Die Johann Rossouw-gespreksreeks: "Reflections" deur Jacobus Kloppers – proloog, variasies en epiloog op ’n Afrikaanse volksliedjie

  • 0

  • Johann Rossouw skryf ’n gereelde rubriek vir LitNet.

Hierdie is ’n opname van ’n gespreksgeleentheid wat onlangs in die Naval Hill Planetarium in Bloemfontein plaasgevind het. Die eietydse Afrikaanse komponis Jacobus Kloppers het kort ná die politieke oorgang ’n baie treffende, komplekse stuk vir soloklavier gekomponeer, genaamd "Reflections". Dit is in wese ’n musikale terugblik op die hoogte- en laagtepunte van die Afrikanergeskiedenis, met ’n uiteindelik hoop op versoening en herstel van historiese trauma. Die pianis, Nicolene Gibbons, van die Odeion-musiekskool, het die musiek toe opgeneem, en verder gegaan om beelde saam met die musiek te voeg, wat dit dan nog toegankliker en treffender vir die luisteraar en kyker maak. By hierdie geleentheid was Johann Rossouw dan deel van ’n paneelgesprek onder leiding van die algemene asook Vrystaatse moderator van die NGK, Jan Lubbe. Die ander paneellede was die musikoloë en vriende van Kloppers, Martina en Nicol Viljoen, asook die teoloog, Martin Laubscher.

Lees ook:

Oor ons trane, nou – en die mistiese groot trek

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: onderhoud met Ullrich Kleinhempel oor die Indiese en Neoplatoniese bronne van die Ortodokse stilgebed

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Gesprek met Jo Prins en Francois Bekker oor Johann en Jo se geestelike reise

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Onderhoud met Laurent Devèze oor die ontstaan en era van die Franse Instituut van Suid-Afrika 30 jaar gelede

LitNet Akademies-resensie-essay: Dienaar van die waarheid deur MC Botha

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Trump en Ramaphosa

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top