A
|
aan dit
|
daaraan
|
Wessel Pienaar
|
|
aanlyn uitsendings
|
kamerakerk
|
Dawie Ludick |
|
aanspreek
|
die hoof bied, hanteer
|
Lariza Hoffman
|
|
addisioneel
|
bykomend, toegevoeg, aanvullend
|
Helena Liebenberg
|
|
adekwaat
|
toereikend, genoegsaam
|
|
|
admireer
|
bewonder
|
Helena Liebenberg
|
|
agenda
|
sakelys
|
Helena Liebenberg
|
|
agter dit
|
daaragter
|
Henk Boshoff
|
|
akkommodasie
|
verblyf
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
akkommodeer
|
insluit, aanpas
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
akkoord (gaan), akkordeer
|
saamstem, ooreenkom
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
aksie
|
optrede, gedrag
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
aktiveer
|
ontketen, veroorsaak, sit aan die gang, gee aanleiding tot
|
Henk Boshoff
|
|
aktiwiteite
|
werksaamhede
|
Frederik R van Dyk
|
|
allokasie
|
toewysing, toedeling
|
|
|
analiseer
|
ontleed
|
|
|
analiseer, analise
|
ontleed, ontleding
|
|
|
applikasie
|
toepassing
|
Chimoné Bodenstein
|
|
area
|
gebied, oppervlakte (in tegniese verband)
|
Pieter GR de Villiers, Stephan Oberholzer
|
|
argument/ argumenteer
|
redenasie/ redeneer
|
Wessel Pienaar
|
|
arrestasie
|
inhegtenisname
|
Wessel Pienaar
|
|
arriveer
|
aankom, aanland, opdaag
|
Henk Boshoff
|
|
artifisieel
|
kunsmatig
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
artifisiële intelligensie
|
kunsmatige intelligensie
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
assosiasie
|
verwantskap, verband; vereniging
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
assosieer
|
vereenselwig
|
Alene Holder
|
|
assumpsie
|
aanname
|
|
|
astronomies
|
omvangryk, oortreffend
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
attent maak op
|
aandag vestig op
|
Henk Boshoff
|
|
|
|
|
B
|
behalwe dit
|
daarbenewens
|
Wessel Pienaar
|
|
bepunt
|
beoordeel
|
Wessel Pienaar
|
|
braaf
|
dapper
|
Wessel Pienaar
|
|
by dit
|
daarby
|
Wessel Pienaar
|
|
bylaag
|
bylae (meervoud: bylaes)
|
Wessel Pienaar
|
|
|
|
|
C
|
|
|
|
|
|
|
|
D
|
definisie
|
omskrywing
|
Frederik R van Dyk
|
|
destruktief
|
vernietigend
|
Pieter GR de Villiers
|
|
detail
|
besonderhede
|
Helena Liebenberg
|
|
determinasie
|
vasbeslotenheid
|
|
|
deur dit
|
daardeur
|
Henk Boshoff
|
|
devalueer
|
geringskat, in waarde verminder/verlaag
|
Lariza Hoffman
|
|
difterie
|
witseerkeel
|
Helena Liebenberg
|
|
diftong
|
tweeklank
|
Helena Liebenberg
|
|
disfunksioneel
|
wanfunksioneel
|
Wessel Pienaar
|
|
diskussie
|
gesprek(voering)
|
|
|
diskussie
|
bespreking, gedagtewisseling
|
Helena Liebenberg
|
|
distansieer
|
afsonder, onttrek, afstand doen
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
distribusie
|
verspreiding
|
Helena Liebenberg
|
|
dispuut
|
geskil
|
Naas Steenkamp
|
|
distansie
|
afstand
|
Wessel Pienaar
|
|
diverse
|
uiteenlopende
|
|
|
domineer, dominasie
|
oorheers, oorheersing
|
|
|
|
|
|
E
|
effek
|
uitwerking
|
Jan Snÿman
|
|
ekonomiese indikator(e)
|
ekonomiese aanwyser(s)
|
Wessel Pienaar
|
|
eksisteer, eksistensie
|
bestaan
|
|
|
eksistensieel
|
bestaans=
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
eksploreer
|
verken
|
|
|
ekstraordinêr
|
buitengewoon
|
Helena Liebenberg
|
|
ekwator
|
ewenaar
|
Helena Liebenberg
|
|
eleksie
|
verkiesing
|
Christo Viljoen
|
|
elemente
|
onderdele
|
Frederik R van Dyk
|
|
elimineer
|
uitskakel
|
Alene Holder
|
|
eventueel
|
uiteindelik, eindelik, oplaas
|
Jan Snÿman
|
|
|
|
|
F
|
fenomeen
|
verskynsel
|
|
|
finansiële
|
geldelike
|
Frederik R van Dyk
|
|
fokus
|
klem, aandag
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
fondasie/basis
|
grondslag
|
Frederik R van Dyk
|
|
formulering
|
begripsopstelling
|
Frederik R van Dyk
|
|
forseer
|
dwing
|
Pieter GR de Villiers
|
|
fragiel
|
breekbaar (voorwerp)/ broos, tingerig (kindjie)
|
Wessel Pienaar
|
|
|
|
|
G
|
geassosieer met
|
verwant aan
|
Pieter GR de Villiers
|
|
gedetermineerd
|
vasberade, vasbeslote
|
Wessel Pienaar
|
|
gefragmenteer
|
stuksgewys
|
Frederik R van Dyk
|
|
[monoloog] geëindig
|
afgesluit
|
Suzette Kotzé-Myburgh
|
|
gekompliseerd
|
ingewikkeld
|
|
|
[die dak] geskaal
|
na die dak opgeklim
|
Suzette Kotzé-Myburgh
|
|
gholfprospekte
|
gholfvooruitsigte
|
Suzette Kotzé-Myburgh
|
|
globaal
|
wêreldwyd
|
Christo Viljoen
|
|
globale verwarming
|
aardverwarming
|
Wessel Pienaar
|
|
|
|
|
H
|
herbivoor
|
grasvreter/graseter
|
Helena Liebenberg
|
|
histories, historikus
|
geskiedkundig, geskiedkundige
|
|
|
hofrekord
|
strafregister
|
Wessel Pienaar
|
|
huidiglik
|
tans
|
Jan Snÿman
|
|
|
|
|
I
|
identifiseer
|
uitwys
|
Pieter GR de Villiers
|
|
implementeer
|
toepas, in werking stel, uitvoer, ten uitvoer bring
|
Christo Viljoen
|
|
implikasies
|
gevolge, nagevolge
|
Frederik R van Dyk
|
|
indikasie
|
aanduiding
|
Helena Liebenberg
|
|
in dit
|
daarin
|
Wessel Pienaar
|
|
industrie
|
nywerheid, bedryf
|
Helena Liebeneberg
|
|
informeer, misinformeer
|
inlig, waninlig
|
|
|
informasie
|
inligting
|
Helena Liebenberg
|
|
inisiatief
