Kos en wyn

Resensies, artikels en kos-rubrieke vir fynproewers
Reviews, articles and food columns for foodies

Sluk daai ertjies (saam met pasta, spek en room)

Karen Hart Kos en wyn 2024-09-13

"Maar noudat ek my woorde gesluk het – en daarmee saam ’n hele vurkvrag groen albastertjies – bly my gunsteling-ertjiemaal hierdie eenvoudige pastagereg. Jy kan natuurlik jou eie pasta maak, wat die gereg nóg lekkerder maak – maar as die tyd min is ..."

Swartboonsop vir die samesyn

Karen Hart Kos en wyn 2024-08-19

"My lotsgebondenheid, glo ek, is om mens en dier te voer. Ek is soos ’n wafferse Italiaanse mama, gedurig besig om te kook en mense om my tafel te versamel. En in hierdie vreeslike koue winter sorg ek dat daar altyd ten minste ’n pot sop aan die prut is."

Promosie: Reis met rys

Karen Hart Kos en wyn 2024-08-02

"Jy kan tog nie bredie eet sonder rys nie? Kerrie en rys. Bobotie en geelrys. En wat is meer verkwikkend op ’n warm somersdag as ’n lekker rysslaai wat eintlik groen is van al die vars kruie? Noem maar op – daai lekker Chinese gebraaide rys met die repies eier, breyani, kitsery, pilaf, risotto ... ai, die risotto ..."

First sip: One pot cooking for South Africans by Louisa Holst

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2024-08-01

One pot is for anyone looking for quick-and-easy family supper solutions using economical, local ingredients. The book is ideal for busy people, families and young adults, as well as for weeknight meals and camping trips and has everything from cooking tips, soups, stir-fries, pasta and rice dishes, to batch cooking and sweet treats. Read a selection of recipes here.

Winterkokon en pastavelle: avonture met lasagne

Karen Hart Kos en wyn 2024-07-17

"En net daar, met my eie handgemaakte lasagnevelle laag op laag gepak met die geurige vleissous tussenin, het ek nog ’n keer my hart verloor."

Die lekker lewe – koffie en lamsboud

Karen Hart Kos en wyn 2024-06-13

"My liefde vir koffie het op Volmoed begin. Ek was agt jaar oud en het deur die opening in die plankheining geklim om by tant Martjie langsaan te gaan kuier. Veral wanneer sy koffiebone op die oop vuur in ’n groot ou ysterpot gerooster het." Lees meer oor Karen Hart se potgebraaide lamsboud met koffie en bosbessies.

Koningskos uit ’n knoetserige ou knol – patat-en-tiemie-sop

Karen Hart Kos en wyn 2024-05-14

"Die lekkerste lekker vir my is die patat so in sy skil in die oond gebak. Ek eet hom net so uit die skil uit – daardie aardse lekkerte het niks nodig nie, net ’n bietjie geduld met die afkoelslag."

Botterhoender met maan en musiek

Karen Hart Kos en wyn 2024-04-16

"Dis met hierdie musiek en harmonie in my kop en hart dat ek geur en kleur in my potte kombineer en met die wonderlikste smake vorendag kom. Die musiek gee balans aan alles. En met die maan wat, selfs wanneer ek hom nie sien nie, oor my waak, hoe kan ek anders as om lepelsvol van daardie betowering in my kospotte in te roer."

Herfsvye bring vreugde

Karen Hart Kos en wyn 2024-03-19

"Vir my is die mooiste van die vy dat dit nie regtig ’n vrug in die ware sin van die woord is nie. Dis eintlik ’n blom, sê hulle, wat na binnetoe groei. En as jy ’n vy oopsny, kan jy sien hoe waar dit is." Karen Hart deel ’n vyetertresep.

Bekbrandrissiepot vir Valentynsdag

Karen Hart Kos en wyn 2024-02-13

"Rooi ... As ek aan Valentynsdag dink, sien ek rooi. Nie die rooi van die hartjies en goetertjies wat kort ná Kersfees al op die winkelrakke begin propaganda maak vir die liefdesfees in Februarie nie. Nee, daai soort rooi wat die bul kop omlaag laat stof trap en storm."

