Johann Rossouw

Johann Rossouw het in die politieke filosofie gedoktoreer aan Monash-universiteit (Melbourne) met 'n proefskrif oor Bernard Stiegler en die Westerse moderniteit. Hy is ook die skrywer van die romans 'n Rooi Z4 en 'n Renaissance-kasteel: Filofiksie (Zebra Press, 2007) en Verwoerdburg (Umuzi, 2014). Hy doseer filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: ’n onderhoud met Louise Cilliers oor vertalings uit Grieks

Johann Rossouw, Louise Cilliers Onderhoude 2023-06-08

In die eerste aflewering van die Johann Rossouw-gespreksreeks, praat Johann Rossouw met Louise Cilliers oor Van Alexandrië na Ithaka, gedigte uit Grieks vertaal. Die video is professioneel deur Chris Vorster en sy assistent van die drama-departement by die Universiteit van die Vrystaat opgeneem en geredigeer.

Podcast: Johann Rossouw in conversation with Eve Fairbanks about The inheritors: An intimate portrait of a brave and bewildered nation

Johann Rossouw, Eve Fairbanks Books and writers 2023-03-17

Eve Fairbanks’s book about post-apartheid South Africa, The inheritors: An intimate portrait of a brave and bewildered nation (Jonathan Ball), was launched on Thursday, 9 March in Bloemfontein. Johann Rossouw interviewed her about her book. Themes such as Girardian mimesis in South Africa, the shared loss of a future, the shared Christian idealism of South Africans and the position of minorities were discussed during this launch.

Skepping of nabootsing? Kunsmatige intelligensie en intelligente kuns

Johann Rossouw Seminare en essays 2023-01-18

"Die kwessie van nabootsing is dus wesenlik, en daar kan bygevoeg word dat die eerste skool van KI ook in ’n doodloopstraat beland omdat dit menslike intelligensie masjienmatig probeer reproduseer, terwyl die tweede skool van KI van krag tot krag gaan omdat dit eerder ’n aspek van menslike intelligensie probeer naboots [in die geval van ChatGPT, byvoorbeeld]."

Universiteitseminaar: Yale onttrek van ’n ranglys

Johann Rossouw Universiteitseminaar | University Seminar 2022-11-25

"Is dit enige wonder dat kognitiewe dissonansie toenemend in openbare Suid-Afrikaanse universiteite aan die orde van die dag is?" 

Universiteitseminaar: Guerrillas en die universiteit wat moet kom

Johann Rossouw Universiteitseminaar | University Seminar 2022-11-10

"Maar nou ja, 'Stellies' het sy bed opgemaak, die koeël daar is deur die kerk – sowel vir ware uitnemendheid as vir Afrikaans – en dit sal nie help om krokodiltrane te stort oor wat alles daar kon wees nie. Dis veel sinvoller om te dink oor wat vandag nog oor die algemeen binne die eietydse Suid-Afrikaanse universiteitswese gedoen kan word om ware uitnemendheid, akademiese integriteit, skeppendheid, nuwe bondgenootskappe en die bou van studente se karakters te bevorder."

The industrialisation of mimesis: In dialogue with the thought of René Girard and Bernard Stiegler on automatisation

Johann Rossouw Academic research 2022-03-03

In this article automatisation as an important aspect of artificial intelligence is analysed with reference to the thought of Bernard Stiegler and René Girard, with specific attention to Stiegler’s book La société automatique 1. L’Avenir du travail.

Die industrialisering van mimese: In gesprek met die denke van René Girard en Bernard Stiegler oor outomatisering

Johann Rossouw LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-03-03

In hierdie artikel word outomatisering as vername aspek van kunsmatige intelligensie ontleed aan die hand van die denke van Bernard Stiegler en René Girard, met spesifieke aandag aan Stiegler se boek Die outomatiese samelewing 1.

