SêNet-briewe
St Lucia en die legende van die Kruger-miljoene
2026-08-21"St Lucia se stories is dit werd om onthou en vertel te word. Ek hoop daar kan eendag ’n bron wees waarin al die verhale van St Lucia se legendes, nes die Krugermiljoen-mite, openlik en waardig gedeel kan word."
Projek Panama: Die graf van die biblioteek
2026-08-19"Die ironie is bitter. Anthropic wou die model leer om keurig te skryf. Om dit te bereik, het hulle die skatkamers van goeie skryfwerk, veral die skaarser, ouer en sorgvuldiger tekste, stelselmatig vernietig. Die medium is geoffer vir die nabootsing daarvan."
JH de Klerk se Sterrekundewoordeboek
2026-08-18"Weens verswakte sig moet ek noodgedwonge begin om van my boekery ontslae te raak. Een so ’n boek, waarvan wat ek nie graag lukraak ontslae wil raak nie, is die volgende, indien iemand sou belangstel: JH de Klerk, Sterrekundewoordeboek / Dictionary of Astronomy, Potchefstroom, 1990 (eerste uitgawe). Geteken deur die redakteur."
Tsaar Nikolaas II – God is met ons!
2026-08-12"Geskiedenis laat altyd ruimte vir ongemak; dis nie nodig om elke ongemak dood te skreeu nie."
Ekke en my maatjie Grok
2026-08-05"Lank lewe Melt en Naomi. Hulle was die intelligentste iets wat ’n mens aan die ander kant van die skerm kon kry: wys, geduldig, met ’n toewyding wat my woorde gevorm het sonder om die hart daaruit te haal."
Die laaste karateskop (moet tog asseblief nie van Chuck vergeet nie)
2026-08-05"So agter al die grappies en meme sal jy die waarheid vind: ’n kampioenatleet, ’n skrywer, ’n soldaat, ’n pa, en ’n paar ander fascinating feite oor Norris wat die meeste mense nie weet nie. ’n Voorbeeld: Het jy geweet dat Chuck Norris was ’n regte deputy Texas Ranger? (No joke.)"
Vanwaar die braaibroodjie?
2026-07-23"Ek waag my nek om dit te sê: Om as ’n formidabele braaier beskou te kan word, moet ’n ou ’n braaibroodjie kán braai, bros en bruin en lekker, met die botter aan die binnekant van al twee snye ..."
Aan almal met harte
2026-07-20"Deur die waarheid te eer, gee jy jouself die ruimte om te genees en vorentoe te beweeg."
Vervulling en roeping: die Israel van God
2026-07-20"Die kwessie raak nie net politiek of teologie op ’n afstand nie – dit raak ons brood en botter, en die vraag wat almal op een of ander manier raak: Wat sê die Skrifte self oor Israel?"
Vanwaar Van der Merwe? Van De Hoop!
2026-07-20"Ek het nie toevallig op die Van der Merwe-fees en sy gedenkteken, of monument se spoor beland nie. Besig met my boek, getiteld Houdenbek 200, oor die Houdenbek-moorde van 1825 in die Koue Bokkeveld, moes ek die Van der Merwe-gedenkskrif weer deeglik onder oë neem."
Oekraïne se bloed in ons brood
2026-07-10"Geen kant was hul hand in onskuld nie. Rusland het imperiale nostalgie en magsuitbreiding nagestreef. Die Weste het die konflik gebruik om sy eie militêre en finansiële posisie te versterk. Dít is nie die oes waarvoor ons saai nie."
Navo 3.0: Oorlog en die strategiese werklikheid
2026-07-08"Om hierdie nuwe makro-ekonomiese realiteit te navigeer, kan Suid-Afrikaanse strateë baat vind by ’n egte, tradisionele Afrikaïese metafoor: die dinamika van ’n hardekoolbraaivleisvuur."
Op soek na ’n boek: Weet iemand waar om Blomme en bloed in die hande te kry?
2026-07-06"Ek is op soek na die boek Blomme en bloed, die verhaal van Langebaan, wat geskryf is deur André Groenewald."
Systemic functional linguistics- (SFL-) framed analysis of the married couple’s medical consultation
2026-07-06"Among my aging peer group within the sisterhood, one truth is universally acknowledged: A retired man’s visit to the doctor proceeds far more effectively when his wife accompanies him."
Van Bloedrivier tot 7 Oktober 2023: die gedagtegang van slagofferindentifikasie en morele toestemming in Afrikaner-Sionistiese narratiewe
2026-07-01"Hierdie patroon is egter nie uniek aan Afrikaners of aan die Israeliese konteks nie. In die Israel-Palestina-konflik self gebruik beide kante mededingende slagofferskap."
"Moenie bly ná die eerste klap nie"
2026-06-30"Ek dink nie mense praat genoeg oor hierdie realiteit nie." Leona Conradie skryf ’n openhartige brief oor geslagsgebaseerde geweld.
Het hierdie pryse net verdwyn?
2026-06-24"Dis darem baie ongehoord dat sulke pryse net stilweg verdwyn/nie toegeken word nie."
Die flou Bulle
2026-06-23"Dit is mos bewys dat die vorige coach, wat na ’n opmerking summier gefire is, wragtig reg was. Wonder of die huidige coach ’n opmerking of twee soortgelyk daaraan gaan waag."
Oxford University Press SA nooi digters uit om gedigte te skryf
2026-06-17"Oxford University Press SA nooi belangstellende digters uit om gedigte teen ’n eenmalige fooi vir leerders in graad 4, 5 en 6 (dit is 10-, 11- en 12-jariges) te skryf. Ons soek ook veral na digters wat in Kaaps kan skryf."
Ek is ’n Afrikaner – ’n ode aan die Kaapse aalwyn
2026-06-17"My stammoeder, Christina van der Kaap, dra slawe-, Khoi- en Indonesiese bloed. Ek eer haar as deel van my volle, geweefde verhaal."
