Johann Rossouw

Johann Rossouw het in die politieke filosofie gedoktoreer aan Monash-universiteit (Melbourne) met 'n proefskrif oor Bernard Stiegler en die Westerse moderniteit. Hy is ook die skrywer van die romans 'n Rooi Z4 en 'n Renaissance-kasteel: Filofiksie (Zebra Press, 2007) en Verwoerdburg (Umuzi, 2014). Hy doseer filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat.

Die biblioteek aan die einde van die wêreld: Johann Rossouw gesels met Etienne van Heerden

Johann Rossouw, Etienne van Heerden Skrywersonderhoude 2020-01-09

By die bekendstelling van Die biblioteek aan die einde van die wêreld in Bloemfontein se Scaena-teater het filosoof Johann Rossouw met skrywer Etienne van Heerden gesels. Hier is ’n video van die gesprek.

Gelyke Kanse: Afrikaans, die sondebok

Johann Rossouw Universiteitseminaar | University Seminar 2019-08-15

"Miskien het ons nog nie genoeg gedink oor die perverse kinkel wat sondebokkery in ’n koloniale samelewing soos ons s’n kry nie. Een, twee, drie, vier staan hulle in ’n ry: die rooi gevaar, die swart gevaar, die regse gevaar ... en Afrikaans. Op hierdie nimmereindigende zombie-banket kom sit ons altyd weer aan vir nog ’n gemarineerde, diepgebraaide stukkie van die sterwende droom om in hierdie land 'ons' te kan sê."

Die siel van die akademie

Johann Rossouw Universiteitseminaar | University Seminar 2019-06-19

"So pas is opgemerk dat sowel in die verhoor van Sokrates as in die verhoor van Christus nóg die goeie argument, nóg die veelseggende stilswye van die verhoorde genoeg was om sy onskuld te handhaaf en sy lewe gespaar te kry, en wel omdat die verhoordes die teiken van ’n ander agenda was. Ook Mandela en Breytenbach was by nabetragting die slagoffers van ’n ander agenda." Lees Johann Rossouw se professorale intreerede aan die Universiteit van die Vrystaat.

Kommandant Piet, jou afskeid en vertrek was te gou

Johann Rossouw In memoriam 2019-06-06

"Mag die engele jou wonde nou verbind, mag jou littekens nou vervaag, en mag jy die ewige rus geniet. Weet dat ons in jou bataljon sal voortgaan met die oorlog waarin jy ons gelei het – om net iets van die hemel te proe."

Silent prayer and creativity: To create out of silence

Johann Rossouw Academic research 2018-11-20

"In this article the relationship between artistic creativity and hesychast prayer in the Orthodox Christian tradition is examined within the context of a broader consideration of art as a means of spiritual elevation in the contemporary world."

Stilgebed en skone skeppendheid: Om uit die stilte te skep

Johann Rossouw LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2018-11-16

"Dostojewski, Pärt en Schoeman is, aan enige maatstaf gemeet, artistieke reuse. Min kunstenaars bereik dieselfde hoogtes, selfs al lei hulle ’n biddende lewe, maar selfs mindere biddende kunstenaars kan ook skeppende uitdrukking uit stilte beleef."

Mag, staat en die kerk: ’n onderhoud

Pieter GR de Villiers, Johann Rossouw Onderhoude 2018-05-31

"’n Te knusse verhouding met die staat en regering van die dag het menige kerkverband bykans dodelik verwond. Ter plaatse is dit die geval met die ou drie Susterskerke, wat oënskynlik steeds worstel met die nadraai van apartheid, onder meer deur lidmate terug te probeer wen met swak teologie en pandjieswinkelliturgie."

South Africa: a race to the bottom?

Johann Rossouw English 2018-01-02

"The atmosphere in the auditorium is electric, undoubtedly because tonight’s guest of honour is seen by the public as a man who speaks truth to power." 

Hierdie huis deur Kleinboer: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Johann Rossouw Resensies 2017-07-12

"Waar Karel Schoeman die wel en wee van Suid-Afrika en veral die Afrikaners in die 19de en 20ste eeu soos geen ander Afrikaanse romansier geboekstaaf het nie, so boekstaaf Kleinboer die dood van apartheid en die lewe ná die dood van apartheid soos geen ander Afrikaanse romansier nie."

Power, the state and the church in South Africa

Johann Rossouw Academic research 2017-07-07

"If the church is asked to be aware of power or to focus on its workings, it should be done with great circumspection, lest the church, under the guise of being in tune with the latest and best social theory, ends up giving further legitimacy to a concept that is ultimately its own bastard offspring."

Mag, die staat en die kerk in Suid-Afrika

Johann Rossouw LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2017-07-06

"Suid-Afrikaanse Christelike leiers is oënskynlik meer besorg oor voete in die kerk as oor ’n wesenlike getrouheid aan die kernwaarhede van die Christendom, en die noodwendig uitdagende, verontrustende en selfs revolusionêre implikasies wat dit het."

Vrystaat Kunstefees 2017: Kleinboer tussen tradisie en moderniteit

Johann Rossouw, Naomi Meyer Feeste 2017-06-29

"Omdat Kleinboer se fiksie so outobiografies is, behoort sy drie boeke saam gelees te word, nes elkeen van ons van ons lewe slegs as een lang verhaal met kleiner hoofstukke sin kan maak."

My leeu van ’n vriend, Johann Botha

Johann Rossouw In memoriam 2017-06-15

"Johann se hele loopbaan staan in die teken van iemand wat uit onvoorwaardelike liefde vir hierdie lewe en hierdie land met al sy mense, diere en plante sy haas onuitputlike kennis oor hierdie dinge ter wille van geregtigheid en die groter goeie met sy luisteraars en kykers bly deel het."

Karel Schoeman (1939–2017): Huldigingsgeleentheid

Johann Rossouw In memoriam 2017-06-15

Op 11 Mei 2017 was daar ’n huldigingsgeleentheid vir Karel Schoeman (1939–2017) in Bloemfontein. Hier is ’n klankopname van Johann Rossouw van die Departement Filosofie by die Universiteit van die Vrystaat se huldeblyk.

Hoekom Karel Schoeman se romans my geraak het

Johann Rossouw In memoriam 2017-05-05

"Ons sal nie weer so ’n romansier in Afrikaans hê nie. Wat Dostojewski vir Russies en Shakespeare vir Engels is, is wat Karel Schoeman vir Afrikaans is. Soos Russies net een Dostojewski en Engels net een Shakespeare opgelewer het, so glo ek sal Afrikaans ook net een Karel Schoeman oplewer."

Top