|
leiding, eerste stap, ondernemingsgees
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
inkwisitoriale
|
ondersoekende
|
Frederik R van Dyk
|
|
inkubasie
|
uitbroeiing, ontwikkeling, ontkieming
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
in lyn met
|
in ooreenstemming met
|
Annemarie van Zyl
|
|
innoveer, innovasie, innoverend
|
vernuwe, vernuwing, vernuwend
|
|
|
insemineer
|
bevrug
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
insentief
|
aansporing
|
Frederik R van Dyk
|
|
insidensie
|
voorkoms
|
Wessel Pienaar
|
|
institusie
|
instelling
|
|
|
integriteit (van ’n proses, nie die menslike eienskap nie)
|
geheelbehoud
|
Frederik R van Dyk
|
|
intensie
|
bedoeling
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
interaksie/ interaktief
|
wisselwerking / wisselwerkend
|
Wessel Pienaar
|
|
interpreteer
|
vertolk
|
|
|
interpretivistiese
|
uitlegmatige
|
Frederik R van Dyk
|
|
intervensie
|
ingreep, ingryping
|
|
|
intrinsiek
|
innerlik, wesenlik
|
Frederik R van Dyk
|
|
invensie, inventief
|
uitvinding/vonds, vindingryk/vernuftig
|
|
|
isolasie
|
afsondering
|
Pieter GR de Villiers
|
|
isolasie-eenheid/ -hospitaal
|
afsonderingseenheid/ -hospitaal
|
Wessel Pienaar
|
|
isoleer (jouself)
|
afsonder
|
Wessel Pienaar
|
|
|
|
|
J
|
|
|
|
|
|
|
|
K
|
kapasiteit
|
vermoë
|
Wessel Pienaar
|
|
karakteristieke
|
eienskappe, kenmerke
|
Wessel Pienaar
|
|
karnivoor
|
vleisvreter/vleiseter
|
Helena Liebenberg
|
|
kategorie
|
soort, groep
|
Pieter GR de Villiers
|
|
kattebak (van ’n kar)
|
kis (van ’n kar)
|
Wessel Pienaar
|
|
klandestien
|
ondergronds, ongesiens
|
Philip Calitz
|
|
klarifikasie
|
verheldering, verduideliking
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
kombinasie
|
samevoeging
|
Frederik R van Dyk
|
|
kompakteer
|
saampers
verdig
|
Henk Boshoff
Wessel Pienaar
|
|
komparatief
|
vergelykend
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
kompeteer, kompeterend
|
meeding, mededingend
|
|
|
kompetensie
|
vermoë
|
Pieter GR de Villiers
|
|
kondisie
|
toestand
|
Wessel Pienaar
|
|
konfidensieel
|
vertroulik
|
Sarita Friguglietti-de Vaal
|
|
konflikterend
|
strydig
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
konklusie
|
gevolgtrekking
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
konsiderasie
|
oorweging
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
konspirerend
|
sameswerend
|
Suzette Kotzé-Myburgh
|
|
konstruktief
|
opbouend
|
|
|
konsulteer
|
raadpleeg
|
Christo Viljoen
|
|
konsultasie
|
raadpleging, beraadslaging
|
|
|
konsumpsie
|
verbruik
|
Christo Viljoen
|
|
konstateer
|
stel
|
Pieter GR de Villiers
|
|
konstitusie
|
grondwet
|
Helena Liebenberg
|
|
kontemporêr
|
eietyds
|
|
|
kontinent
|
vasteland
|
Helena Liebenberg
|
|
kontradiksie
|
weerspreking, teenstrydigheid
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
kontribusie
|
bydrae
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
kontrole
|
beheer
|
Wessel Pienaar
|
|
kontroleer
|
nagaan
|
Wessel Pienaar
|
|
kontroversie, kontroversieel
|
twispunt/geskil, aanvegbaar/omstrede
|
|
|
kousaal
|
oorsaaklik
|
Wessel Pienaar
|
|
kousaliteit
|
oorsaaklikheid
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
kreatief
|
skeppend
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
krimineel (persoon)
|
misdadiger
|
Wessel Pienaar
|
|
kriminele hof/ reg/ saak
|
strafhof/ -reg/ -saak
|
Wessel Pienaar
|
|
kriterium
|
maatstaf
|
|
|
kwaliteit
|
gehalte
|
Helena Liebenberg
|
|
kwantifiseer
|
hoeveelheid bepaal/ omvang bepaal
|
Wessel Pienaar
|
|
kwantiteit
|
getal/ hoeveelheid
|
Wessel Pienaar
|
|
kwarantyn
|
afsondering
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
|
|
|
L
|
landelik
|
plattelands
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
landelike gebied
|
platteland
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
langs dit
|
daarlangs
|
Henk Boshoff
|
|
lateraal
|
dwars
|
Wessel Pienaar
|
|
LED (Light Emitting Diode)
|
GD of glimdiode
|
Stephan Oberholzer
|
|
legende
|
sleutel (op landkaart)/ verklaring (van simbole)
|
Wessel Pienaar
|
|
legitiem
|
regmatig, wettig
|
Wessel Pienaar
|
|
lewendig (live)
|
regstreeks (uitsaai) of regstreekse uitsending
|
Jeanetta Clifford
|
|
lokaal
|
plaaslik
|
Helena Liebenberg
|
|
lompsom
|
enkelbedrag
|
Naas Steenkamp
|
|
|
|
|
M
|
magistraat
|
landdros
|
Wessel Pienaar
|
|
maksimaliseer, maksimiseer
|
maksimeer
|
Wessel Pienaar
|
|
malkoeisiekte
|
dolbeessiekte, malbeessiekte
|
Wessel Pienaar
|
|
manier
|
wyse
|
Frederik R van Dyk
|
|
mediasie
|
bemiddeling
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
meerkeusige vraag
|
meerkeusevraag
|
Wessel Pienaar
|
|
meriete
|
verdienste
|
Wessel Pienaar
|
|
met dit
|
daarmee
|
Henk Boshoff
|
|
metodologie
|
werkswyse
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
minimaliseer, minimiseer
|
minimeer
|
Wessel Pienaar
|
|
multipolêr
|
veelpolig
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
|
|
|
N
|
naby dit
|
daarnaby
|
Wessel Pienaar
|
|
narratief (adj.)
