Seminare en essays
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks, die afgang van Frankryk en die Weste (3): Chantal Delsol se La tragédie migratoire et le chute des empires
2026-09-04"In hierdie derde van drie opstelle oor die afgang van Frankryk en die Weste word stilgestaan by die liberaal-konserwatiewe Katolieke filosoof Chantal Delsol (1947–) se La tragédie migratoire et la chute des empires: Saint Augustin et nous ('Die migrasietragedie en die val van ryke: sint Augustinus en ons')."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks, die afgang van Frankryk en die Weste (2): Oor Alain Finkielkraut se Le cœur lourd
2026-09-02"In die eerste opstel in hierdie reeks van drie oor die afgang van Frankryk en die Weste is stilgestaan by die blik wat die veertigjarige konserwatiewe populistiese joernalis Alexandre Devecchio as 'wit zef' van die Franse voorstede op dié kwessie bied. In hierdie tweede van drie opstelle val die kollig op ’n heel andersoortige figuur se siening van dieselfde tema, naamlik die linkse Joods-Franse filosoof, Alain Finkielkraut (1949–)."
Suid-Afrikaanse Gebaretaal is nou eindelik wel een van 12 amptelike tale
2026-08-26"Maak seker dat die geleenthede wat deur wetgewing geskep word, ten volle benut word. Dit vereis ’n taalbewuste gemeenskap wat tot aksie oorgaan en dinge gedoen kry."
Waarom kies jongmense steeds Afrikaans? ’n Ommietafelgesprek oor taal, drome en ’n loopbaan
2026-08-26"Die vraag is dus nie net of Afrikaans ’n toekoms het nie. Die interessanter vraag is wie daardie toekoms gaan maak. As die gesprek by Middelvlei enigiets bewys het, is dit dat daar steeds jongmense is wat bereid is om hul hand op te steek vir Afrikaans en daarin te wil werk."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Die afgang van Frankryk en die Weste (1): Immigrasie en die verdiepende Franse identiteitskrisis
2026-08-18"Die tema van die oënskynlike afgang van Frankryk en die Weste word die afgelope dekade en meer intensief in die Franse media, letterkunde en niefiksie bespreek."
From culpability to implication: Responsibility for repair in Stellenbosch
2026-08-13"People may live in the same town and participate in the same institutions while experiencing Stellenbosch very differently. Historical repair, therefore, concerns the continuing effects of injustice on social relations, opportunities, spaces, institutions and people’s sense of belonging."
Video-opname: die Karel Schoeman-gedenklesing 2026
2026-07-31LitNet was die mediavennoot van die jaarlikse Karel Schoeman-gedenklesing. Hierdie gesprek het tussen Johann Rossouw en Ria Winters plaasgevind. Die video word hiermee op LitNet gepubliseer.
Steierwerk deur Johan Myburg – digter verwoord "Weimar-moment" in hoogtepunt van die digkuns: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2026-07-14"Steierwerk, ’n bundel van 71 eietydse sonnette deur Johan Myburg, is ’n hoogtepunt van digkunsprestasie in Afrikaans van die afgelope etlike dekades. Dit is ’n prestasie wat iets van die destydse Weimar-republiek se tragiese kunshoogtepunte dra: Dit is uitstygend, nie ondanks nie, maar as gevolg van verval op ongeëwenaarde hoop."
LitNet Akademies-resensie-essay: Ek is nie Danie deur Danie Marais
2026-07-08"Dit is asof die gedigte wat uit die oeuvre gelig is, sekere aspekte van Marais se digkuns uitlig, asof die ribbes van sy poësie hier blootgelê word. En om my metafore nog verder te meng: Dit is asof die sop afgekook is en kragtiger geword het, asof die gedigte ’n groter intensiteit en skerper byt kry in hierdie nuwe konteks."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: ’n onderhoud met Ria Winters, skrywer van Daardie lewe
2026-07-07In hierdie bydrae tot die Johann Rossouw-gespreksreeks-artikels, vind ’n videogesprek met Ria Winters plaas. Die gesprek handel oor haar boek oor Karel Schoeman, Daardie lewe. ’n Gesprek omtrent dié boek vind ook op Vrydagoggend 10 Julie 2026 by die Vrystaat Kunstefees se literatuurfees plaas.
