Kos en wyn
Resensies, artikels en kos-rubrieke vir fynproewers
Reviews, articles and food columns for foodies
Press release: The lantern festival | Persverklaring: Vanjaar se tema is Lanternfees
2023-02-23A McGregor night food and wine event on Saturday 25 February 2023. | Die meeste van die plaaslike eetplekke het saamgespan om hul onderskeie unieke disse ten toon te stel.
Suurlemoenpoeding en die geneuk met nostalgie
2023-02-22"Dié poeding kom lê soos ’n liggeel wolkie, met die tinteling van suurlemoen, op jou tong. En jy kan net eenvoudig nie genoeg kry nie. Ek het gesien hoe die bak krimp en nie eens skuldig gevoel nie."
O, koek!
2023-01-20"Wanneer jy kan koek bak, glo mense jy kan wondere verrig. Ek sukkel om nee te sê. En sedert ek op 12, sonder ’n koekpan in die huis, besluit het om ’n koek te bak, kan ek ’n uitdaging nie weerstaan nie."
Molassehoender: ’n mond vol lekkerte uit die moeras
2022-12-19"Met elke happie kan jy agteroor sit en dankie sê dat daar tog iets goeds in die taai donkerte skuil en soos klein Anthony met dankbaarheid nog ’n kans op ’n nuwe jaar met albei hande aangryp."
Artificial intelligence creates a recipe for a sugar-free chocolate cake
2022-12-13"To bake a chocolate cake without sugar, you can use a sugar substitute such as stevia or xylitol in place of sugar. You can also use natural sweeteners such as honey or maple syrup to sweeten the cake."
My hart is in ’n hot dog
2022-12-12"Die rolletjie – wit, nie volgraan of een of ander 'gesonde' alternatief nie – moet net liggies gerooster wees, en lank genoeg om die worsie byna heeltemal te bedek. En die worsie self moet so ’n knakgeluidjie maak wanneer jy daardeur byt. ’n Lekker mosterd- en tamatiesous daarby, en ek is in hot dog-hemel."
Karen se blatjanghoender
2022-11-17"Mrs Balls se blatjang is so deel van ons koskultuur soos biltong en beskuit. En gaan kyk maar in Ouma se handgeskrewe resepte – iewers daar sal jy op ’n resep vir blatjanghoender afkom, tot vandag toe nog ’n groot gunsteling."
Bloedlemoen, o bloedlemoen ...
2022-09-21"Die ou lemoentjie lyk maar doodgewoon, nes sy boeties en sussies. Maar as jy hom oopsny, is dit ’n heel ander storie. Binne-in is die oranje segmente plek-plek met ’n byna persrooi gevlek en die sap is soos bloed. Die smaak is sitrus en tipies lemoen, maar effe soeter met ’n byna framboserige ondertoon."
Wen kaartjies na die Stellenbosch Craft Drinks Festival!
2022-09-19LitNet, in samewerking met LK Mediabook en die Stellenbosch Craft Drinks Festival (SCDF), gee 3x2 kaartjies weg. Dit sal drie paartjies die geleentheid gee om die SCDF op 8 Oktober by te woon.
Karen se Tafelberg-potjie (vir M)
2022-09-01"Hierdie een is nou baie hoog boaan die trefferlys en ek maak dit gereeld. Wanneer hy vir hom van hierdie potjie skep, sê M, lyk sy bord soos Tafelberg, lekker hoog gestapel. Dis een van sy groot gunstelinge."
My winter word gemmer
2022-08-01"Met ’n koppie rooibostee en ’n gemmerkoekie vir troos, kyk ek diep in Bliksem se goue oë, knipoog vir hom en sê uit my hart uit vir my buurman dankie vir die gemmer in my lewe. Terwyl ek nog kan ..."
Liefdesrituele in my kombuiskatedraal
2022-06-15"Een van die lekkerste kosrituele is die maak van frikkadelle. Eenvoudige kos, ja, maar moenie dat enigeen dit sommer afmaak as alledaags nie."
Kragkapingskos: Jafels
2022-06-02"Maar die lekkerste van die kragonderbrekings is dat dit genoeg verskoning is vir jafels maak. Met al die gepreek teen brood en al die ander sondige dinge is dit te lekker om te sê: 'Ja, maar Eskom ...' en met volle oorgawe jou tande in ’n lekker boepensjafel in te sink. Dink net aan al die lekker vulsels – jy kan tot ’n soet jafel met ’n melktertvulsel maak!"
Nommer, asseblief! Telefoonpoeding
2022-04-29"Maar dis in die nederige ou boekies wat saamgestel is in ’n poging om fondse in te samel waar ek op die wonderlikste ou resepte afkom. Soos 'Kies en keur', ’n resepteboek wat in die sewentigerjare deur die Goudveldse Dagsentrum vir Gestremdes saamgestel is. Dis daar waar ek dié resep vir telefoonpoeding raak gelees het."
Ek sê dankie met roomys
2022-03-16"En daar op die heilige Sondag het die gedagte aan roomys my weer teruggevoer. Ek het skielik besef ek soek verniet na betowering as daar nie dankbaarheid in my hart is nie."
Wen kaartjies na die Stellenbosch Craft-bierfees!
2022-02-24LitNet, in samewerking met LK Mediabook en die Stellenbosch Craft-bierfees, gee 5 x 2 kaartjies weg na die Stellenbosch Craft-bierfees op 5 Maart 2022.
’n Sprokie en ’n boek vir ’n hartskombuis (en ’n resep vir Karen se Repelsteeltjies)
2022-02-21"En so het elk van die duisende kookboeke op my rakke sy eie komvandaanstorie. Ek mag miskien so ’n bietjie vergeet het, maar die oomblik wanneer ek ’n boek oopslaan, begin die hele storie weer voor my afspeel."
Sampioene
2022-01-25"Maar daardie sampioene … Kyk, as ’n Karookind jou sê jy kan maar die vleis los en net van die sampioene gee, dan moet jy weet – dis blerrie lekker."
Terugkeer se tweede seisoen op VIA: ’n Onderhoud met Hevette Ates
2022-01-12"Die samesyn rondom kos aan etenstafel en die bekoring van die leefstyl in klein dorpe was die inspirasie vir die program."
Vir die voëls – tydens die feesseisoen
2021-12-22"Die voerdery bly ook nie net by die voëls nie. Ek is op my gelukkigste wanneer ek ’n tafel vol mense kan kos gee. Iewers in ’n ander lewe was ek seker ’n Italiaanse mama wat al haar kinders en familie om ’n tafel laat aansit en borde vol pasta gevoer het."