|
verhalend
|
Alene Holder
|
|
node
|
nodus (meervoud: nodusse)
|
Wessel Pienaar
|
|
nosie
|
motief, begrip
|
Pieter GR de Villiers
|
|
|
|
|
O
|
objek
|
voorwerp
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
obstrukteer
|
belemmer, dwarsboom
|
Frederik R van Dyk
|
|
offisieel
|
amptelik
|
Suzette Kotzé-Myburgh
|
|
omnivoor
|
allesvreter/alleseter
|
Helena Liebenberg
|
|
onder dit
|
daaronder
|
Henk Boshoff
|
|
ondermyn
|
ondergraaf, ondergrawe
|
Wessel Pienaar
|
|
ongereserveerd
|
sonder voorbehoud
|
|
|
onstabiel
|
onbestendig, wisselvallig
|
Wessel Pienaar
|
|
oor dit
|
daaroor
|
Henk Boshoff
|
|
op dit
|
daarop
|
Wessel Pienaar
|
|
opinie
|
mening
|
|
|
optimaliseer, optimiseer
|
optimeer
|
Wessel Pienaar
|
|
oraal
|
mondelik(s), mondeling(s)
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
outeur
|
skrywer
|
|
|
|
|
|
P
|
performatiwiteit
|
opvoerigheid
|
Frederik R van Dyk
|
|
periferie
|
rand
|
|
|
perpetueer
|
herhaal, voortduur
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
perspektief
|
oogpunt
|
Frederik R van Dyk
|
|
populasie
|
bevolking
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
posisie
|
ligging (geografies)/ plek (in span)
|
Wessel Pienaar
|
|
posisioneer
|
plaas, plasing, vestig
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
predator
|
roofdier
|
Helena Liebenberg
|
|
premis
|
uitgangspunt, veronderstelling, aanname
|
Frederik R van Dyk
|
|
prioritiseer
|
prioriseer
|
Wessel Pienaar
|
|
prolifereer
|
vermenigvuldig, vermeerder
|
Henk Boshoff
|
|
publiseer (staatskoerant)
|
afkondig
|
Frederik R van Dyk
|
|
|
|
|
Q
|
|
|
|
|
|
|
|
R
|
realiteit
|
werklikheid
|
|
|
reduseer
|
verminder, verlaag, verklein
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
reflekteer
|
i) besin, nadink, oordink, dink
ii) weerkaats, weerspieël
|
|
|
reformasie
|
hervorming
|
Helena Liebenberg
|
|
regionalisties
|
van die omgewing, plaaslik, streeksverband, streeksgebonde
|
Philip Calitz, Jo-Ansie van Wyk
|
|
regressie
|
agteruitgang
|
|
|
rekommendasie
|
aanbeveling
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
rekonsiliasie
|
versoening
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
rekonsilieer
|
versoen
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
rekord/hofrekord
|
oorkonde, strafregister
|
Frederik R van Dyk
|
|
relasie
|
verband, verhouding
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
relatief
|
betreklik
|
Naas Steenkamp
|
|
relevant, relevansie
|
ter sake, tersaaklikheid, toepaslik(heid)
|
|
|
resente
|
onlangse
|
|
|
respekteer
|
eerbiedig
|
Pieter GR de Villiers
|
|
retroaktief
|
terugwerkend
|
Frederik R van Dyk
|
|
retrospektief
|
terugskouend
|
|
|
rondom dit
|
daar rondom
|
Wessel Pienaar
|
|
|
|
|
S
|
saniteer
|
ontsmet
|
Wessel Pienaar
|
|
seleksie
|
keur, keuse
|
Wessel Pienaar
|
|
selekteer, selektering
|
kies, keuring
|
Wessel Pienaar
|
|
sensitief
|
gevoelig
|
Pieter GR de Villiers
|
|
sentralisering (van ’n kwessie)
|
verhoofsaakliking
|
Frederik R van Wyk
|
|
sisteem, sistematies
|
stelsel, stelselmatig
|
|
|
siteer, sitering
|
aanhaal, aanhaling
|
|
|
situasie
|
geval, omstandigheid
|
Wessel Pienaar
|
|
situeer
|
plaas
|
|
|
sonder dit
|
daarsonder
|
Wessel Pienaar
|
|
sosiale distansiëring
|
fisieke afstandhouding
|
Wessel Pienaar
|
|
sosiale probleme
|
maatskaplike uitdagings
|
Frederik R van Dyk
|
|
spandeer
|
bestee (geld); deurbring (tyd)
|
Barend Vos
|
|
spasie
|
ruimte
|
Willem Botha |
|
stabiel
|
bestendig
|
Wessel Pienaar |
|
stamper
|
buffer
|
Christo Viljoen
|
|
standaard
|
maatstaf, norm
|
Frederik R van Dyk
|
|
stimuleer
|
aanwakker
|
Frederik R van Dyk
|
|
subjek
|
onderwerp
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
suggestie
|
voorstel
|
Helena Liebenberg
|
|
suspisie
|
vermoede
|
Christo Viljoen
|
|
|
|
|
T
|
tegnikaliteit
|
tegniese punt
|
Suzette Kotzé-Myburgh
|
|
templaat
|
sjabloon
|
Alta Snyman
|
|
tendensie
|
geneigdheid
|
Suzette Kotzé-Myburgh
|
|
tensie
|
spanning
|
Suzette Kotzé-Myburgh
|
|
terme en kondisies
|
bepalings en voorwaardes
|
Wessel Pienaar
|
|
tipeer
|
beskryf
|
Pieter GR de Villiers
|
|
tipies
|
kenmerkend
|
Pieter GR de Villiers
|
|
tipping point
|
draaipunt, keerpunt
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
tjip
|
skyfie (soos in mikroskyfie)
|
Christo Viljoen
|
|
tot dit
|
daartoe
|
Wessel Pienaar
|
|
transformeer
|
herskep, verander, omskep
|
Lariza Hoffman
|
|
trip
|
rit
|
Wessel Pienaar
|
|
|
|
|
U
|
uitdruk
|
druk (met ’n rekenaar se drukker)
|
Wessel Pienaar
|
|
uitgooi (regskonteks)
|
afkeur, verwerp
|
Frederik R van Dyk
|
|
uitlaat
|
weglaat (van lys)
|
Wessel Pienaar
|
|
uniek
|
buitengewoon
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
unilateraal
|
eensydig
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
universeel
|
omvattend
|
Jo-Ansie van Wyk
|
|
|
|
|
V
|
vaksien/vaksine
|
entstof
|
Wessel Pienaar
|
|
vaksineer
|
inent
|
Wessel Pienaar
|
|
van dit
|
daarvan
|
Henk Boshoff
|
|
van wat
|
waarvan
|
Wessel Pienaar
|
|
verbaal
|
mondeling
|
Stephan Oberholzer
|
|
verbaliseer
|
verwoord
|
Pieter GR de Villiers
|
|
vir dit
|
daarvoor
|
Henk Boshoff
|
|
vir wat
|
hoekom, waarvoor
|
Wessel Pienaar
|
|
voor dit
|
daarvoor
|
Henk Boshoff
|
|
|
|
|
W
|
wen-wen-situasie
|
wedersyds voordelige uitkoms (geval)
|
Wessel Pienaar
|
|
[in die] wild
|
in die natuur
|
Suzette Kotzé-Myburgh
|
|
|
|
|
X
|
|
|
|
|
|
|
|
Y
|
|
|
|
|
|
|
|
Z
|
|
|
|
Kommentaar
Sou graag verdere kommentaar hieroor ontvang.
Dankie
Ek het met die grootste vreugde hierdie lys oopgemaak en gelees – net om te
dink dat so 'n lys bestaan, is 'n riem onder my taalhart.
