Seminare en essays

Webseminare, essays en gesprekke oor aktuele sake.
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.

Willie Burger oor boekresensies, beïnvloeders en die boekebedryf

Willie Burger Seminare en essays 2023-12-04

"Een belangrike aspek van resensies is dat dit nie alleen iets oor die boek sê nie, nie slegs ’n positiewe of negatiewe oordeel hoef uit te spreek nie, maar dat dit as ’n eie stukkie skryfwerk stimulerend behoort te wees, dat dit na aanleiding van die geresenseerde boek iets oor ons wêreld sal kwytraak wat dit selfs vir die persoon wat nooit die boek gaan of wil lees nie, betekenisvol kan maak om die resensie te lees."

’n Oorsig oor die Jakes Gerwel-gedenklesing 2023 | About the Jakes Gerwel commemoration lecture 2023

Paul Kammies Seminare en essays 2023-11-30

"Na ’n kort video waar vorige fellows express’et hoe Paulet Huis hul lewens fundamenteel verander het, het dr Sooliman aanlyn byrie geleentheid aangesluit. ’n Opportune oomblik. Sy lesing was soaked innie betekenis van geloof en spiritualiteit."

Eyeless in Gaza

David Willers Opinion 2023-11-29

"The grim reaper is everywhere to be seen as these tragic events unfold. Beyond the rights and wrongs, the claims and counter-claims, this war, like all wars, has already resulted in the deaths of thousands of non-combatants ..."

Die transformatiewe reis ná veragtering: vervangende regerings in die plek van die regime

Koos Malan Seminare en essays 2023-11-29

"Die huidige ANC-regime ly, soos in ’n vorige bespreking verduidelik, konstant verlies van regeermiddele en regeer gevolglik oor al hoe minder."

In die beeld van die Skepper: ’n kykie in die toekoms van Kunsmatige Algemene Intelligensie (KAI)

Sidney Gilroy Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2023-11-28

"Terwyl ChatGPT uitblink in die genereer van reaksies gebaseer op bestaande data, gaan Q* verder deur ’n vermoë te toon om logies te redeneer oor abstrakte konsepte en om onafhanklik oplossings te skep."

Skei of bly – die impak van hoë konflik in langtermynverhoudings

Louis Awerbuck Seminare en essays 2023-11-28

Die feesgety is vir baie mense ’n tyd van samekoms. Vir sommiges is dit ’n tyd van vreugde. Vir andere beklemtoon gesins- of familiegeleenthede die klowe wat bestaan. In hierdie artikel skryf Louis Awerbuck, na aanleiding van ’n onlangse akademiese artikel, oor hoëkonflikverhoudings en egskeiding.

Jan Rabie-Marjorie Wallace-gedenklesing 2023: Die onsigbare vrou met die veerpen in die hand: “Ich bin die Frau von gestern”

Valda Jansen Seminare en essays 2023-11-23

"Ek word soms ook behandel asof ek ’n variant is; asof ek ’n variant van ’n taal praat; asof ek ’n variant van ’n mens is. Maar hulle misgis hulle."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Video-opname van gesprek oor die vertalings van Faust en Reinaard die vos

Johann Rossouw Seminare en essays 2023-11-23

Hierdie is ’n video-opname van Johann Rossouw se gesprek met Robert Schall en Henning Pieterse oor hul onderskeie vertalings van Faust en Reinaard die vos. Dit vorm deel van die Johann Rossouw-gespreksreeks.

’n Korpusgedrewe benadering tot taalonderrig in Afrikaans

Michele van der Merwe Seminare en essays 2023-11-16

"Die term korpus beteken letterlik 'liggaam', en op die gebied van taalstudie verwys korpus tipies na ’n 'body of texts', ’n versameling van tekste. ’n Korpus is elektronies beskikbaar en kan uit miljoene gesproke en geskrewe woorde bestaan. Dit bevat outentieke taalgebruik en weerspieël dus werklike taalgebruik van taalgebruikers."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: "Die hede en die toekoms volgens Michel Houellebecq"

Johann Rossouw Seminare en essays 2023-11-10

Die Franse filosoof en romansier Olivier Rey bied ’n oorsig van die werk van Houellebecq, in Afrikaans vertaal deur Johann Rossouw: "Is suiwer vernietiging aan die uiteinde van die Westerse doodloopstraat dus al perspektief wat oorbly? In van sy ander romans word verskillende ander uitweë voorsien."