In die sop op kykNET: ’n onderhoud met Maryke Roberts

Naomi Meyer, Maryke Roberts Kos en wyn 2024-01-31

"Die proses is ’n baie emosionele ervaring vir restauranteienaars, en dis goed om ’n skouer te hê waarop hulle kan huil. Om te erken jou besigheid is in die sop, is baie moeiliker as wat die meeste mense besef, en om dit boonop op nasionale televisie te doen, nog meer uitdagend."

Ode aan die ui – Franse uiequiche

Karen Hart Kos en wyn 2024-01-16

"Uie, soos Neruda ook sê, is bestem vir die arm man se tafel. En in die baie lang en behoeftige Januariemaand was dit ’n uitkoms. Maar met hierdie eg Franse quiche word die ui tot koningskos verhef."

’n Kerssprokie ... met bobotie en geelrys

Karen Hart Kos en wyn 2023-12-19

"Op my Kerstafel skep ek ’n nuwe kossprokie – ’n lekker tradisionele feesmaal wat my sak pas en my nie gaan laat bloed sweet tot einde Januarie nie. Bobotie met geelrys en stoweperskes, omring deur bakkies met klapper, blatjang en sambal, miskien nog ’n lekker vars slaai – vir die koeligheid en die mooi."

Trek vir daai blik tuna ’n feesrokkie aan

Karen Hart Kos en wyn 2023-11-15

"Hierdie jaar, het ek besluit, trek ek vir November ’n feesrokkie aan. Ek neem ’n eenvoudige blikkie tuna en maak daarvan ’n feestelike dis wat selfs op die Kerstafel nie sal afsteek nie. En ek lag saam met my pa al die vrese weg vir die hartseertyd wat voorlê – ’n 24ste Kersfees sonder hom en ’n eerste sonder my ma."

Solank as die lepel in die pappot staan

Karen Hart Kos en wyn 2023-10-18

"Maar dan sal ek skielik op ’n Sondagmôre wakker word met die vreemde verlange in my en die pappot nader trek ..."

Erfeniskos en die EasyEquities-skrywersfees by vanjaar se Woordfees: ’n onderhoud met Fayruza Abrahams

Naomi Meyer, Fayruza Abrahams Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-09-22

"Curry stains all over the kitchen surfaces, dishcloths stained with turmeric and borrie and Tupperware tainted forever … But we love it!" In hierdie tweetalige onderhoud deel Fayruza Abrahams ook ’n kerrievisresep.

Ontdekkingsreis van geure in dié bleeksiel-lensieskottel

Karen Hart Kos en wyn 2023-09-19

"Ek het intussen die lensies in my kombuis tot sterstatus verhef met my verruklike lensiebobotie en geurige lensieburgers, heerlike lensiesop met varkskenkel en ’n heel gesofistikeerde lensieslaai. Maar hierdie dis, waarmee ek destyds die platsak kanniekokers verlei het, bly nog my gunsteling ..."

Wen kaartjies na die Stellenbosch Craft Drinks Festival!

LitNet Leefstyl 2023-09-06

LitNet en die Stellenbosch Craft Drinks Festival gee 3x2 kaartjies weg. Dit sal drie paartjies die geleentheid gee om die fees by te woon.

Marmite-koek vir die onthou

Karen Hart Kos en wyn 2023-08-16

"Die tafels het gekreun onder al die borde eetgoed wat Prince Albert se dorpstannies aangedra het. Maar al wat ek onthou, is die koddige klein broodvierkantjies, botter en Marmite in die middel, alkant aan die buitekant gesmeer met ’n botter-Marmite-mengsel en in fyn biltong gerol."

Die betowering van sjokolade en klapper

Karen Hart Kos en wyn 2023-07-13

"Met die proeslag het ek onmiddellik geweet: Ek gaan nie rus voordat ek hierdie resep my eie gemaak en vervolmaak het nie. Dit was nie maklik nie. Daardie Grootbrak Romany Creams was ‘n belewenis. Na etlike probeerslae het ek toe eindelik geweet ek het ‘n wenner. Dit was die begin van die einde."

Top