Elke gespierde Afrikaanse woord daarin opgeneem, is ongetwyfeld kragtiger as
die Romaanse 'sinoniem' – vir my (oor) altans. Daar is nog talle voorbeelde wat
bygevoeg kan word sodat ons taal weer op die Germaanse spoor teruggeplaas kan
word, soos dit was en behoort te wees.
Jare gelede het ek al die besluit geneem om 'eenvoudige' en verstaanbare
Afrikaans te gebruik en dit kenmerk my skrywes. Die dele waaruit die eie woorde
bestaan, is verstaanbaar, terwyl dit nie die geval is met vreemdwoorde nie (bv.
klink+er en mede+[klink+er] teenoor vokaal en konsonant
wat as geheel 'geleer' moet word, want die spreker verstaan nie die
onderdele se betekenis nie).
Waar die aankleef van vreemdwoorde veral in akademiese taalgebruik hoogmode is,
is dit nodig dat die gebruikers en hoorders weer aan die taaleie gewoond gemaak
moet word. Ongelukkig het daar oor die jare talle taalvreemde woorde hulle met
betekenis en al, wel in Afriaans tuisgemaak en dan is dit moeilik om sodanige
woord(e) bloot met 'n taaleie een te vervang.
Sekere vakgebiede leen hulle meer na die gebruik van gespierde Afrikaanse
woorde, maar in ander vakgebiede is die gebruik van 'internasionalismes' al so
ingeburger dat dit moeilik vervang sal kan word, in elk geval nie sonder slag
of stoot nie.
Dit is 'n fyn spel van die woord, wat met omsigtigheid en weldeurdagtheid
gevoer moet word.
Vriendelike groete
Helena Liebenberg
http://www.taaloord.co.za
Goeies! Ek hou van die lys.
Behalwe dat woorde uit Germaanse oorsprong dalk beter op die ore mag val wanneer dit met ander Germaanse woorde omring word (en dit is 'n swepende veralgemening), is daar enige ander positiewe stelling wat gemaak kan word wat hierdie anti-Romeinse kruisvaart regverdig?
Vir my ‘n goeie rede is dat 1) ek hou nie van Engels nie en 2) ek hou nie daarvan dat dit Afrikaans oorvat soos ‘n kanker.
Baie geluk hiermee. Ek gaan beslis voortaan bedag wees op woordgebruik in Afrikaans met moontlike alternatiewe wat ek vir julle kan aanstuur. Regsgeleerdes veral, en in navolging van veral die ou regsengels en regshollands, het nou maar eenmaal die geneigtheid om te wil "slim" en "belangrik" klink wanneer daar formeel geskryf en gepraat word! Dit terwyl die "gewone engels" veldtog wêreldwye sterk steun geniet. Vir my lê die waarde van hierdie poging van julle daarin dat ons Afrikaans verder ontwikkel deur die gebruikmaking van die ruimte wat Afrikaans self, en ook ons Suid-Afrikaanse omgewing daarvoor bied. 'n Onnodige "lenery" van woorde uit ander tale dui soms vir my op of luiheid of onnodige windmakerigheid! Nie dat sodanige lenery en uiteindelike deelwording van Arikaans van woorde en uitdrukkings van ander inheemse Afrika tale nie soms interessante moontlikede sal kan bied nie! Ek hoor baie hoe my Sotho-studente Afrikaanse woorde in hulle gebruikstaal vermeng en dit laat 'n warm gevoel by my opkom. Mits nie geforseerd nie, het ek geen beswaar as Afrikaans self eendag in sodanige rigting beweeg nie! Ons wil mos "inklusief" (!) wees! Of dalk," re akaretse".
In die natuurwetenskappe is die saak anders. Ons woorde kom uit die brontale van die oorspronklike skrywers ('algebra' en 'syfer' uit Arabies, 'elektron' en 'omega' uit Grieks, 'kontinu' en 'diskreet' uit Latyn, en talle meer). 'n Wiskunde-artikel is in die meeste gevalle leesbaar selfs in Russies (as 'n mens natuurlik eers jou weg deur hulle alfabet gestoei het). Dis mos 'n goeie ding.
Hoe meer woorde 'n mens tot jou beskikking het, hoe meer genuanseerd kan jou taalgebruik wees. Bv. die woord "oppervlakte" het twee betekenisse wat albei van kardinale belang in die wetenskap is, en ek kry nie 'n warm gevoel van Germaanse genoegdheid as ek besluit om een van die twee net "oppervlak" te maak nie. Dan sê ek liewer "area" vir die een — kort, kragtig en ondubbelsinnig.
Verder kan ek nie sien wat gespierd daaraan is om omslagtige omskrywings soos "differensiaal- en integraalrekene" (met twee klassieke woorde daarin) eerder as "kalkulus" te gebruik nie. Al het "wiskunde" die stryd teen "matesis" gewen, doen "skeikunde" en "natuurkunde" vir my smaak argaïes aan.
Ek kan met baie van die woorde op die lys saamstem, maar die beginsel "Germaans Goed, Klassiek K..." is wat my betref te simplisties. (Oorvereenvoudigend, as jy dan ses lettergrepe bo drie verkies.)
Wat taal betref, kan 'n mens nie op die lang termyn die volksmond oopsper en dogmadruppels in die keelgat af forseer nie.
Wat daardie laaste sin betref - daai's nou spiere: "Wat taal betref, kan 'n mens nie op die lang termyn die volksmond oopsper en dogmadruppels in die keelgat af forseer nie." Ek hou daarvan! Terloops, Engels is ook 'n Germaanse taal, al dink mense anders.
Mooi om hierdie lys uit te bou - gespierde mense gebruik gespierde tale.
Ek verstaan nie mooi die opgewondenheid oor die "Gespierde Afrikaans"-lys nie. Daar is geen nuutskeppings in die lys nie - almal doodgewone Afrikaanse woorde wat 'n mens in enige woordeboek kry. Of is die aanname dat sprekers, wat al so gewoond is aan die anglisistiese woorde, nie woordeboekgebruikers nie?
