Skrywersonderhoude
LitNet gesels met skrywers, vir die storie agter die stories.
LitNet talks to writers, for the story behind the stories.
Die Serwiër: ’n onderhoud met Carel van der Merwe
2026-07-23"Ek dink die meeste mense onderskat die bedreiging wat hierdie misdaadwêreld vir Suid-Afrika se demokrasie inhou. As ’n oorhoofse tema wou ek hierdie ineenstrengeling van misdaad, wetstoepassing en politiek in Die Serwiër op ’n onderhoudende manier weergee, asook die leefwêrelde van die rolspelers wat daarby betrokke is."
Haar verhaal van krag: ’n onderhoud met Rita Swanepoel
2026-07-21"Wat my die meeste geraak het, was die eerlikheid waarmee hulle geskryf het. Baie verhale is geïnspireer deur persoonlike ervarings van verlies, geweld, armoede, verslawing, familieverhoudings, moed, geloof en hoop. Dit was die rou materiaal waaruit stories dikwels ontstaan. Die grootste verandering was die groei in selfvertroue. In die begin het ek dikwels gehoor: 'Ek is nie ’n skrywer nie.' Teen die einde van die projek het dieselfde vroue mekaar se manuskripte bespreek, herskryf en eerlike terugvoer gegee."
Waar stories begin: in gesprek met James Fouché
2026-07-13"Vir hom gaan die gevaar nie daaroor dat rekenaars beter sinne gaan skryf nie; hy wonder wel hoe ’n toekoms gaan lyk sonder mense wat droom."
Tee met Matilda Burden, wat 5 638 fonteinname opgeteken het in Opreisfontein
2026-07-13"Elkeen van hierdie 5 057 vlaggies verteenwoordig ’n fonteinnaam. Kan ’n mens jou dit indink? Matilda was die een wat daaraan gedink het om dit saam te vat in ’n geskrif vir die nageslag."
Oop boek: Steierwerk deur Johan Myburg
2026-07-09"Wat poësie bied, is die moontlikheid om helder uitdrukking te gee en terselfdertyd ruimte te laat vir die ongesêde en die onsegbare. En bowenal die spel met taal en vorm. Daarby die toorkrag wat ter sprake kom in dié spel."
Van vetplantsmokkel tot skinderstories, Storm van der Merwe pak nuwe raaisels in Kanniedood: in gesprek met Irna van Zyl
2026-07-07"Ek probeer skep vir Storm met elke boek ’n geloofwaardige krisis wat haar op die een of ander manier bedreig, hetsy persoonlik, professioneel of emosioneel."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: ’n onderhoud met Ria Winters, skrywer van Daardie lewe
2026-07-07In hierdie bydrae tot die Johann Rossouw-gespreksreeks-artikels, vind ’n videogesprek met Ria Winters plaas. Die gesprek handel oor haar boek oor Karel Schoeman, Daardie lewe. ’n Gesprek omtrent dié boek vind ook op Vrydagoggend 10 Julie 2026 by die Vrystaat Kunstefees se literatuurfees plaas.
Geskep vir meer: ’n onderhoud met Johan Botha
2026-07-06"Vir baie jare werk ek met mense wat worstel met hul identiteit, selfbeeld, emosionele seer en die vraag: Wie is ek werklik?"
Frederick Botha beantwoord vrae oor Seuns weet
2026-07-03"Om te hoor dat lesers hulself in jou werk herken, daarmee kan identifiseer, en op ’n manier selfs getroos word daardeur, is ’n wonderlike gevoel."
Leela Verity’s Spirit @ rest: an interview
2026-06-30"Blaise Pascal put it beautifully when he said (paraphrased) that we have a God-shaped hole in our souls that only God can fill."
Die blou huis deur Erika Murray-Theron: ’n onderhoud
2026-06-30"Op byna 85 het Erika Murray-Theron – skrywer van 12 boeke, waaronder nege romans, niefiksie en kortverhale – haar eerste kinderboek, Die blou huis, bekendgestel. Dis dan ook nie juis ’n verrassing nie, want sy is die ouma van 10 kleinkinders!"
Soweto’s theatre of resistance, 1984-1994: Gibson Kente, Matsemela Manaka and Maishe Maponya: a discussion
2026-06-23"Through research, I was trying to write the history of Soweto from the perspective of the people who lived there, and it was a multidimensional place."
Alternatiewe Afrikaner-odyssey deur Ivan Kruger: ’n onderhoud
2026-06-23"Hierdie boek is vir al die weird mense. Die alternatiewe Afrikaners wat voel asof hulle nêrens inpas nie."
’n Knippie moord deur Elsa Winckler: ’n onderhoud met die skrywer
2026-06-23"Ek het van die begin af geweet daar is ’n moord en wie vermoor word, maar ek het nie van die begin af geweet wie die moordenaar is nie. Ek het dit so half self uitgepluis soos die storie aangegaan het. So dit was vir my ook ’n verrassing."
Om die land te dwing om vroeër te kyk: ’n onderhoud met Julian Jansen
2026-06-11"Hy skryf oor bylmoorde, reeksmoordenaars en verkragte kinders, maar uiteindelik gaan sy werk selde net oor misdaad. Dit gaan oor die vraag wat vóór die misdaad gebeur het."
Cliff-hanger: Die fluisteraar deur Jacolet van den Berg – ’n skrywersonderhoud
2026-06-10"Dit motiveer my altyd om die volgende storie aan te pak."
"Exactly where I’m supposed to be": an interview with Rushdiyah Narker
2026-06-02"You have to create intrigue and curiosity pretty quickly for a reader to want to finish the story."
Joe Mynhardt laat stories leef
2026-05-29"Toe ek die volgende oggend wakker word, was dit net e-mails en boodskappe. Skielik praat Rolling Stone en die New York Times met ons."
Bleeksiele kan brul deur Brigette Labuschagne: ’n onderhoud
2026-05-15"As ek ’n lekker storie-idee het, werk ek eers my storiegeraamte uit. Wie is my karakters, wat is die storieprobleem, die klimaks en die ontknoping?"
Twee halwes maak ’n hele: ’n onderhoud met Marita van der Vyver
2026-05-15Marita van der Vyver is pas aangewys as wenner van Jonathan Ball se Tafelberg Jeugboekprys van 2026. Yolanda du Toit gesels het haar hieroor. Marita gee ook raad aan voornemende skrywers van jeugboeke: "En dan gaan sit jy en skryf jou storie, oor en oor, tot dit so goed is soos jy dit kan kry. Want jou jong leser verdien jou respek en jou allerbeste skryfwerk."
