Adieu, Bernard, ami de l’esprit et amateur sans pareil de ce monde: ’n Huldeblyk aan Bernard Stiegler (1 April 1952 – 5 Augustus 2020)
2020-09-18"Ek is nie bewus van ’n eietydse denker wat ons tyd so briljant gediagnoseer het nie, en wat die absolute sentraliteit van die menslike gees en die noodsaak van ’n nuwe metafisika so oortuigend as Stiegler bedink het nie."
Middeleeuse filosofie: ’n onderhoud met Johann Beukes
2020-08-21"Dit is die soort filosofie, synde (vir my) opnuut wysbegeerte, wat sedert twee dekades gelede ’n aanspraak op my hele wese gerig het: Ek het sedertdien net een begeerte en dit is om die metafisies beste in filosofie as (vir my) ten diepste ’n hermeneuties-ideehistoriese dissipline tot uitdrukking te bring ..."
"Keer die grendelstaat om in die vryheid om iets te beleef"
2020-08-14Hierdie artikel deur die filosoof Bernard Stiegler het oorspronklik op 19 April 2020 in die Franse dagblad Le Monde verskyn. Uit die Frans vertaal deur Johann Rossouw. In hierdie artikel kyk Stiegler terug op die tronkstraf wat hy tussen 1978 en 1983 vir bankrowe uitgedien het, asook op die voorwaardes waaronder hy dit in iets deugsaams kon omskep.
Spiraal in spiraal – Reise met Schoeman: In die voetspore van die skrywer, ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2020-07-20"Die boek is nie net ’n treurwerk nie, nie net ’n reisverslag nie, nie net ’n opgaaf van ’n eerste poging om te verstaan wie Karel Schoeman was en waaroor sy werk ten diepste handel nie, maar die eerste tree, meen ek, in die rigting van wat moes kom, naamlik die werk van ’n persoon met die nodige gevoeligheid, afstand en verbintenis om die lewensreis van Karel Schoeman te boekstaaf."
Musiekresensie: Rough and rowdy ways deur Bob Dylan
2020-07-01"Geen ander Amerikaanse kunstenaar was in daardie dekade so in voeling met die kragte van sy tyd nie ... Geen wonder dat Dylan vroeg in sy loopbaan, ondanks al sy protes, tot die teendeel geëien is as ’n profeet wat skynbaar op haas mistiese wyse, bykans soos ’n medium, die destydse tydsgees kon uitdruk."
Die biblioteek aan die einde van die wêreld: Johann Rossouw gesels met Etienne van Heerden
2020-01-09By die bekendstelling van Die biblioteek aan die einde van die wêreld in Bloemfontein se Scaena-teater het filosoof Johann Rossouw met skrywer Etienne van Heerden gesels. Hier is ’n video van die gesprek.
Gelyke Kanse: Afrikaans, die sondebok
2019-08-15"Miskien het ons nog nie genoeg gedink oor die perverse kinkel wat sondebokkery in ’n koloniale samelewing soos ons s’n kry nie. Een, twee, drie, vier staan hulle in ’n ry: die rooi gevaar, die swart gevaar, die regse gevaar ... en Afrikaans. Op hierdie nimmereindigende zombie-banket kom sit ons altyd weer aan vir nog ’n gemarineerde, diepgebraaide stukkie van die sterwende droom om in hierdie land 'ons' te kan sê."
Die siel van die akademie
2019-06-19"So pas is opgemerk dat sowel in die verhoor van Sokrates as in die verhoor van Christus nóg die goeie argument, nóg die veelseggende stilswye van die verhoorde genoeg was om sy onskuld te handhaaf en sy lewe gespaar te kry, en wel omdat die verhoordes die teiken van ’n ander agenda was. Ook Mandela en Breytenbach was by nabetragting die slagoffers van ’n ander agenda." Lees Johann Rossouw se professorale intreerede aan die Universiteit van die Vrystaat.
Kommandant Piet, jou afskeid en vertrek was te gou
2019-06-06"Mag die engele jou wonde nou verbind, mag jou littekens nou vervaag, en mag jy die ewige rus geniet. Weet dat ons in jou bataljon sal voortgaan met die oorlog waarin jy ons gelei het – om net iets van die hemel te proe."
Silent prayer and creativity: To create out of silence
2018-11-20"In this article the relationship between artistic creativity and hesychast prayer in the Orthodox Christian tradition is examined within the context of a broader consideration of art as a means of spiritual elevation in the contemporary world."
Stilgebed en skone skeppendheid: Om uit die stilte te skep
2018-11-16"Dostojewski, Pärt en Schoeman is, aan enige maatstaf gemeet, artistieke reuse. Min kunstenaars bereik dieselfde hoogtes, selfs al lei hulle ’n biddende lewe, maar selfs mindere biddende kunstenaars kan ook skeppende uitdrukking uit stilte beleef."
Mag, staat en die kerk: ’n onderhoud
2018-05-31"’n Te knusse verhouding met die staat en regering van die dag het menige kerkverband bykans dodelik verwond. Ter plaatse is dit die geval met die ou drie Susterskerke, wat oënskynlik steeds worstel met die nadraai van apartheid, onder meer deur lidmate terug te probeer wen met swak teologie en pandjieswinkelliturgie."
South Africa: a race to the bottom?
2018-01-02"The atmosphere in the auditorium is electric, undoubtedly because tonight’s guest of honour is seen by the public as a man who speaks truth to power."
Hierdie huis deur Kleinboer: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2017-07-12"Waar Karel Schoeman die wel en wee van Suid-Afrika en veral die Afrikaners in die 19de en 20ste eeu soos geen ander Afrikaanse romansier geboekstaaf het nie, so boekstaaf Kleinboer die dood van apartheid en die lewe ná die dood van apartheid soos geen ander Afrikaanse romansier nie."
Power, the state and the church in South Africa
2017-07-07"If the church is asked to be aware of power or to focus on its workings, it should be done with great circumspection, lest the church, under the guise of being in tune with the latest and best social theory, ends up giving further legitimacy to a concept that is ultimately its own bastard offspring."