Tale wat met mekaar in aanraking kom, enersyds as gevolg van die feit dat verskillende tale sy aan sy in een gemeenskap gebruik word, en andersyds omdat sprekers van verskillende tale kennis opdoen van mekaar se tale, oefen op verskillende vlakke van taalbeskrywing (bv uitspraak, woordeskat, grammatika, betekenis) invloed op mekaar uit. Dit is ’n universele feit, wat met talle voorbeelde toegelig kan word. Wanneer twee tale om een of ander rede in wedywering met mekaar verkeer, soos in die geval van Engels en Afrikaans, as gevolg van politieke of ander faktore, is daar ’n verhoogde sensitiwiteit oor die mate van invloed wat (veral) van die sosio-ekonomies sterker taal uitgaan. Dit lei dikwels daartoe dat ooreenkomste wat duidelik sigbaar is, met agterdog bejeën word en in die geval van Afrikaans sonder meer as anglisismes gebrandmerk word. p>
Die vlakke van taalbeskrywing wat die duidelikste sigbaar is, is natuurlik die woordeskat en uitspraak, en daarom is ’n mens geneig om individuele woorde in die twee tale met mekaar te vergelyk en gevolglik as anglisismes te etiketteer, terwyl daar ’n veel groter invloed vanuit Engels op Afrikaans uitgaan op die (minder opsigtelike) vlakke van grammatika en uitspraak. p>
Engels en Afrikaans is beide Germaanse tale, en hulle kernwoordeskat stem dus in ’n groot mate ooreen (vgl die bekende voorbeeld “My pen is in my hand”), maar die klassieke tale Latyn (en dié se dogtertaal Frans) en Grieks het ’n sterk invloed op beide uitgeoefen, sodat Afrikaans en Engels dikwels ook woorde van klassieke herkoms deel. (’n Paar voorbeelde uit die teks van hierdie antwoord is “anglisistiese”, “feit”, “grammatika”, “universele”, “sensitiwiteit”, “sosio-ekonomies”, “individuele”, “klassieke”.) Wat algemene woordeskat betref, is Engels sekerlik in ’n veel groter mate deur die klassieke tale en (oa) Frans beïnvloed as ander Germaanse tale, soos Afrikaans en Nederlands. Maar klassieke leenwoorde wat in Afrikaans naas die Germaanse woorde gebruik word, verhoog dikwels (hoewel nie altyd nie) die beskrywingsvermoë van Afrikaans en onderskei betekenisse wat byvoorbeeld nie in Engels deur verskillende woorde uitgedruk word nie (vgl Afr “direksie”, “dirigeer”, teenoor Engels “direction” en “direct”). ’n Mens vind ook dat die styl (formeel/informeel) en register (tegnies/algemeen) ’n keuse tussen twee alternatiewe bepaal. In die vertaling van die Bybel laat ons ons dikwels ook deur hierdie riglyn lei. In die geval van Griekse, Latynse en Hebreeuse leenwoorde in die teks (“indringerwoorde” soos byvoorbeeld “tetrarg”, “denarius”, ea) word die betekenis wat uitsluitlik aan daardie woorde gekoppel kan word, en nie presies deur ’n moderne Afrikaanse woorde uitgedruk kan word nie, die maatstaf vir die insluiting van sulke woorde. p>
Laastens is dit miskien ook nodig om daarop te wys dat die herkoms van sommige vermeende anglisismes eerder aan die invloed van die klassieke tale en Frans op ouer vorme van Nederlands toegeskryf kan word as aan Engels. Neem maar net as voorbeeld die woord “sober”: In Middelnederlands kom die uitdrukking “Sijt sober ende waect” (“Wees matig en bly wakker”) reeds in 1348 voor, waar “sober” ontleen is aan die Frans “sobre”, uit ongeveer 1180, wat “matig’ en “deugsaam” beteken, en weer ’n ontlening is aan die Latyn “sobrius”: “nie dronk nie, matig, verstandig”. Die eerste optekening in Afrikaans hiervan kom voor in die Patriotwoordeboek van 1902, met die betekenis “matig”, “karig” en ook “nugter”. (Engels het hierdie woord in 1387 uit Frans oorgeneem, met slegs die betekenis “nugter”.) In die dagboek van Jan van Riebeeck is daar ’n groot getal sulke woorde wat hedendaags nie algemeen in Afrikaans gebruik word nie. p>
Uiteraard is daar talle woorde in Afrikaans wat nie so ’n gemeenskaplike herkoms met Engels uit die klassieke tale deel nie, en eenvoudig blatante anglisismes is wat geen bykomende betekenis- of styl/register-onderskeid tot ’n bestaande Afrikaanse woord kan voeg nie, soos “ejeksie”, “persuasie”, “impudensie” ea, en moet dus vermy word. Ons moet ons dan ook deur die register van die Bybelteks laat lei by die keuse tussen alternatiewe wat wél moontlik is. Dit is nie altyd ’n maklike taak nie, en daarom verg dit ook noukeurige beoordeling van sulke alternatiewe. p>
Met vriendelike groete
Ernst Kotzé p>
In die 21ste eeu weet almal wat sagteware is. Min weet wat programmatuur is. Almal weet wat die aansitter van 'n motor is, maar wie weet dat dit 'n knormoer is? 'n Vis en tjips winkel is eintlik 'n visenaartappelskyfierestourant.
Ek stel belang in hierdie probleem vanuit 'n psigolinguistiese perspektief. As sulks is my idees nie noodwendig taalkundig korrek nie.
Nie so lank gelede het George Carlin gekom met die konsep van "soft language". Ek vertaal dit as "dwaaltaal" - my term. Dit kan gedefinieer word as taal wat die impak van die oorsponklike term of verswak, of mens laat afdwaal van die oorspronklike betekenis van die konsep.
Die voorstelle lyk na 'n interessante manier om hierdie probleem aan te spreek.
Die beste voorbeeld is:
Jy stel 'n feit. OF Jy konstateer 'n feit. Lg stelling is tipiese dwaaltaal.
Die probleem is m i baie meer kompleks as die vervanging van taalvreemde terme. Mens kan nie die rol van die neurologiese struktuur van die brein ignoreer nie. Net so ook nie die rol van gewoonte, en die neiging om woorde te begin verkort om hulle makliker as spreektaal te gebruik. Angus se voorbeeld dat "Vis-en-tjips-winkel" 'n baie beter uitdrukking is, as die woord "visenaartappelskyfierestourant" is 'n uistekende voorbeeld.
Vanuit 'n sosiaal-sielkundige perspektief gaan dit buiten die leksikale of denotatiewe betekenis ook oor die konotatiewe betekenis en emosionele lading wat woorde dra. Hierdie punt is heel moontlik buite die veld van hierdie LitNet-stuk.
Ek kon skooltyd (1960s) nooit die bohaai oor Anglisismes kleinkry nie.
Anglisismes was totaal verboten, maar Fransismes, Duitsismes, Maleisismes, Zuluismes, Tswanaismes, Griekwaismes en vele meer, hulle was almal piekfyn.
En toe wonder ek altoos hoe dink die klomp anti-Anglisismerers het Afrikaans ontstaan ...
Kyk gerus ook na bestaande Afrikaanse ondinge:
Huidiglik (siesa!) - gebruik Tans
In die tegnologie (oeps! is daar dalk 'n woord met meer spiere?) is dit myns insiens verkieslik om te hou by meer "internasionale" woorde wat in die vakgebied verstaan word, bv "transformator" ipv "omvormer", "generator" ipv "opwekker", "transistor", "tiristor". "Beeldradio" het ook al geswig voor "televisie". Wat van "video", "cd" ("laserskyf" het dit nie gemaak nie) en "dvd"? Destyds is gepoog ("probeer") om "komper" ipv "rekenaar" (in die geval het Germanië geseëvier!) op ons af te dwing (nie "forseer" nie. Gelukkig het hulle nie "komputer" voorgehou nie, wat net bewys dat taal sy eie loop neem.)