Wie mag skeppend skryf?

Cas Wepener Seminare en essays 2023-11-08

"Die skrywer se vel is ’n chiasme tussen hom en die wêreld. Dit is deur sy vel dat die wêreld aan hom vat en dit is deur daardie selfde vel dat hy op sy beurt met sy pen en woorde aan die wêreld vat."

Pelgrimspsalms: Opskud, die pad is steil en ver

Cas Vos Seminare en essays 2023-11-07

"In ons dag dui Meseg en Kedar op chaos, wanhoop, kommer, waansin, magteloosheid en korrupsie. ... Op 7 Oktober 2023 het die Palestynse Hamas ’n lewensvernietigende aanval op Israel geloods (Netwerk24)."

Antimoon: potensiaal versus toksisiteit

Handré Brand Seminare en essays 2023-11-01

"Die vraag of Suid-Afrika die produksie van antimoon volstoom behoort te hervat, kom neer op ’n tipiese tweesnydendeswaardkwessie."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Notas oor die tragedie van Israel en die Palestyne

Johann Rossouw Seminare en essays 2023-11-01

"Wanneer ’n kollektief voldoende ontwrig is, soos wat die geval tans met beslis die inwoners van Gaza, die Palestyne in die algemeen en die Israeliese burgery is, versprei demoniserende sieninge van die ander party soos ’n onstuitbare koors deur gemoedere."

Is Afrika steeds vir die VSA van strategiese belang?

Theo Neethling Seminare en essays 2023-10-27

"Vir China is Afrika uiteraard van besondere belang vanweë die minerale hulpbronne wat nodig is vir die groei van die Chinese ekonomie, maar waarom sou die VSA steeds belang by Afrika hê en deur Agoa handelsbande met Afrikastate bly bevorder?"

Wêreldrugbybeker, reklame en spel

Hercules Boshoff Seminare en essays 2023-10-27

"Groot opwinding heers oor die Wêreldbekertoernooi wat nou sy laaste fase betree. Dit belig, te midde van soveel plaaslike en internasionale probleme, weer eens die 'aardigheid' van spel, om aan te sluit by Johann Huizinga se werk Homo Ludens ('die spelende wese')."

DJ Opperman-gedenklesing: DJ Opperman gelees teen die agtergrond van die “nuwe”

Jean Oosthuizen Seminare en essays 2023-10-26

"Elke nuwe leser of nuwe geslag lesers sal ’n eie opvatting van wat aktueel, relevant en boeiend is, na die lees van Opperman se tekste bring." Dit is teen hierdie agtergrond dat Louise Viljoen vanjaar die driejaarlikse DJ Opperman-gedenklesing in Stellenbosch gelewer het.

Die 2024-verkiesing: Is ’n Suid-Afrikaanse Lente op pad?

André Duvenhage Seminare en essays 2023-10-25

"Die status quo is nie volhoubaar nie en die vraag is nie of daar verandering gaan wees nie, maar eerder watter vorm dit gaan aanneem; watter tydsraamwerk ter sprake is, en veral wat die regerende elite se reaksie op ’n potensieel verswakkende situasie gaan wees. Dit maak die 2024-verkiesing die belangrikste verkiesing sedert die totstandkoming van ’n nuwe grondwetlike bedeling."

Miniseminaar oor strukturele rassisme

Bettina Wyngaard Seminare en essays 2023-10-24

"Rassisme  is nog steeds so Suid-Afrikaans soos braaivleis en boerewors, want daar is sisteme en strukture wat dit in stand hou."

LitNet se miniseminaar oor strukturele rassisme

LitNet Seminare en essays 2023-10-24

LitNet het romansier en LitNet-rubriekskrywer Bettina Wyngaard genooi om ’n aanlyn miniseminaar oor strukturele rassisme aan te bied. Sy het Ingrid Jones, Loretta Feris, Siya Khumalo, Mervyn Sloman en Christi van der Westhuizen genader om deel te neem. Hier volg Wyngaard se inleidende opmerkings, sowel as die deelnemers se menings.

Top