
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Trump en Suid-Afrika
2025-02-13"Dat dele van die ANC-leierskap vandag aanvoer dat die Solidariteit Beweging ’n eensydige beeld van die land aan die buiteland voorhou, is verstaanbaar – en bedenklik – dog wat saak maak, is om die ANC na die onderhandelingstafel te dwing vir ’n bedeling wat nie langer berus op die koloniale taktiek van verdeel en heers nie, maar wat die land se potensiaal deur binnelandse samewerking sal ontsluit."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Wat die De Villiers-era aan die Universiteit Stellenbosch ons kan leer
2025-02-05"Een van die grootste ironieë is dat wanneer veranderingsgesinde lede van die tradisionele wit, Afrikaanse Stellenbosse elite die US-bestuur tot verantwoording probeer roep, De Villiers se nuwe elite hulle daarvan beskuldig dat hulle bloot hul historiese belange probeer beskerm. Maar nou ja, as ’n nuwe elite sy éie belange beskerm en uitbou in die naam van 'neutrale' ideale, is dit maklik om jou vuil hande telkens in die openbaar te reinig met net nog ’n komitee wat jou onskuldig bevind."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Donald Trump en ’n nuwe wêreldorde?
2025-01-23"Watter wêreldorde? Daar is nie tans so iets nie, maar miskien help hy die wêreld stabiliseer, was my onmiddellike reaksie. Hoekom?"

ATKV-SA Akademiepryse 2024: ’n onderhoud met Johann Rossouw
2025-01-20"Dit is in hierdie lig fassinerend om te sien hoe waarskynlik die mees mimeties wedywerende, moderne Amerikaanse president, Donald Trump, hom nou bevind in ’n bondgenootskap met tegno-oligarge wat hierdie wedywering industrialiseer." Johann Rossouw se LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)-artikel oor outomatisering as vername aspek van kunsmatige intelligensie (aan die hand van die denke van Bernard Stiegler en René Girard) is met ’n 2024 ATKV-SA Akademieprys bekroon. Jean Oosthuizen het met hom gesels oor sy navorsingsproses en hoe sy navorsing prakties toegepas kan word in die debat oor kunsmatige intelligensie en outomatisering in Suid-Afrika.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Breyten; vir Breyten
2024-11-28"Vir sy poging om ons uit die tronk van onbewustheid te bevry, is Breyten tronk toe gestuur."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: ’n onderhoud met Pierre-Marie Finkelstein
2024-11-22"Hoe verklaar ’n mens liefde? Om ’n boek te lees – en te vertaal – beskou ek as ’n ontmoeting. ’n Ontmoeting met iemand anders se wêreld, verbeelding ens. Jy moet ’n aanrakingspunt vind met die teks."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: In gesprek met PJO Jonker, ’n video-onderhoud oor Die onsigbare
2024-11-14In hierdie aflewering van die Johann Rossouw-gespreksreeks praat PJO Jonker met Johann Rossouw oor Jonker se Die onsigbare. Hier is die video-opname.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: videogesprek met Louise Cilliers oor Kostis Palamas, die ses woorde van die sigeuner
2024-10-01In hierdie aflewering van die Johann Rossouw-gespreksreeks praat Louise Cilliers met Johann Rossouw oor haar vertaling van hierdie Griekse boek.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Crito
2024-09-17"Wie gee hom die reg om ons anoniem te kritiseer? is gevra. Dog júis omdat Crito nie gesag aan sy openbare beeld kon ontleen nie, kon hy dit slegs aan sy styl en die gesag van sy kritiek ontleen – en die beste bewys daarvan is die verwyt dat hy agter ’n skuilnaam skuil. Trouens, die sukses van sy openbare persona was ’n funksie van die styl en gesag van sy kritiek."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: video-opname van gesprek met Dana Snyman oor Seun
2024-09-03Dana Snyman gesels in hierdie videogesprek met Johann Rossouw oor die geboorte van Seun en oor die raakpunte in hul onderskeie verwysingsraamwerke.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Video-aanbieding aangaande U2 se al hoe ligter, al hoe stiller gebed
2024-08-16Hierdie voordrag is op 6 Augustus 2024 gelewer in die kapel van die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit as deel van ’n seminaar oor die teologie van U2, aangebied deur die voortgesettebedieningsontwikkeling van die Wes-Kaapse NG-sinode.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Versfeld, Degenaar en die herwinning van die Logos in die eietydse Afrikaanse teologie en filosofie
2024-08-13"Kortom, hier word aangevoer dat die krisis waarin die Protestantse kultuur vandag in die Weste maar ook toenemend onder Afrikaners verkeer, ons ook in die eietydse Afrikaanse filosofie en teologie noop om te soek na bronne en middele waaruit ons kultuur kan put om die toekoms tegemoet te gaan en ontbinding te systap."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor die toekoms van die geskrewe en gedrukte woord in Afrikaans
2024-08-07"Toe ’n aantal Afrikaanse skrywers en intellektuele toenemend vanaf rofweg die jaar 2000 hulle groeiende kommer oor die toekoms van Afrikaans in die onderwys, die regspraak, die wetenskap, die kunste en ander hoër funksies begin uitspreek het, is hulle dikwels afgelag met die argument 'solank die taal nog gepraat word, sal alles goed gaan'."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Geagte president Ramaphosa
2024-07-11"Waarde President, as u hierdie drie voorstelle in oënskou neem, sal u merk dat al drie voorstelle dit wat my generasie as belemmering op ons deelname aan en vooruitgang in ons land ervaar, uit die weg sal ruim en dit terselfdertyd vir ons moontlik sal maak om die informele samewerking oor grense heen wat soveel van ons reeds beoefen, te formaliseer sodat die ekonomie en die onderwys kan floreer."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Die ontbinding van die Weste – ’n oorsig oor Emmanuel Todd se La défaite de l’Occident
2024-06-21Lees Johann Rossouw se bespreking van Emmanuel Todd se veelbesproke boek, 𝘓𝘢 𝘥𝘦́𝘧𝘢𝘪𝘵𝘦 𝘥𝘦 𝘭’𝘖𝘤𝘤𝘪𝘥𝘦𝘯𝘵 (Die ontbinding van die Weste), aan die hand van uittreksels, ekslusief vertaal in Afrikaans: "As die mense en die elites nie meer saamstem daaroor om sáám te funksioneer nie, het die begrip van verteenwoordigende demokrasie nie meer betekenis nie."