Skrywersonderhoude
LitNet gesels met skrywers, vir die storie agter die stories.
LitNet talks to writers, for the story behind the stories.
Jaco Jacobs gesels oor sy 300ste boek (en oor Wêreldboekboekdag)
2026-04-21"My 300ste boek se titel is Vreemde dinge kan op ’n Dinsdag gebeur. (Die Engelse vertaling, Strange things can happen on a Tuesday, verskyn gelyktydig met die Afrikaanse boek.)"
Op die spoor van die Stasiemoordenaar: ’n onderhoud met Julian Jansen
2026-04-13"Daar is in elkeen van ons hierdie 'potensiaal' om misdaad te pleeg, en mens moet gaan bestek opneem oor hoekom ek en jy nog nie ’n 'groot' of opsienbare misdaad gepleeg het nie."
Oop boek: Gesprek met Frederick Botha oor Seuns weet
2026-04-12"Skrywers is optekenaars, afloerders, afluisteraars, diewe. Om dit dan te fiksionaliseer is ’n manier om van werklikheid, en uiteindelik van onsself, sin te maak."
Heil die Leser!: Oor die poëtika van seine, tekens en simbole
2026-03-30"Koos de Wet se debuutbundel skep nie ’n lawaai nie – dit stuur seine uit."
Parlementpraatjies: ’n onderhoud met Pieter Mulder
2026-03-26"Suid-Afrikaners kom in die algemeen van persoon tot persoon goed met mekaar oor die weg, ongeag ras, taal of kultuur. Dit was voor 1994 my ervaring, asook daarna. Dit is ook hoe ek verhoudinge tussen individue van verskillende partye buite die parlementêre raadsale en komitees ervaar het."
"Ek dink ek het liefdesverhale saam met melk ingekry!” – Elsa Winckler
2026-03-09"Ek glo in die liefde. Ek glo elke vrou verdien haar gelukkig-vir-altyd, so dis vir my maklik om daaroor te skryf."
"’n Tikkie fantasie" – Marilé (Alta) Cloete
2026-03-09"Mense dink iets wat maklik lees is noodwendig maklik om te skryf. Ek dink wanneer iets maklik lees, is dit juis omdat die skrywer baie moeite daarmee gedoen het."
"Real romance is more complex" – an interview with Nadia Cassim
2026-02-25"My advice to other writers is simple: Write what is truly on your heart, without overthinking how it will be received. When you write from an honest place, you’re rarely wrong."
Do we still feel safe enough to invest in romance?
2026-02-18Cliffordene Norton spoke to three romance authors and asked them whether they think people in South Africa feel emotionally and socially safe enough to fall in love. The answers were layered. "History shows that people fall in love regardless of circumstances ... During wars, plagues, political unrest. Falling in love is not always a rational act; it happens."
Biltong by David Willers: an interview
2026-02-12"I think identity and especially cultural identity has a lot to do with language – in my case, English and Afrikaans as formative tongues. At bottom, I remain thoroughly South African – rooted, emotionally attached at the hip. But I also find myself very much at home in Wales, original home of my mother."
Aftrek, a(a)ntrek, optrek en uittrek van metafore in Kruiper-Crawler: ’n onderhoud met Shane van der Hoven
2026-02-10“Ek vra myself af: Hoe klink ek as ek nie ōrie moontlike geweld van oppergesagte kommer nie. Ek dink die verteenwoordiging van verskeie idiolekte en sosiolekte is belangrik, insiggewend en mooi.”
Oop boek: skrywersonderhoud met Fourie Botha
2026-02-06In die nuwe "Oop boek"-reeks gesels Karen de Wet met skrywers. In hierdie eerste aflewering praat Fourie Botha oor sy derde digbundel Kolam: "Miskien werk dit ’n bietjie soos ’n vryery: Die eerste ronde is die opwindendste."
Werkswinkel van ’n dig-dirigent: ’n skrywersonderhoud
2026-02-02"Soms sal ek vir maande lank net gedigte skryf. Nie juis omdat ek emosies wil of moet uitdruk nie, maar bloot omdat ek tyd gemaak het om op die regte vlak te vibreer. Dis moeilik om te beskryf, want dit is vir my ’n tipe spirituele gevoel. Elizabeth Gilbert het op ’n slag dit beskryf. Kreatiwiteit is soos hierdie energie wat van buite af sommer net aangehardloop kom, dalk soos ’n warrelwind, ’n gevoel wat op jou afpyl. As die dag kom, moet jy tyd maak om dit te vang."
Die laaste lewe van Timtom Taljaard deur François Verster: ’n skrywersonderhoud
2026-01-21"Ja, ek het vir Timtom ’n stem gegee, dis waar. Ek wens natuurlik ons kon beter kommunikeer, en ek moes toe maar my verbeel wat ’n kat dink en wonder hoe presies dink hulle sonder (skryf-) taal – daarom juis het ek vir Timtom toe die vaardigheid 'gegee' om te kan lees en later selfs te probeer skryf."
Verantwoording: die dialektiek van ’n sinryke bestaan deur Hercules Boshoff – ’n skrywersonderhoud
2026-01-19"Sokrates het gesê ’n onondersoekte lewe is nie die moeite werd om geleef te word nie. Ek sou sê ’n lewe wat nie geleef word nie, is ook nie die moeite werd om ondersoek te word nie."
Vars uit Oesbekistan: ’n onderhoud met Emile Minnie
2026-01-15"Ek is baie lief vir skryf en die idee om ’n sosiale dagboek te hou het vir my lekker geklink. Ek is ’n baie onwillige fotograaf, so om foto’s met my brein te neem en dit in woorde te omskep kom vir my baie natuurliker. Met die intrapslag het ek besef dat mense die stories net soveel geniet as wat ek dit geniet om die stories te skryf."
My jaar van vrees en vryheid: ’n onderhoud met Marita van der Vyver
2026-01-06"As fiksieskrywer het ek dalk ’n voordeel bo ander – ek skryf my stories sonder om te weet hoe hulle gaan eindig. Al skrywende leer ek die einde ken. Nou kan ek seker ook sê: Al lewende leer ek my lewenslot ken?"
Poëme: Op woordreise saam met die digter Wium van Zyl tussen hartland en verre velde
2025-12-23"Iemand wat na aan die natuur grootgeword het, is bedag op spore, die naelmerke van die muishond en die ratel, die ronde toonmerke van die rooikat en die luiperd, die sleepmerke van die geelslang."
Jan Rabie & Marjorie Wallace-skrywersbeurs 2026: ’n onderhoud met SP Benjamin
2025-12-18"En lees was maar nog altyd in my gene. Enige ou koerant of papier wat ek in die veld kry, was vir my ’n bron van inligting. Terwyl die tjommies voëls en akkedisse gejag het, het ek na die naaste hoop vullis gegaan om ’n leesding te soek. Tot groot frustrasie van die ander. Dit was ek. Daardie was my gewoonte."
’n Vermetele bundel verwesenlik haar skrywersdroom: ’n onderhoud met Skryfyster
2025-11-18"Anna-Bet vertel, met ’n oog vir detail en ’n tong in die kies, van grootmensskap, braaibroodjies, familie-erfstukke, middernagtelike WhatsApps en hoenders wat beter ouers is as jy. Hierdie bundel is vir elkeen wat al in ’n sweetpakbroek op ’n stoep gesit en wonder het: Is dit nou hoe dit eindig?"
