
Op hol met Nini Bennett-Moll se heerlike artikel op Versindaba
2023-12-01"Word skoliere nog genoegsaam op skool voorberei om nie net verstrooiingslektuur te lees nie, maar ook meer ingewikkelde, literêre romans en poësie? Wat is die situasie by universiteite? Wie is die volgende Louise Viljoen? Gaan Jean Meiring weer terugkeer? Is koerante en tydskrifte nog die teelaarde vir kreatiewe skryfwerk?"

Maak Staphorst hom skuldig aan ’n mate van die jolige jargoneske?
2023-10-26"Ek weet julle gaan nou almal dadelik die artikel lees, so ek gaan julle nie belas met my interpretasie of gebrek daaraan nie. Ek gaan dit net vir julle makliker maak met die opmerking dat niks in die wêreld der lettere verander het nie."

Une vie heureuse
2023-10-05"Ek het simpatie met Joan Hambidge wat só ’n verdoemende resensie moet verwerk. Miskien spoor dit haar aan om te bewys dat sy ’n verhaal kan vertel sodat ons aan elke woord sal hang."

In die keuse lê die kluts
2023-09-01"Ek kan nie verstaan hoekom kykNET nie self begin reekse maak uit Afrikaanse romans nie. Van Rensburg se Hans verdien meer as net een rolprent. En wat van ’n reeks oor Chris Karsten se Abel Lotz-stories? Of Marie Lotz se Alek Strauss-sage?"

Venter die taalsmid
2023-08-10"Ek’s terug van siekteverlof. Dis al wat julle hoef te weet. Lekker baie tyd gehad vir dink. En wat ek dink, is dat dit geweldig vervelend is om net oor resensies te skryf. Crito se visie is soveel groter, al druis dit heeltemal teen my nederige aard in om so iets te erken."

Die wenners van ’n aantal Crito-pryse word aangewys
2023-08-01Crito, LitNet se resensent van resensente, het weer ’n aantal wenners aangewys vir lesersindrukke gelewer van Februarie tot Junie 2023. Elke wenner sal R1 500 ontvang.

’n Gedenkwaardige resensie
2023-06-13"Johann Kriegler se resensie van Truth to power (Rapport Boeke) is sonder vrees van teenspraak die belangrikste boekresensie wat in baie jare in Suid-Afrika verskyn het, bestem om in die jare en dekades wat kom, in dieselfde asem as Eskom en De Ruyter genoem te word."

Simpatie en meelewing
2023-06-01"Dis nie nodig om taal met spiere in te span nie. Wel taal waarin ’n stil, intieme aanvaarding baie voelbaar is."

My liefste Wyk
2023-04-20"Wat dink jy, Wyk, het volgende gebeur? Nee, jy’s verkeerd. Niemand het die kwellings wat Oosthuizen geopper het, gebruik as snellers vir ’n intellektuele gesprek nie. Almal het die ad hominem-roete gevolg. Slaat plat die man wat durf waag om oor geloof na te dink. Weg met Julian Müller! Verbrysel sy skedel en byt hom aan die hakskeen."

My gebede is verhoor
2023-04-14"Uit die LED-verligte collegium van akademia tree een van die jonger Afrikaanse akademici na vore met ’n resensie wat my tanende belangstelling in Afrikaanse boekresensies ’n 180-grade-rigtingverandering laat maak: Marni Bonthuys. Sy skryf vir LitNet oor Ver in die wêreld, die boek wat Frederik de Jager saamgestel het oor ekspat-Suid-Afrikaners se ondervinding van die lande waar hulle tot ruste gekom het nadat hulle om welke redes ook al pad gegee het uit hul geboorteland."

Omdat hy kán
2023-03-24"BEE, of SEB, is ’n onderwerp wat in ’n koerant met Afrikaanssprekende lesers nie dieselfde aanklank sal vind as foto’s van Eben Etzebeth se troue nie. ’n Resensent weet hy gaan iets anders moet doen met só ’n onderwerp."

Gladnietrap
2023-03-10"Wat gaan van daardie titels word? En die 'vergete' werke van ander skrywers? Gaan ons die werk van vorige geslagte van skrywers, uitgewers en akademici maar laat gaan?"

’n Ma se soen
2023-02-17"Dis goed dat Boeke24 saam praat in die gesprek oor die groot kanonne, maar liefs nie op hierdie manier nie."

Kanker
2023-02-02"Ek kan nie tong-in-die-kies oor hierdie resensie skryf nie. Té naby aan die huis."

Die tweede wenner van die R1 500-prys
2023-01-24"Enige joernalis kan beaam dat as mens moeilikheid wil soek, jy dit die maklikste sal regkry deur oor godsdiens te skryf, en spesifiek ’n wenkbrou te lig oor die aard en relevansie van die Bybel vir die moderne leser."