Oor die algemeen moet gewaak word daarteen om nie te puristies ("behep met suiwerheid"?) te wees nie. Goggas soos "ek doen" (sonder voorwerp), wat taalkundig (in die geval liewers as "grammatikaal") nie sin maak nie.
'n Woord soos "opinie" (afkomstig uit Latyn) is vir my al net so ingeburger as "mening" en het soms ander betekenisse en nuanses ("skakerings"?)
Die saak is dus nie so eenvoudig nie. Waar moontlik moet pretensieuse ("vertonerige"?) en wollerige woorde vermy word.
Dink net hoe klink 'fassinasie' in 'n Afrikaanse tesis.
Sommige mense het 'n fassinasie (is behep?) met wollerige woorde ...
'n Amerikaanse professor (Irving Younger) het regslui gewaarsku teen die gebruik van "a polysyllabic slab of jargon" wanneer 'n penny-word voldoende is. My leuse is, kort woorde, kort sinne, kort paragrawe.
Verskoon my asseblief as ek maar swaar sluk aan hierdie onderwerp terwyl die volgende net hierbo verskyn:
outentiek - eg?
edutainment - opvoedende vermaak? vermakerige opvoeding?
bucket list - emmerlys is so onoortuigend, is dit nie?
geakkrediteerde (artikels) - goedgekeurde, aanvaarde, erkende (artikels)?
kreatief - wat is fout met skeppend(e)?
fiksie - verbeeldingswerk?
essay - opstel?
Sommige woorde of terme het 'n besondere betekenis - kyk maar na bucket list - wat verloor word in die soeke na 'n eg (outentieke?) Afrikaanse woord van Germaanse oorsprong. Verder, alhoewel Afrikaans die draer van ons kultuur is, is ons kultuur self nie suiwer nie. Elemente en invloede van elders is oral te sien.
Ek sien Joan Hambidge gebruik vandag "komputer" in 'n resensie (genoeg spiere?) in die Burger.
As woorde so naas mekaar bestaan in 'n taal, is daar 'n rede voor, en die rede is dat hulle nie absolute sinonieme is nie.
Ja, maar taal laat hom nie in 'n blik druk nie. As 'n term soos "rekenaar" by die sprekers/ gebruikers ingeburger is, dan kan jy nie sommer "blikbrein" of "komputer" op hulle afdwing nie.
Hoe lekker lag ek nou vir bucket list - emmerlys.
Ek stel voor voorjylepelindiedaksteeklys.
Ek dink Mark Twain sou 'n woord of twee oor voorjylepelindiedaksteeklys gepreek het. Never use a dollar word when a penny word wil do.
Wat van terwylonsnogbogrondswakkerwordlys? Ons hou mos van sulke lekker lang Germaanse woorde.
Koos Holzhauzen slaan die spyker op die kop! Jy kan 'n taal standaardiseer en bearbei soos jy wil, maar hy gaan sy eie gang. As jy vir Riemvasmaak se mense sê die dispuut oor hulle grondgebied is eintlik 'n geskil, sal hulle wil weet waar die pampoen is.
Leenwoorde en -ismes. 'n Aspek wat miskien beklemtoon moet word, is die wesenlike verskil wat bestaan tussen leenwoorde en -ismes in 'n taal. Jare gelede al het iemand beklemtoon dat enige woordvoorraad van 'n taal bestaan uit: erfgoed, leengoed en eie goed. Veral die tegnologie vereis [soms] dat van leengoed - hopelik net tydelik gebruik gemaak sal word. Lui of verloopte taalgebruikers is egter soms geneig om sulke vreemdelinge permanente verblyf in die taalakker te laat kry. Dié optrede strem meestal die vorming van taaljuwele soos 'bromponie' en 'blitsboodskap' [BB ipv SMS] en self iets soos 'koggel-klofie' wat onlangs in die taalnuus was ...
Daarteenoor is die eintlike taalgoggas die -ismes wat wat as onkruid in die taalakker vestig - en soos onkruid maar maak - die taaleie geleidelik vernietig. Verwysende na die taal waaruit die woorde en veral frases [wat na die vreemde taal gevorm word] word gepraat van bv neerlandismes, germanismes, latinismes, bantoeïsmes en tov Afrikaans veral anglisismes en selfs al amerikanismes. Iets soos 'hy doen' of 'hulle het toe nie opgedraai nie' [suiwer Afrikaanse woorde maar verwurgend verkeerd ingespan] laat enige taalgevoelige gril.
Ek dag ons was verby die era van anglisismejag. Heelwat van die Romaanse woorde (nie Engels nie) wat in die lys deur Germaanse woord vervang word, is natuurlik verrykend, maar dit hang altyd van die nuanse af. In die natuurwetenskappe kan ons nie sonder Romaanse woorde klaarkom nie.
Ons kan wel klaarkom sonder die gedrogwoord 'oorsig' wanneer ons 'toesig' bedoel. Die Afrikaanse media behoort hulle in dié verband te skaam.
Dit doen my hart goed om hierdie lys te lees. Ek het onlangs Reisiger van Elsa Joubert gelees, en ek wonder waarom hierdie gevierde Afrikaanse skrywer dit nodig gevind het om die volgende woorde te gebruik: bisar, aberrasie, omineuse, kloustrofobies, preker (met ’n kappie op die 2e e), nerveuse, fabuleuse, atrositeite, mirakel, literatore, efemeer, embarrasseer.
Ek skryf 'n boek. Ek poog om ontslae te raak van alle woorde van Romaanse (Latyn) oorsprong. Dit is 'n nabootsing van Engels wat internasionaal (we^reld-wyd) geword het. Dit vernietig die beginsel en begrip van Moedertaal dink/+/doen of ook dink☯doen. Hoekom praat mense in ander tale nie van Vadertaal nie. In die ma se baarmoeder hoor die wordende-Baba "fetus" slegs die ma se pratery. Dit vorm die wBaba se toekomstige taal-ordening en taal-gebruik as kind en later groot-mens (volwassene). As sy dikwels woorde van 'n ander taal taal los-weg gebruik, skep dit wan-orde "chaos" wat die ongebore baba se deinkery verwar. Later, reeds as kleuter, begin hy☯sy geweldadig raak. Die letter-teken ☯ word die Sjinese YinYang "simbool" genoem wat reeds meer as 2000 jaar gebruik word. Dit volg uit die wyse Sjinees Confucius (ongeveer 2500 jaar gelede) se mymeringe. (Hy het in dieselfde tydvak as Salomo geleef. Ons eie beskawing verbrokkel omdat ons kinders van vele kleure aan "rewolusies" (herorderinge) bloot gestel word.
"Ek poog om ontslae te raak van alle woorde van Romaanse (Latyn) oorsprong."
Ag nee man! Hierdie houding misken (ontken?) daardie deel van ons herkoms wat Frans is (ongeveer 17% in die Afrikaanssprekende bloed) en is klaarblyklik onbewus van die feit dat ons reg grotendeels op die Romeinsereg gebaseer is. Ek wil nie eers die Christelike geloof noem nie, maar dit het ook uit Rome by ons uitgekom.