Die tragedie van Rusland en Oekraïne

Johann Rossouw Menings 2022-03-02

"Toe ek die perikoop aan die gemeente begin voorlees, het ek gebreek, want waar het ons beland as die land wat die Ortodoksie van sy ouer buurland ontvang het, daardie land binneval? ... Al wat my oplaas te binnegeskiet het om wenend aan die einde van die liturgie vir my gemeente te sê, is: 'Bid vir die vredemakers, maar bid ook vir die oorlogmakers.'"

Nostalgie

Johann Rossouw Seminare en essays 2020-11-13

"Wat besinnende nostalgie egter nie kan doen nie, is om die verliese van die verlede ongedaan te maak. Want dit is, soos die titel van die tweede album van een van Afrikaans se groot eietydse meesters van besinnende nostalgie, Gert Vlok Nel, sê: Onherroeplik."

Senekal

Johann Rossouw Menings 2020-10-29

"Sharpeville. Soweto. Boipatong. Marikana. En nou, Senekal. Miskien, eendag, word Senekal die naam van een van daardie dae waarop ons, die mense van die middelgrond, daar in die middel begin saamstaan het, tot oplaas ook die swart-en-wit wêreld kleur gekry het. Hier in die middel, waar die skakerings altyd meer is as met die eerste oogopslag, en waar ons altyd meer is as net die dele van die geheel."

 

Adieu, Bernard, ami de l’esprit et amateur sans pareil de ce monde: ’n Huldeblyk aan Bernard Stiegler (1 April 1952 – 5 Augustus 2020)

Johann Rossouw In memoriam 2020-09-18

"Ek is nie bewus van ’n eietydse denker wat ons tyd so briljant gediagnoseer het nie, en wat die absolute sentraliteit van die menslike gees en die noodsaak van ’n nuwe metafisika so oortuigend as Stiegler bedink het nie."

Middeleeuse filosofie: ’n onderhoud met Johann Beukes

Johann Rossouw, Johann Beukes Skrywersonderhoude 2020-08-21

"Dit is die soort filosofie, synde (vir my) opnuut wysbegeerte, wat sedert twee dekades gelede ’n aanspraak op my hele wese gerig het: Ek het sedertdien net een begeerte en dit is om die metafisies beste in filosofie as (vir my) ten diepste ’n hermeneuties-ideehistoriese dissipline tot uitdrukking te bring ..."

"Keer die grendelstaat om in die vryheid om iets te beleef"

Johann Rossouw Menings 2020-08-14

Hierdie artikel deur die filosoof Bernard Stiegler het oorspronklik op 19 April 2020 in die Franse dagblad Le Monde verskyn. Uit die Frans vertaal deur Johann Rossouw. In hierdie artikel kyk Stiegler terug op die tronkstraf wat hy tussen 1978 en 1983 vir bankrowe uitgedien het, asook op die voorwaardes waaronder hy dit in iets deugsaams kon omskep.

Spiraal in spiraal – Reise met Schoeman: In die voetspore van die skrywer, ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Johann Rossouw Seminare en essays 2020-07-20

"Die boek is nie net ’n treurwerk nie, nie net ’n reisverslag nie, nie net ’n opgaaf van ’n eerste poging om te verstaan wie Karel Schoeman was en waaroor sy werk ten diepste handel nie, maar die eerste tree, meen ek, in die rigting van wat moes kom, naamlik die werk van ’n persoon met die nodige gevoeligheid, afstand en verbintenis om die lewensreis van Karel Schoeman te boekstaaf."

Musiekresensie: Rough and rowdy ways deur Bob Dylan

Johann Rossouw Musiek 2020-07-01

"Geen ander Amerikaanse kunstenaar was in daardie dekade so in voeling met die kragte van sy tyd nie ... Geen wonder dat Dylan vroeg in sy loopbaan, ondanks al sy protes, tot die teendeel geëien is as ’n profeet wat skynbaar op haas mistiese wyse, bykans soos ’n medium, die destydse tydsgees kon uitdruk."

Top