SêNet-briewe

Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat. Stuur jou brief aan webvoet@litnet.co.za. Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions. Send letters to webvoet@litnet.co.za.

’n Nuwe godsdiens

Schalk W van Heerden SêNet-briewe 2025-08-27

"Kolossense 2:23 praat van '’n skyn van wysheid' en hierdie nuwe etnogodsdiens klink slim solank dit nie direk langs Jesus se woorde staan nie. Dit lyk kaal in die skadu van die kruis."

’n Hardlywige brein

Anne-Marie Burger SêNet-briewe 2025-08-27

"My storie is daarmee heen en die eindbestemming disnis. Ek kry nie eens ge-recalculate nie. Die metaforiese vliegtuig is gekaap en wanneer dit te laat is, daag die Valke op en elimineer die kapers."

My taal: van toe tot nou – ’n brief op 14 Augustus 2025

Coen Basson SêNet-briewe 2025-08-14

"Hierdie samevatting is ’n gelukwensing aan Afrikaans met sy twee roemryke verjaardae in 2025. Geluk met wat die 'vernederde kombuistaal' vermag het tot hier. Om vandag in staat te wees om saam met enige ander wêreldtaal te kommunikeer op enige platform; in enige verhandeling; in die wetenskap, lettere, kuns, musiek, religie, staatkunde, filosofie, erotika en die lewe."

Enkelvroue: ’n SêNet-brief kort anderkant Vrouedag

Leona Conradie SêNet-briewe 2025-08-11

"Ons is enkelmoeders, enkelpleegmas, oumas, vroue wat nie ’n man het of wil hê nie (groot verskil), maar veral dogtertjies van mammies 'wie se daddies gaan seep koop' het. Ons het niemand wat ons kan vra nie, dan tel ons maar die swaar ding op en sit dit waar ons dit wil hê."

The reopened inquest into the killing of the Cradock Four, Gqeberha High Court, from 2 June

Rory Riordan SêNet-briewe 2025-06-13

"This inquest was graced with about 20 lawyers, all presumably paid by the State. Their weekly costs must add up to more than the total compensation paid to the widows."

The inquest into the deaths of Matthew Goniwe and his three comrades (The Cradock Four)

Rory Riordan SêNet-briewe 2025-06-04

"Nothing this inquiry can do can bring back these remarkable men, and to put a price on their deaths seems insulting in the extreme. But it was done previously."

Op soek na taal en identiteit in ’n tyd van war

Morné Theart SêNet-briewe 2025-05-22

"Ek wil dus weet of Boere werklik ’n betekenisvolle rol gespeel het in Afrikaans se geboorte en of dit eintlik maar net ’n 'appropriation' was en dat ons almal vandag net onwetende voortbrengsels is van een groot Afrikaner-nasionalistiese verdigsel."

Hoekom is Afrikanermense so bang vir ... dít?

Anne-Marie Burger SêNet-briewe 2025-03-07

"Blykbaar is pienk kleintoontjies ’n sigbare teken van ’n goeie sessie lakenvastrap. Dit mag dalk net jou uitsig op die lewe ook rooskleurig laat."

Wilgenhof en Rooi Koos se twyfel

Jannie Gagiano SêNet-briewe 2025-03-05

"Die Universiteit Stellenbosch en die Wilgenhof Alumnivereniging het nou tot ’n skikking gekom oor hoe om die vormveranderinge waaraan die koshuis in die nuwe bedeling moet voldoen, opnuut te bedink sodat die Plek in ’n nuwe gewaad kan bly voortbestaan. Nietemin bly daar so ’n geurtjie in die lug hang wat herinner aan die gewaarwordinge wat beleef word wanneer twee sportspanne na ’n harde en verbete stryd van die veld af moet stap met ’n gelykopuitslag in ’n wedstryd."

My seun, kom ons gaan kyk ’n drag show!

