Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Reisjoernaal
2025-07-07"Toe ’n Europese reis my die eerste maal beskore word – na Parys, Frankryk van 5 tot 31 Desember 1994 – was dit ’n soort tuiskoms. Jy moes soontoe reis om, soos soveel andere voor jou, agter te kom jy is meer van hiér, van Afrika, as van dáár; en jy moes soontoe reis om ook te besef dat jy tog in ’n mate daar tuis voel."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Israel se gewelddadige nihilisme – van Gaza tot Iran
2025-06-27"Die behoefte wat die staat Israel (7 miljoen van sy bevolking wat Joods is) het om oorlog te maak teen Iran (bevolking 90 miljoen), is verbasend. As ons egter die hipotese van die nihilisme aanvaar, vind ons ’n element van die verklaring."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: "Die Aristoteles van ons tyd": Oor Alasdair MacIntyre
2025-06-24"Dit is nie aldag dat dit van ’n filosoof gesê kan word dat hy of sy die gang van die denke verander het nie. Een filosoof van wie dit werklik gesê kan word, is Alasdair MacIntyre, wat op 21 Mei in die ouderdom van 96 oorlede is."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: "Reflections" deur Jacobus Kloppers – proloog, variasies en epiloog op ’n Afrikaanse volksliedjie
2025-06-06Hierdie video-opname van ’n gespreksgeleentheid wat onlangs in die Naval Hill Planetarium in Bloemfontein plaasgevind het, is een van die gereelde Johann Rossouw-gespreksreeks-bydraes op LitNet. Die eietydse Afrikaanse komponis Jacobus Kloppers het kort ná die politieke oorgang ’n baie treffende, komplekse stuk vir soloklavier gekomponeer, genaamd "Reflections". Dit is in wese ’n musikale terugblik op die hoogte- en laagtepunte van die Afrikanergeskiedenis, met ’n uiteindelik hoop op versoening en herstel van historiese trauma. Hier is die volledige video.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Trump en Ramaphosa
2025-05-22"Al wat ons ná gister wel kan sê, is dat die wêreld nou weet wat ons lankal weet: dat die ANC as regering misluk het; dat hier onaanvaarbare misdaad, haatpolitiek, armoede en bedreiging van eiendomsreg in Suid-Afrika is; en dat gewone Suid-Afrikaners gematigde mense is wat reeds saamwerk om ’n beter toekoms in ons geliefde land te skep."
LitNet Akademies-resensie-essay: Dienaar van die waarheid deur MC Botha
2025-05-15"Desondanks, as die leser hierdie hebbelikhede kan verduur, lewer MC Botha met Dienaar van die waarheid ’n roerende, dikwels kostelike getuienis van sy grootouers aan vaderskant en van sy ouers – merkwaardige mense wat na die beste van hulle beperkte vermoëns die goeie lewe in moeilike omstandighede probeer leef het."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Onderhoud met Laurent Devèze oor die ontstaan en era van die Franse Instituut van Suid-Afrika 30 jaar gelede
2025-04-30Laurent Devèze, stigtingsdirekteur van die Institut français d’Afrique du Sud (Franse Instituut van Suid-Afrika) aan Johann Rossouw: "Al die groot vraagstukke van ons era, Johann, kom in jou land voor."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Gesprek met Jo Prins en Francois Bekker oor Johann en Jo se geestelike reise
2025-04-17Zen? Boeddhisties? Christelik? In hierdie videogesprek praat Francois Bekker met Johann Rossouw en Jo Prins oor hul onderskeie en uiteenlopende geestelike reise.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: onderhoud met Ullrich Kleinhempel oor die Indiese en Neoplatoniese bronne van die Ortodokse stilgebed
2025-04-11In hierdie videogesprek praat Johann Rossouw en Ullrich Kleinhempl oor Ullrich se navorsing.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Zirk van den Berg se Landuit want jy wil mos – oor gemeenskap, ontheemding en tuiste
2025-03-14"Vir Afrikaners van ons geslag bly die nasleep van die vorige politieke bedeling dat ons in ons eie land gekonfronteer word met die vraag of ons moet bly en of ons moet gaan. Weens die abnormale normaliteit van ons jeug, wil-wil ek dink dat dit abnormaal is dat énige mens voor so ’n keuse te staan moet kom."
Oor ons trane, nou – en die mistiese groot trek
2025-03-13"Nee, die beloofde land is net hier tussen ons, net hier waar dit al verkennend onder ons voete vorm aanneem en ons help om mekaar behoorlik te kan sien, omlyn deur ons wonde, littekens en kanniedoodskap."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Van idealisme na realisme – hoe die Trump-omwenteling verstaan kan word
2025-03-07"Niks het in die onlangse verlede, selfs in die onlangse weke, die verdeling tussen die idealistiese idealiste en die realistiese idealiste aangedui soos die twee groeperinge se uiteenlopende reaksies op die aanvang van die Trump-administrasie nie. Vir eersgenoemde is dit ’n ramp, vir laasgenoemde ’n nuwe era."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Novak Djokovic, moderne tennis en eer
2025-03-03"Omdat die tradisionele etos van tennis so sentraal tot die moderne spel is, en omdat dit dié moderne sportsoort is waarin ons die blywende waarde van die tradisionele etos openlik mag erken en vier, takseer ons die spelers eweseer op hulle spel as op hulle gedrag."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Charles Villet oor geweld en die postkoloniale in Suid-Afrika
2025-02-21In hierdie aflewering van die Johann Rossouw-gespreksreeks praat Charles Villet met Johann Rossouw oor die postkoloniale in Suid-Afrika. Hier is die video-opname.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Trump en Suid-Afrika
2025-02-13"Dat dele van die ANC-leierskap vandag aanvoer dat die Solidariteit Beweging ’n eensydige beeld van die land aan die buiteland voorhou, is verstaanbaar – en bedenklik – dog wat saak maak, is om die ANC na die onderhandelingstafel te dwing vir ’n bedeling wat nie langer berus op die koloniale taktiek van verdeel en heers nie, maar wat die land se potensiaal deur binnelandse samewerking sal ontsluit."

