Hannes Visser skryf op Facebook:
Ons slaag uitstekend daarin om ons lewens geweldig kompleks te maak. Nie te lank gelede nie, kon mens by ’n koffiewinkel op die stoep gaan sit en koffie bestel en die keuses was warm of koue melk. Dit was ongekompliseerd. Deesdae is dit soos ’n aanlegtoets, want daar is selfs aanwysings en diagramme op borde wat presies verduidelik wat elk van die 32 verskillende koffiekeuses is.
En al gee mens halfpad op en bestel “Net ’n koffie asseblief”, is dit ’n komplekse storie:
Filter of Americano?
Gewoon, groot of mega?
Sit of wegneem?
Enkel- of dubbelsterkte?
Gewoon of kafeïenvry?
Warm of koue melk?
Volroom, laevet of vetvry?
Bees-, bok-, klapper- soja- of moedersmelk?
Suiker of versoeter?
Wit of bruin suiker?
Korreltjies of blokkies?
Pilletjies of sakkies versoeter?
“Nee wat, eerder net ’n Coke.”
Gewoon, suikervry of light?
Bottel, blikkie of glas?
Met of sonder ys?
Gewone ys of ys van gesuiwerde water?
Met of sonder skyfie suurlemoen ...?
Geen wonder omtrent almal is op een of ander medikasie, berading of sielkundige behandeling nie.
Kommentaar
Raak gepraat!