Daar is ongetwyfeld ander invloede wat gehelp het om Afrikaans te vorm. Moet ons dit nou ook ontken? Dit sal dalk help om Christo Van Rensburg sy bydraes oor die herkoms van Afrikaans te raadpleeg.
Ek stem 100 persent saam, Chris! Behalwe dat dit onmoontlik is om daardie woorde te elimineer, berus dit op valse aannames oor die herkoms van Afrikaans.
Chris, my sin "Ek poog om ontslae te raak van alle woorde van Romaanse (Latynse) oorsprong" het weinig met Frans (taal en kultuur) te doen.
Die Romeine was vir amper 2000 jaar die tweede grootste kolonialiseerders ter wêreld. Die probleem met hierdie "landgrypers" is dat hulle die inwoners se MOEDERtale onderdruk. Daar bestaan nie so ’n ding soos 'vader'-taal nie want enige vader het nie ’n baarmoeder en groot borste met melk in waaraan die baba kan drink nie. Die baba hoor ongeveer +/- 4 maande voor en +/- 4 maande na geboorte net die moeder se taal. Nog meer, dit word versterk deur al haar kliere se afskeidings sodat dit is soos om ’n boom af te kap as die moedertaal deur ’n manlike oorwinnaar se taal afgekap word.
Moderne tegnologie tot op die vlak van selfone in die hande van kinders sonder sorgsame skoling het die byl geword waarmee die jeug onder die leiding van die revolusieleiers afgekap word van die beskawing wat terugwortel tot 7 duisend jaar gelede in Egipte!
Ek gaan nie die huidige kolonialiseerders identifiseer nie. ’n Intelligente mens kan dit self doen. Vervang al die Romaanse woorde met moedertaalwoorde en begryp wat ek bedoel.
Myns insiens kan mens nie blindweg 'n keuse maak ten gunste van die Germaanse vorm teenoor die Romaanse vorm nie. Soos prof. Ernst Kotze hierbo aangedui het, het die Romaanse vorm wat met die eerste oogopslag soos 'n ekwivalent vir die Germaanse vorm lyk, soms 'n ietwat ander betekenis. In daardie opsig brei dit die woordeskat uit.
Neem maar die voorbeeld van vier konsepte wat in Engels alles met die woord "number" weergegee word. Afrikaans het vier woorde vir die vier konsepte: nommer, syfer, getal en aantal. Dis 'n mengeling van woorde van Romaanse en Germaanse herkoms. "Nommer" dui nooit 'n hoeveelheid aan nie; dis bloot 'n element in 'n reeks -- bv. soos op jou kar se nommerplaat, jou foon of jou huisnommer in 'n straat. Daarteenoor het "syfer" te make met geld of ander groothede, "Getal" het te make met telbare items of mense. "Aantal" is vir dieselfde konsep, maar waar die getal onbepaald is. Die punt is, mens wil tog nie enige van hierdie konsepte by die venster uitgooi ter wille van 'n weersin in òf Romaans òf Germaans nie.
In die tegniese wêreld illustreer die gebruik van beide die Romaanse en Germaanse woordeskat die voordele ook mooi. Koms ons neem 'n paar konsepte rondom beurtkrag: Breedweg word die toestel waarmee krag in 'n kragstasie opgewek word 'n generator genoem. Dieselfde geld vir die eenheid wat jy aanskaf om in tye van beurtkrag vir jou elektrisiteit by jou huis of besigheid te verskaf. Dis ook 'n generator, gewoonlik aangedryf deur 'n petrol- of dieselenjin. "Enjin" is Romaans. Die hele eenheid word 'n generatorstel genoem. Dis 'n mengeling van Romaans en Germaans. "Kragopwekker" -- die Germaanse vorm -- is nie verkeerd nie. Maar die verkorte vorm "opwekker" is vir ingenieurs gewoonlik nie aanvaarbaar nie. Dis omdat in 'n generator in 'n kragstasie -- meer presies 'n alternator genoem (ook Romaans) -- daar 'n toestel is wat 'n opwekker genoem word. Dis Germaans. As jy jou noodkrag van batterye (Romaans) af kry, moet jy dit van gelykstroom omskakel na wisselstroom (220). Daarvoor gebruik jy 'n wisselrigter. Dis die omgekeerde proses van 220 V-krag omsit na gelykstroom om 'n battery te laai. Daarvoor word 'n gelykrigter gebruik. Beide "wisselrigter' en "gelykrigter" is Germaans. Beurtkrag is die resultaat van lasafwerping. Laasgenoemde is die tegniese handeling wat, as dit vir verskillende gebiede om die beurt gedoen word, tot beurkrag lei. (In teorie kan mens lasafwerping sonder beurtkrag hê.) Die terme "lasafwerping" en "beurtkrag" is Germaans.
Ek hoop bogenoemde is 'n duidelike illustrasie dat mens in Afrikaans nie sonder die een of die ander kan klaarkom nie; jy het beide die Germaanse en Romaanse vorme nodig.
Myns insiens is die grootste uitdaging by die opname van woorde uit ander tale nie die herkoms nie, maar die spelwyse. Gelukkig weet ons dat mens "generator" in Afrikaans uitspreek en nie as "djenneryter" nie. Maar hoe gemaak met 'n Engelse woord soos "happy"? Myns insiens is daar 'n plek daarvoor in Afrikaans. Spel jy dit dan as "happy", "happie", "hêppie", of "hêppy"? Baie se eerste reaksie sou wees dat mens die oorspronklike Engelse spelling moet behou. Maar met die toenemende opname van Engelse woorde kan dit 'n onhoudbare situasie word. Want dan is jy besig om die betreklik eenvoudige en betreklik logiese spelwyse van Afrikaans te besoedel met 'n veelheid van niestandaard-spelwyses.
Ek sal graag bygewerkte lys wil ontvang.
Baie dankie.
Ek sien te dikwels die woord "konsep" in die kommentaar. Dit smaak nie vir my na gespierde taal nie. Wat het van "begrip" gework?
Ek sien te dikwels die woord "konsep" in die kommentaar. Dit smaak nie vir my na gespierde taal nie. Wat het van "begrip" geword?
Chris is reg. Ek kon in my tweede paragraaf hier bo net so wel "begrip" in plaas van "konsep" gebruik het.
Maar nie uit die oog te verloor nie, is dat die woord "begrip" volgens HAT drie moontlike betekenisse het, waarvan net een 'n sinoniem is vir "konsep" -- ironies die woord waarmee HAT hierdie betekenis van "begrip" verduidelik.
Maar mens moet darem ook nie "konsep" uit die taal probeer weer asof dit anglisisties is nie. Dis 'n Romaanse alternatief in sekere gevalle (soos met "begrip" hier bo), maar in ander gevalle is dit betreklik uniek en onvervangbaar. So is dit in die geval van "die voorlopige formulering van 'n dokument", soos in konsepwet, konsepverslag en konsepkontrak".
En ook nie buite rekening te laat nie is die afleidings soos "konsepsie", "konseptueel", "konseptualiseer", "konseptualisasie" en "konsepsioneel". Sonder 'n begrip van die woord "konsep" is hierdie woorde nie juis sinvol nie.
