Seminare en essays

Webseminare, essays en gesprekke oor aktuele sake.
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.

TK-lesing 1 (deel 2): AWS 1 tot 11 – ’n tydlyn

Fred Pheiffer Seminare en essays 2024-06-04

Aspekte van die normering van Afrikaans staan in wisselwerking met aspekte van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Elk van die Taalkommissies wat sedert 1917, ononderbroke, vir reeds 11 AWS’e verantwoordelik was, het hulle AWS in ’n veranderende wêreld opgestel. As deel van die eerste lesing in die Taalkommissie se onlangse reeks van vyf het Fred Pheiffer ’n kort oorsig van belangrike gebeurtenisse gegee wat op verskillende uitgawes van die AWS hulle tekens gelaat het.

TK-lesing 1 (deel 1): Geskiedenis van die Taalkommissie en die AWS

Jana Luther Seminare en essays 2024-06-04

In hierdie eerste uittreksel uit ’n reeks lesings wat die Taalkommissie in April en Mei 2024 aangebied het, belig Jana Luther kortliks die omstandighede wat tot die byeenroep van die eerste Taalkommissie en die publikasie, in 1917 en 1918, van die eerste twee uitgawes van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) gelei het.

Mynwater en –rehabilitasie: enkele opmerkings

Handré Brand Seminare en essays 2024-06-04

"Waterbesoedeling deur metaalmyne neem dus nié noodwendig spontaan af in die dekades na hulle sluiting nie. Hierdie waarneming behoort ’n wekroep te wees vir die bedryf en die tersaaklike staatsdepartemente om voorkeuraandag aan mynassessering en -rehabilitasie te gee."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor die Afrikaner Verklaring

Johann Rossouw Seminare en essays 2024-05-27

"Nie net was daar selfs tydens die opkoms en hoogbloei van Afrikaner-nasionalisme onder Afrikaners wisselende grade van verbintenis tot dié projek nie, maar selfs al kom jy uit ’n familie wat nie daardie sterk verbintenis gehad het nie, kan jy nie net eenvoudig van daardie identiteit wegstap nie."

Sosiohidrologie: menslike interaksie en waterstelsels

Handré Brand Seminare en essays 2024-05-27

"Hidrologie is die studie van die beweging en verspreiding van water. Sosiohidrologie fokus op die komplekse verhouding tussen menslike interaksie en waterstelsels. Beide sosiohidrologie en hidrososiale teorie, wat albei uit hidrologie ontwikkel het, kry erkenning op grond van die klem wat geplaas word op die rol van sosiale faktore in fisiese prosesse."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: ’n onderhoud rondom The near north

Johann Rossouw, Ivan Vladislavić, Rick de Villiers Seminare en essays 2024-05-16

Hierdie is ’n video-opname van Johann Rossouw se gesprek met Rick de Villiers en Ivan Vladislavić oor The near north, Ivan Vladislavić se mees onlangse boek.

The Z factor in KZN and the elections

Paul Murray Opinion 2024-05-15

"Not only does Zuma challenge the ANC politically, but he also claims its heritage."

South Africa: The triumph of capitalism in a country too big to fail

David Willers Opinion 2024-05-15

"Thirty years of democracy has eased the strained relations between the races of the apartheid years. There is a spontaneity, humour and verve in public life, in the shops and eateries, which is very refreshing to any outside visitor."

Black Economic Empowerment vis-à-vis Sustainable Development Goals: a (mainly) water and sanitation perspective

Chris Heymans Opinion 2024-05-14

"Even the water sector reform after the political transition of 1994 has largely stuck to the direct municipal WSS delivery model from the apartheid era. A major difference, though, is that post-apartheid municipalities took on responsibility for service delivery in areas that had never been as well connected and managed as the previous white-only areas. This still hinders the bridging of these gaps."

Is Die Burger die nuwe Son?

Johannes Froneman Seminare en essays 2024-05-14

"Gegewe die stryd wat koerante vandag het om lesers te behou, is dit seker nie onbillik om te vra of ’n vorm van populisme nie dalk noodsaaklik is nie. Maar dan ’n etiese populisme. Of sal dit ’n oksimoron wees?"

Die vierde Suid-Afrikaanse kinderboekfees: ’n oorsig

Magdel Vorster Kinderboeke 2024-05-09

"Ja, Darryl het ’n smorgasbord van skrywers en stories op hierdie trein gekry."

The diary of an election year: The junction of desperation

Mphuthumi Ntabeni Opinion 2024-05-03

"It is easy in South African politics to blame Zuma, the preterit king of the superfluous, while failing to understand that the fundamental root of our current problems is extreme inequality."

Waiting for water

Karen Jennings Opinion 2024-05-02

"I don’t have the answers or pretend that any of this is easy. Nor will I accept that the ANC inherited an immaculate country in 1994. There was a lot to address – many vast inequalities and systems which were already corrupt and unjust. But it is now 30 years later and there is no denying the fact that we should be much further along ..."

Gewaarwordinge van die eerste verkiesingsdag, 27 April 1994

Danie van Wyk Seminare en essays 2024-05-02

"Ek onthou dat daardie dag ’n koue en triestige dag in die Kaap was, maar dit het niemand teruggehou om hul kruisies te gaan trek nie."

Tweelingpsalms baan weg na gebed vir Afrika

Cas Vos Seminare en essays 2024-04-29

"’n Lewe volgens Psalm 112 beteken om in die wêreld te wees; om genadig en barmhartig teenoor ander te wees; om aan die lyding en ellende van die hulpeloses te help dra; om te stry vir menswaardigheid en geregtigheid; om dáár te wees vir die ander. Godsdiens is méér as net dogmas, rites en eredienste."

Africanis albus herbesoek: reaksie op die Afrikaner Verklaring

Ruhan Fourie Seminare en essays 2024-04-25

"Dat ons maaksels op hierdie kontinent is, kan nie ontken word nie, maar ons kan gerus skepties wees oor die funksie van aanspraak op hierdie Afrika-identiteit. Alle verbeelde ('imagined') gemeenskappe het ’n sterk verbeelde geskiedenis nodig."

The Israel-Gaza war – war or genocide?

Eben Coetzee Opinion 2024-04-16

"The word 'intent' is of paramount importance here."

Spermskenkergeboortes: deursigtigheid versus vertroulikheid

Handré Brand Seminare en essays 2024-04-11

"Die debat rondom openbaarmaking teenoor nie-openbaarmaking van mediese geskiedenisse aan nageslagte wat met behulp van spermskenkerinseminasie gebore word, is ’n komplekse en veelfasettige kwessie, met belangrike verbandhoudende etiese, sielkundige en wetlike implikasies."

Bruin wees in hierdie tyd: repliek op Jason Lloyd se artikel

Kelvin Knowles Seminare en essays 2024-04-09

"Wanneer die sisteem waarin jy jou bevind, ten spyte van ’n progressiewe grondwet, ook die onvermoë en gebrekkige politieke wil toon om daadwerklik die sosio-ekonomiese omstandighede van mense aan te spreek, kan mense nie blameer word as hulle hul plek in die 'nuwe' Suid-Afrika bevraagteken nie."

Die simfonie van silikon: Die impak van kunsmatige intelligensie (KI) op musiek

Burgert A Senekal Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2024-04-09

"Wie besit die kopiereg?"

Top