Meneer die President, bedel is nie volhoubaar nie

  • 0

Geagte meneer die President

Bedel is nie ’n volhoubare strategie nie. En ons weet lankal dat buitelandse aalmoese nooit in die volk se beursies beland nie, net in die room van die politici se bankrekenings.

Jy het die bakhand-president geword, en die ANC ware Afrika-diktators.

Hierdie ongelooflike reënboognasie is trots, talentvol en werkloos. Jou entoesiastiese en gewillige burgers is reg om hulle ongelooflike deursettingsvermoë, bogemiddelde talente, breinkrag, flukse vingers en bowenal hierdie mooi en geseënde land se ryk natuurlike bronne te gebruik om uit die stof op te staan.

Maak dit weer maklik vir Suid-Afrikaners om werk vir hulleself en ander te skep, stuur die onwettige buitelanders huis toe en kom ons vee eers voor ons eie agterdeur voor ons belastinggeld mors om ander se foute te gaan uitwys. Hou op om ons land stukkie vir stukkie te verkoop aan mense wat nie vir ons werk skep nie, want eendag is eendag dan kom baklei China en Rusland hier soos twee honde oor ’n been.

Ons is steeds vol hoop. Doen asseblief die regte ding.

Lizette Jonker

Lees die ander briewe hier:

Wat wil jy vir Cyril sê? Wen ’n geldjie met jou antwoord.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top