Laastens, die uitspraak is natuurlik van kardinale belang, met die klem op die laaste lettergreep, die "-sep" van "konsep". Met die klem op die eerste lettergreep is dit 'n liederlike anglisisme!
Ag dankie tog vir saamdinkers! Skitterend!
Ek kry ritteltits as mense 'n besigheid 'hardloop' i.p.v. bestuur!
Ek stem met Ronnie Seeber saam. By Eskom het ons dikwels internasionale woorde soos "generator", "transformator", "tiristor", "transistor" gebruik, maar wisselrigter eerder as "inverter". 'n Advertensie op RSG vir sonkrag is tipies deurspek van mengeltaal soos bv."grid" i.p.v. kragnet.
Hanlie, jy kan natuurlik ook sê jy "bedryf" 'n besigheid. Dan sluit dit al die goed in wat jy doen om die besigheid aan die gang te hou, o.a. die bestuur daarvan.
Hanlie, as jy 'n besigheid het, moet jy maar seker maar die ding hardloop. Sakeondernemings word bestuur.
Vanoggend weer 'n woord gesien wat my laat gril het. Solvabiliteit. Ek gryp die woordeboek en hy is daar! Daar moet sekerlik 'n mooier woord wees?
Claire, daar's geen nodigheid om te gril nie. "Solvabiliteit" hang af in watter verband jy die woord gebruik. In sekere gevalle is hy die beste woord en in ander gevalle ongewens.
In ekonomieverband het "solvabiliteit" tog 'n plek. Dis baie naby aan die finansiële woord "solvent" en in sekere gevalle kan dit 'n sinoniem vir "solvent" wees. Dit dui hoofsaaklik op 'n besigheid se vermoë om sy skulde te betaal. Jy mag dalk weet dat 'n firma aan wie jy jou produkte wil verkoop sukkel om sy skuldenaars te betaal. Dan kan jy vir jou gespreksgenoot sê: "Ek het groot bedenkinge oor die firma se solvabiliteit en gaan liefs nie met hom besigheid doen nie. Ek sou nie verbaas wees as hy een van die dae heeltemal bankrot is en as insolvent ('n regsterm) verklaar word nie." Woorde soos "kredietwaardigheid" en "betaalvermoë" kan natuurlik ook gebruik word, maar het miskien nie heeltemal die formele konnotasie wat "solvabiliteit" het nie. Dit dui op swak kredietwaardigheid en betaalvermoë weens die firma se finansiële posisie en nie sommer net weens algemene swak bestuur nie.
As vertaling vir die Engels "solvability" in die volgende voorbeeldsinne deug "solvabiliteit" oor die algemeen nie en is "oplosbaarheid" die beter woord: (a) Die oplosbaarheid van koeksoda in koue water is maar swak; die water moet ten minste louwarm wees; (b) Die oplosbaarheid van hierdie probleem lê by die gesindheid van die partye teenoor mekaar.
Die grondwoord in "solvabiliteit" is "solver" en kom uit Oudfrans, wat dit op sy beurt van Latyn gekry het. Die oerbetekenis is "om los te maak". Woorde in Afrikaans met hierdie grondwoord kom uit Nederlands en/of Engels wat dit albei uit Frans gekry het. En ons het 'n hele paar woorde wat in die handel hul oorsprong in hierdie grondwoord het, nl. solvent, solvensie, insolvent en insolvensie. Ons beskou hulle tog nie as vreemd nie.
Die woord "solvabiliteit" kom in leidende vertalende en verklarende woordeboeke voor (sien bv. Pharos se Sakewoordeboek en ook hul Afrikaans-Engels / Engels-Afrikaans-woordeboek. Ook Pharos se onlangse uitgawe van die Tesourus van Afrikaans bevat die woord.
Ek het altyd groot vertroue in die vele woordeboeke, bv. vertalende en verklarende woordeboeke, ook vakwoordeboeke en bg. tesourus. Hulle is gewoonlik saamgestel deur slim en kundige mense. Taalkundiges en vakkundiges het 'n groot rol gespeel by die keuse van vakterme. Dit sou vir my 'n kwade dag wees as ons hul leiding ignoreer. Dis natuurlik nie te sê dat ons nie nuwe woorde, waar nodig, kan skep nie. Die woordeboeke moet groei soos taal en tegnologie groei!
So, "solvabiliteit" is maar net nog 'n Romaanse woord wat ons taal verryk.
Baie dankie vir ougat plasing !
Wanneer ek woorde soos "solvabiliteit" voel ek gdwonge om ook soos "Pendoring Beperk" laaste woorde te uiter: "OK Baai!"
Moet tog nie my "Meisie" (Afrikaans) vet maak nie asseblief!
Kom luister weer saam op RSG na Weeksdae: Rika Sennett lees Audrey Blignault, om ons dapper, dawerende, strelende taal in al sy krag, gevoel en liefde te ervaar!
Ek voel verder dat selfs die "konsep" op sigself, meestal vervang kan word met gedagte, ontwerp, uitsig, ens. afhangende van die verband, bv wetsontwerp.
Ja-nee, on sake the bedryf is soveel beter as om 'n besigheid te hardloop, al wil ons graag dat ons besighede moet hardloop en nie gedryf word nie 😉
"hofrekord" moet liefs "oorkonde" lees.
Bestaan daar 'n sinoniem vir "passie"?
Volgens Pharos se Sinonieme en verwante woorde is jou keuse:
hartstog, liefde, temperament.
Is daar nie 'n beter woord in Afrikaans as "ekwivalent" nie, asseblief?
Die tweetalige Pharos-woordeboek sal jou help. Dit hang alles af van die spesifieke betekenisaspek en of die 'n werkwoord
of 'n selfstandige naamwoord is. Ek sien egter in die algemeen niks verkeerds met ekwivalent nie.
Ekwivalent = gelykvormig.
Sinoniem vir "regenereer"?
Gelykvormige driehoeke, uitruilbare begrippe, ens.
'n Mooi Afrikaanse woord vir 'compromise', asseblief?
compromise = om te skik / skikking.
Is daar 'n gratis aanlyn Afrikaanse verklarende woordeboek waar 'n mens 'n woord kan opsoek en kyk watter sinonieme aangebied word?
Ai, ek verlang al jare 'n tesourus in Word. Kan NWU of Pharos nie 'n plan maak nie?
Dankie! Dis 'n oulike lys!
Ek voel wel dat daar 'n plek is vir die woord 'realiteit', saam met woorde soos 'reëel'. Realiteit is 'n goeie woord met verwysing na fisiese feite.
Die woord 'werklikheid' het ryke betekenis en 'n waardevolle gebruik met verwysing na (pragmatiese) waarheid, soos Hegel se gebruik van 'Wirklichkeit'. 'n Werklikheid is 'n waarheid wat kan werk, een wat lig werp op 'n situasie, en hierdie twee aspekte, saamgevoeg, dui op die staat van daardie waarheid.