My gebede is verhoor
2023-04-14"Uit die LED-verligte collegium van akademia tree een van die jonger Afrikaanse akademici na vore met ’n resensie wat my tanende belangstelling in Afrikaanse boekresensies ’n 180-grade-rigtingverandering laat maak: Marni Bonthuys. Sy skryf vir LitNet oor Ver in die wêreld, die boek wat Frederik de Jager saamgestel het oor ekspat-Suid-Afrikaners se ondervinding van die lande waar hulle tot ruste gekom het nadat hulle om welke redes ook al pad gegee het uit hul geboorteland."
Omdat hy kán
2023-03-24"BEE, of SEB, is ’n onderwerp wat in ’n koerant met Afrikaanssprekende lesers nie dieselfde aanklank sal vind as foto’s van Eben Etzebeth se troue nie. ’n Resensent weet hy gaan iets anders moet doen met só ’n onderwerp."
Gladnietrap
2023-03-10"Wat gaan van daardie titels word? En die 'vergete' werke van ander skrywers? Gaan ons die werk van vorige geslagte van skrywers, uitgewers en akademici maar laat gaan?"
’n Ma se soen
2023-02-17"Dis goed dat Boeke24 saam praat in die gesprek oor die groot kanonne, maar liefs nie op hierdie manier nie."
Kanker
2023-02-02"Ek kan nie tong-in-die-kies oor hierdie resensie skryf nie. Té naby aan die huis."
Die tweede wenner van die R1 500-prys
2023-01-24"Enige joernalis kan beaam dat as mens moeilikheid wil soek, jy dit die maklikste sal regkry deur oor godsdiens te skryf, en spesifiek ’n wenkbrou te lig oor die aard en relevansie van die Bybel vir die moderne leser."
Rabe versus Koorts: Wat staan ’n vrou nou te doen?
2022-12-14"Twee dae nadat Rabe my bloed laat bruis het, kom Lindie Koorts in Rapport en krap my gedagtes heeltemal deurmekruis."
Waar is die syfers?
2022-12-01"’n Sportheld soos Faf du Plessis kry een kans om oor sy hele loopbaan te skryf, en dan is hy dit aan die nageslagte verskuldig om ruim voorsiening in die boek te maak vir statistieke en inligting uit Wisden en Cricinfo."
Die eerste Crito-prys vir Lesersindrukke word aangekondig
2022-11-30"Dit was interessant om te kyk na die ingesonde resensies, en agterna ’n gevoel van opgewondenheid oor te hou. Ek het waardering vir die manier waarop Maryke Roberts en Stefaans Coetzee hul resensies aangepak en gestruktureer het, asook vir die reaksie uit die hart deur Anne-Marie Burger oor die opspraakwekkende boek Hoerkind."
Ongevraagd
2022-10-31"Ek brand van nuuskierigheid om te sien wie anders hul hande aan resensies oor hierdie boek gaan waag."
Om die onsigbare raak te sien
2022-10-14"Kyk, as Hambidge diep gaan, dan raak jy intiem bewus van jou tekortkominge as logiese negativis."
Blik na buite
2022-10-06"Gedagtig aan literatore se wydse belangstellings en skunnige behoefte aan venting het ek besluit dat Crito se visie terstond meer katoliek word. Kroonwild, pappie. Ek hou my swepies byderhand vir die resensies."
Crito reageer op Bettina Wyngaard
2019-10-09"Ek stem met Bettina Wyngaard saam oor die doel van resensies. Crito se resensiejoernaal het tot stand gekom juis om ’n wakende oog te hou oor resensente wat nie binne daardie bane werk nie – asook om goeie resensente verder aan te moedig."

