: ’n leeskringbespreking

Chris van der Merwe Boeke en skrywers 2021-02-17

"’n Biblioteek is ’n simbool van die kunste, in sonderheid van die literatuur, as argief van ’n tyd en ook van die tydlose. Iets van hierdie droom word inderdaad verwesenlik in Die biblioteek aan die einde van die wêreld, wat soveel deernis en begrip in die karakterisering vertoon; dis ’n roman wat die volle werklikheid betrek – littekens en liefde, misdaad en verset."

Literaal: Registreer hier vir ons internasionale boekklub

LitNet Leeskringe 2020-09-28

Literaal is ’n lit nuwe boekklub wat landsgrense oorsteek en wil brûe bou tussen lesers van Suid-Afrika, Nederland en België. Die eerste gesprek  vind op 1 Oktober om 16:00 plaas op Zoom.

Ons erfenis: Internasionale boekklub soek naam

LitNet Skole 2020-09-21

Lesers wat belangstel in letterkunde wat die grense oorspoel, of wat graag deur die blaaie van boeke wil reis, word genooi om te deel ’n boekklub wat geskep word om jonger lesers in Suid-Afrika bekend te stel aan Nederlandstalige boeke. Ons soek ook ’n naam vir dié klub.

Top