Wissen und glauben – en wie het vir God gemaak?
2026-06-30"Die Godsbegrip behels (wetenskaplik in die eerste plek, naas die gebruiklik-teologiese in die tweede plek), geen antropomorfies gelyke Persoon nie, maar ’n definieerbare matematiese Beginsel in terme van die getal en sy verhoudinge."
Brief op veertigduisend voet: Tom Dreyer se brose, dinamiese rariteitekabinet. ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2026-06-26"Die wye horisonne waarteen die gedigte geplaas word, die verskeidenheid verwysingsrame waarmee die bundel werk – van die oertyd tot in die toekoms, en op baie plekke in die wêreld – skep groot verwysingsmoeilikhede vir die leser, maar gee die gedigte ’n besondere diepte en rykdom."
Xenofobie en protes – gedagtes oor 30 Junie 2026
2026-06-24"Dit is die soveelste keer dat vandalisme en geweld, of die moontlikheid daarvan, die enigste manier is om ’n slap Suid-Afrikaanse owerheid so ver te kry om hul werk te doen. So hoort dit nie."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: ’n Filosofiese oorweging van intelligensiesimulasie (IS) – Luc Ferry se IA, Grand remplacement ou complémentarité?
2026-06-12"KI [tref] die mens in dit wat tot nou toe sy spesifieke verskil, sy ondeurdringbare monopolie was. Dit is naamlik intelligensie, omskryf nie slegs as die vermoë om komplekse probleme op te los nie, maar bowendien ook die vermoë om natuurlike taal te verstaan en te praat – die alledaagse taal wat ons vind in die beelde en tekste deur mense geskep."
Hoe om jou teen kubermisdaad te beskerm: Wees krities in die kuberruimte
2026-06-11"Wees uiters versigtig om op onbekende skakels te klik as jy nie weet waarheen dit jou gaan neem nie."
Danny Titus-gedenklesing: Konstitusionele Hof-regter tree in die bres vir Afrikaans as onderrigtaal
2026-05-27"Dit is nie elke dag dat ’n dienende Konstitusionele Hof-regter in die openbaar verklaar dat Afrikaans inheems is, dat die taal se geskiedenis verdraai is, en dat bruin Afrikaanssprekendes steeds vir erkenning moet veg nie. Daarom was Steven Majiedt se Danny Titus-lesing veel meer as net ’n gedenktoespraak. Dit was ’n grondwetlike regter se openbare pleidooi vir ’n meer volledige Suid-Afrikaanse geheue."
Athol Fugard se besondere verhouding met Afrikaans: persoonlik en eiesoortig
2026-05-26"In hierdie artikel word die fokus geplaas op Athol Fugard se verhouding met Afrikaans, asook sy eiesoortige gebruik van Afrikaans in sy dramas. Terwyl hy dikwels Afrikaans gebruik het in talle van sy Engelse dramas, fokus ek in hierdie bespreking net op hierdie aspek van sy Engelse drama Boesman and Lena (1969), terwyl die bespreking afsluit met ’n kort ontleding van die taalgebruik in sy Afrikaanse drama, Die laaste karretjiegraf (2012)."
Standpunte oor menslike versus KI-ondersteunde psigoterapie
2026-05-20"Sou die Franse filosoof Roland Barthes se konsep 'death of the author and birth of the reader' aangepas kon word na 'death of the client and birth of AI'?"
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: ’n videogesprek oor Afrikanerman deur Mart-Marié Uys
2026-05-19Kyk in hierdie videogesprek hoe Johann Rossouw, Francois Bekker en Mart-Marié Uys oor Afrikanerman, wat binnekort verskyn, gesels.
KI-miniseminaar: KI is nie vir my nie
2026-05-15"Ag nee wat, selfs onlangs toe ek ’n veteraanmotor oorgebou het, het ek self die boor vasgehou, gemeet waar die gat moet wees, en daar geboor."