Jan Roodt SêNet-briewe 2025-03-04

"Daar is ek sommer dankbaar vir elke liewe ma en pa in daardie gebou wat dit normaal maak vir my en my gemeenskap om onsself te wees en wat hulle kinders leer dat daar eintlik niks is om te verstaan nie; dit is alles natuurlik."

Brief aan Afrikaners

Jared Pudney SêNet-briewe 2025-02-12

"Maar die direkte aanbod van die Amerikaanse regering is tans aan Afrikaners. Ek moedig jou aan, as jy ’n gelowige in Christus is, om die aanbod te aanvaar!"

Geregtigheid?

Leona Conradie SêNet-briewe 2025-01-20

"Feminisme het my geleer dat sommige van ons tóg taaier as die ander is. Ek het geen idee hoekom ons as mens onsself moet verwyder van mekaar met die woorde ander en hulle nie. In die struggle is ons 'ons', maar die oomblik dat die een taai bruin vrou die stilte verbreek en praat, word sy die 'ander een', wat dinge onnodig moeilik maak."

Die materialisme en oordaad van Kersfees

Estelle Kruger SêNet-briewe 2024-12-17

"Ek walg van die oordaad van versierings, eetgoed en aktiwiteite – dít in die omgewing van ’n township met bruin en swart inwoners waar armoede aan die orde van die dag is."

Repliek: Om aan te kondig dat ek my intussen bekeer het

MC Botha SêNet-briewe 2024-12-09

"nie dat dit nou meer saak maak nie
want Hans Wors is finaal dood jis"

Vrae aan Meta AI: KI as mitekraker en vredemaker

Coert Mommsen SêNet-briewe 2024-12-03

"As jy dan wél ’n groep se mening oor iets wíl vasstel of nagaan, maak seker jy het vooraf die korrekte antwoord. Ook: Wees op jou hoede met die gebruik van enige bekende, weerlegbare opvattings. Hoe gedaan? Dalk kan KI help." Coert Mommsen tree met KI in gesprek. In hierdie brief verskyn Coert se vrae en KI se antwoorde.

Identiteit, vaardigheid en die allesoorheersende kwessie van wins

Albert Maritz SêNet-briewe 2024-10-15

"Mense in die wêreld van TV, film, radio en verhoë praat moeilik vir hulself. ’n Geveg is aan die gang met die president, Cyril Ramaphosa. Hy moet ’n ooreenkoms met hulle vakbond (SAGA) teken. Dit sal effens beter vooruitsigte toevoeg om die storiemens se identiteit te beskerm."

Wilgenhof: Wie bepaal die skrif aan die muur?

Gerrit Rautenbach SêNet-briewe 2024-10-08

"Ek sit vanaand en dink aan een van die heel grootste hoogtepunte in my lewe. Dit was in 1978, my eerste jaar in Wilgenhof."

Boom se droom

Jannie Gagiano SêNet-briewe 2024-09-19

"Maar meer as die droom, pla dit hom dat die volgende oggend, in babbelastyd, hy sy eie droom glo en nie sy vrou nie. Hy besef, seg hy op WhatsApp aan al sy Wilgenhof-vriende, dat die wyn en die vleis en sy gevorderde jare miskien ’n bydrae gemaak het tot die steuringe in sy werklikheidsbesef."

Die woord mal

At Fourie SêNet-briewe 2024-09-16

"Die woord mal word tans lustig gebruik deur bykans ieder en al. Hoekom word die woord so vrylik gebruik en is dit opgeteken in ons amptelike woordeskat?"

Leeskring-uitnodiging: Voorstelle vir boeke vir 2025

Koster Leeskring SêNet-briewe 2024-08-21

Sukkel julle leeskring ook om jaarliks te sif deur die magdom boeke wat beskikbaar is, net om dan ’n paar op jul leeslys te hê wat teleurstel? Stuur asseblief julle boekvoorstelle voor die einde van Oktober sodat leeskringe hul leeslyste betyds vir 2025 kan opstel.

Top