Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Gesprek met Jo Prins en Francois Bekker oor Johann en Jo se geestelike reise

  • 1

  • Johann Rossouw skryf ’n gereelde rubriek vir LitNet. Hier besin hy oor verskillende onderwerpe.

Zen? Boeddhisties? Christelik? In hierdie videogesprek praat Francois Bekker met Johann Rossouw en Jo Prins oor hul onderskeie en uiteenlopende geestelike reise.

Lees ook:

Ek skyn (heilig): Die invloed van godsdiens as sosiokulturele verwagting by die vorming van die juffrou-identiteit

Godsdiens en die reg: aktualiteit van ’n gesprek

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Wat die De Villiers-era aan die Universiteit Stellenbosch ons kan leer

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Trump en Suid-Afrika

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Charles Villet oor geweld en die postkoloniale in Suid-Afrika

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Van idealisme na realisme – hoe die Trump-omwenteling verstaan kan word

Oor ons trane, nou – en die mistiese groot trek

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Zirk van den Berg se Landuit want jy wil mos – oor gemeenskap, ontheemding en tuiste

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: onderhoud met Ullrich Kleinhempel oor die Indiese en Neoplatoniese bronne van die Ortodokse stilgebed

Geloof alleen. Reise deur die kerkhervormings: ’n onderhoud met André Pretorius

Reis deur die Bybel: 'n Resensie

Op OuLitNet: https://oulitnet.co.za/god/07godsdiens.asp

  • 1

Kommentaar

  • Barend vd Merwe

    Dit was interessant dankie. Maar ook 'n uiters frustrerende gesprek. Die tema is wel aangespreek, maar die subtitel skep die indruk dat die Boeddhisme in detail bespreek gaan word. Wat nooit gebeur nie. Sommige vrae is pertinent gestel maar nie geantwoord: Bv. Wat is die verskil tussen Zen en Boeddhisme?

    My siening oor al die dinge is soos volg. Nasionalisme en godsdiens is soos kultuur en akademie in desjare se radioadvertensie van die PUK, dit loop maar saam soos boude. En die menslike aard is om iewers op die politieke spektrum te verkeer. Op daardie spektrum is daar reaksionêres, behoudendes (ook bekend as konserwatiewes), gematigdes, liberale en radikales of te wel revolusionêres. Hierdie spektrum beïnvloed ook mense se benaderinge tot godsdiens. Sommige verander maklik van godsdiens. Ander stadig of nooit.

    Die Boeddhisme, soos elke ander godsdiens, het binne 'n bepaalde sosio-politieke konteks ontstaan wat daardie bepaalde gemeenskappe se behoeftes probeer aanspreek het. Binne ons eie konteks sien ek die Boeddhisme as 'n cop out vir baie Afrikaners wat nog nie volkome van gode afstand wil doen nie. Ek was self in my jonger jare baie geïnteresseerd in Boeddhisme en ek dink vandag nog steeds dat, met sy sogenaamde vier eerbare waarhede, het die Boeddha wel 'n aar raakgeboor. Die Afrikanerdom het egter 'n spesifieke god. Lees die Afrikanerverklaring van 2024. Natuurlik is daar groter vryheid vandag. Baie Afrikaners beweeg weg van die identiteit van Afrikaner. En beoefen ander gelowe. Maar die Christelike godsdiens is en bly die volk se eerste keuse. Deur Boeddhisme te kies, gooi jy nie godsdiens totaal weg nie, maar draai weg van die Chistelike godsdiens. Dit is vir baie mense 'n kompromis.

    Alles wat die mens ten opsigte van gode kan sê, is egter die keuses van mense. God is 'n konstruksie, dit is hoekom sommige kenners pleit dat die mens beter gode ontwikkel (julle verwys iewers in die gesprek juis na Karen Armstrong). In hierdie gesprek word die 'vrugte van die gees' byvoorbeeld baie beklemtoon. Dan word daar kritiek uitgespreek teen veral skole en onverdraagsaamheid in skole. Dieselfde Bybel wat ons egter leer van die 'vrugte van die gees', leer ons ook in die tien gebooie dat God 'n jaloerse God is wat 'onverdeelde trou' eis. Paulus skryf dat gelowiges nie saam met ongelowiges in dieselfde juk moet trek nie. Dit is wat die Bybel vir Christene leer. En daarmee saam: is Christene wat nie daarop uit is om andere te bekeer nie ooit werklik Christene? Of is hulle Calviniste? Is Calviniste werklik Christene? Die Bybel skets tog vir Jesus waar hy 'n duidelike opdrag gee: gaan dan na die nasies en maak die mense my dissipels.

    Die gesprek raak dus ook nie aan die probleem van die Bybel nie. Die Bybel skep eindelose kopsere.

    Die gesprek eindig ook met 'n opmerklike teenstrydigheid. Ons word vertel van die G-kol (die God-kol) in die mens se brein. Wat daarop neerkom dat die mens geneties geprogammeer is om in gode te glo. Net om dan amper in dieselfde asem te hoor dis 'moeilik om te glo'. Die sprekers weerspreek mekaar dus, sonder om verder daarop uit te brei. Glo die mens nou maklik? Of moeilik?

    Dit is baie waar dat mense se families en die gemeenskap druk op jou sit om vas te klou aan godsdiens en tradisies. My eie vader het nog geleef toe ek 'n ateïs geword het, en dit bly 'n pynlike herinnering dat ek hom baie teleurgestel het toe ek 'n ateïs geword het. Maar om ateïs te word was een van die bevrydendste ervaringe wat ek ooit kon he. Om te kon besef al die ou dikke boeke, die gode en engele en duiwels en demone, die hemel en die hel, dis alles net stories.

    As ek die Bybel lees, dan het ek begrip vir onverdraagsame Christene. Want dit is wat die Bybel leer. Ek is dankbaar vir daardie Christene wat tog ruimte maak vir my in hulle lewens. En ek aanvaar daar is baie Christene wat my nooit sal aanvaar nie. Wie weet, dalk sou ek ook soos hulle opgetree het, as ek nog in hulle god geglo het.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top