Soos daardie kriekettelling, 83 nie uit nie, aandui, is ons nie uitgeboul deur Covid of die kwynende leeskultuur nie. Ons kan nog lank aanhou: 2041 is in sig.
Hierdie prestasie sal nou nie op die radar van ons geagte minister van sport en kultuur registreer nie, maar dit bly merkwaardig en is iets om op trots te wees. Sedert 1941 kom die leeskringe van Pretoria (en omgewing) jaarliks bymekaar om gedeelde leesplesier te vier.
Willie Burger het met ons gesels na aanleiding van die vraag: “Hoekom maak skrywers hulle stories soms so ingewikkeld?” Dit was ’n treffer en die algemene versugting was om die lesing weer rustig deur te lees. Nie net vir ons Pretorianers nie, maar die hele land se leeskringe kan dit nou hier op LitNet lees.
Nathalie Roué en Dillon Davie, twee van ons voorste klassieke kitaarspelers, het ons vergas op mooi musiek.
Gertina van Schalkwyk en Johan Talma het rede om so tevrede te lyk. Hulle het baie lof ontvang. Soos hierdie woorde van Gina Malherbe: “Baie dankie vir ’n héérlike, ontspanne en puik georganiseerde gesamentlike leeskringbyeenkoms. Die tafelplasings het uitstekend gewerk! En weer ’n goeie inspuiting van kennis oor lees by ’n aantreklike man gekry.”
Johan was sedert 2019 die koördineerder van Pretoriase leeskringe. In 2025 gaan Gertina by haar oorneem.
Anders as vorige jare het ons om tafels gesit en kuier, nuwe vriende gemaak en heerlik gesmul aan die verversings wat die Moreleta Leeskring voorgesit het. Desiree Smit, Mariaan Ueckermann, Ansie Swartz, Yvette Bezuidenhout, Lorette Marais, Elri Schoonbee en Susan Smit was deel van die span.
Ronelle Oosthuizen, Selma du Preez, Sylvia Oosthuizen, Marie Weideman, Elma van den Berg en Susan Wilsenach
Betsie Faulhaber, Mimi de Vries en Isabel van Niekerk saam met Gus de Villiers
Yolandé van Tonder en Ina van der Walt
Sunette Hugo en Wina Cameron
Susan Swanepoel en Karien Mostert
Eleine Roets, Alida Mennen en Karien Louw. Karien se moeder, Rina Barrie, en skoonmoeder, Dot Louw, was lede van die Mabel Malherbe Leeskring in die vyftiger- en sestigerjare en het waarskynlik so ’n geleentheid beleef.
Marie Meintjes en Wina Jessen
Leoné Tiemensma, Cecilia Penzhorn en Lalamarie Human
Huma Louw en Gertina van Schalkwyk
Sterna Menge
Anitra Schultz en Annemarie Wiese
Elsa van Zyl-Smit, Dioné Prinsloo, Irene Harms, Linda Zöllner, Ina van Schalkwyk en Erika Theron
Gerrit en Cina Myburgh
Elmari Dreyer en Jentina Louw
Elma van den Berg het van Bela-Bela en Susan Wilsenach van Kemptonpark af gekom.
Yolanda Burger, Sarie Moolman, Rina Owen en Johan de Nysschen
Elize Schoeman, Bets Serfontein, Inke van Wyk, Linda van der Nest en Loïs Markram
René Hanekom gesê: “Dit is ook die eerste keer dat ek met dames van ander Leeskringe gesels. Vorige kere het ek geluister, tee gedrink en huiswaarts gekeer. Dit het ek geniet maar hierdie konsep om by ’n tafel te sit was besonders.”
Graffiti Boeke het soos gewoonlik ’n boekwinkel opgeslaan vir die geleentheid. Retire at Home en Plus 50 was die ander borge. Hilda Kriel, Leonie van Rensburg, Isabel le Roux, Antonio Canton, Monica Hammes en Angelique van der Zee van Retire at Home.
Aggie Calitz-Jordaan van Plus 50.
Leonie van Rensburg, Isabel le Roux en Antonio Canton van Graffiti.
Ida Nel en Corlia Reitmann is geïnspireer vir hulle Januarie-besprekings. Ja nee, niks gaan soos vroeër wees nie en ons kan almal uitsien na interessante boekgesprekke in die nuwe jaar.
- Foto’s: Amanda Talma en Elize Parker
Kommentaar
Besonder ingelig, oopkop en uitermate geïnteresseerd - as spreker is dit my ervaring van die vroue van die Pretoriase leeskringe. En hoe lekker is dit nie om verskeie bekende gesigte op Amanda Talma en Elize Parker se foto's te sien nie!
Pragtige foto's. Baie dankie. Dit was heel besonders. Dankie Johan en Gertina.