Feeste

Artikels oor feeste in Suid-Afrika en in die buiteland
Articles about festivals in South Africa and abroad

Gedagtes oor die effek van KI ná die Sewende Etienne van Heerden Veldsoirée

Julio Agrella LitNet-skrywersberaad 2026-08-17

"Is dit hoe die transkriberende priesters gevoel het met die bekendstelling van Gutenberg se drukpers, die wetenskaplikes voor die eerste atoombomtoets? Was daar bekommernis oor ’n ongekarteerde wêreld met eksistensiële risiko’s?"

Whose line is it anyway? Kopiereg, oorspronklikheid en outeurskap in die era van kunsmatige intelligensie

Naomi Meyer LitNet-skrywersberaad 2026-08-13

"Laat ek opsom: Ons wetgewer het ’n deel van die Britse wetgewing gespoeg en geplak, maar ander relevante dele weggelaat wat nodig sou wees om hierdie artikel prakties uitvoerbaar te maak."

Persverklaring: Iets vir almal by Klein Karoo Klassique hierdie naweek

LitNet Musiek 2026-08-06

Die feesprogram sluit vele hoogtepunte in, waaronder die terugkeer na Oudtshoorn van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes, ’n huldigingskonsert aan Mimi Coertse met soliste van Kaapstad Opera, ’n eerste optrede by die fees deur die Universiteitskoor Stellenbosch, ’n wêreldpremière van ’n werk deur Shane Woodborne, Antjie Krog in gesprek oor haar vertaling van Olive Schreiner se From man to man, asook gratis ontbytkonserte.

Die sewende Etienne van Heerden Veldsoirée deur Izak de Vries se lens

Izak de Vries Etienne van Heerden Veldsoirée 2026-08-04

"Ons maak in 2027 weer so. Teken solank 23 tot 25 Julie 2027 in julle dagboeke aan. Ek sal daar wees!"

Vrystaat Kunstefees 2026: ’n onderhoud met Marijda Kamper, die Vrystaat Kunstefees se programbestuurder

Jannes Erasmus, Marijda Kamper Feeste 2026-08-04

"As iemand net een dag by die Vrystaat Kunstefees het, hoop ek hulle vat ’n bietjie van alles saam huis toe. Die fees bied soveel geleenthede om te ontdek, te leer, te lag, te dink en geïnspireer te word."

Vrystaat Kunstefees 2026: ’n onderhoud met Mia Kahts, die literatuurfeeskoördineerder

Jannes Erasmus, Mia Kahts Feeste 2026-08-04

"Bekende skrywers lok natuurlik gehore en baie feesgangers kom spesifiek om hulle gunstelingskrywers te ontmoet. Dit is belangrik om daardie verwagting te vervul. Terselfdertyd sien ek die Vrystaat Kunstefees ook as ’n plek waar nuwe stemme ontdek kan word."

Veldsoirée 2026: videoflitse

Menán van Heerden Etienne van Heerden Veldsoirée 2026-08-03

"Bootcamp vir die brein" heet Stefan van Zyl van die SA Akademie se beskrywing van die pas afgelope Etienne van Heerden Veldsoirée in die Oos-Kaapse Karoo. Skrywers, akademici, praktisyne en studente het van 24 tot 26 Julie in Nxuba/Cradock byeengekom om saam te debatteer, te gesels en die "veld" in "Veldsoirée" te geniet. Die Etienne van Heerden Veldsoireé 2026 is aangebied deur LitNet Akademies, ’n maatskappy sonder winsbejag. Videografie en produksie: Menán van Heerden

Video-opname: die Karel Schoeman-gedenklesing 2026

Johann Rossouw, Ria Winters Boeke en skrywers 2026-07-31

LitNet was die mediavennoot van die jaarlikse Karel Schoeman-gedenklesing. Hierdie gesprek het tussen Johann Rossouw en Ria Winters plaasgevind. Die video word hiermee op LitNet gepubliseer.

The 2026 Etienne van Heerden Veldsoirée through Andile Bhali’s lens

Andile Bhali Etienne van Heerden Veldsoirée 2026-07-29

Andile Bhali shares his favourite photos from the 2026 Etienne van Heerden Veldsoirée.

Elders gesien: Met apologie aan Lina Spies

Anschen Conradie Etienne van Heerden Veldsoirée 2026-07-29

"En die afgelope naweek, tydens die sewende Etienne van Heerden Veldsoirée, het ek die praktiese manifestasie daarvan weer in werking gesien. Dis veel meer as kruisbestuiwing, simbiose of uitruilings van kennis en ervarings."

Klein Karoo Klassique 2026 reik uit na jongmense met spesiale orkesaanbieding: ’n onderhoud met Richard Cock

Maryke Roberts, Anina Lundie, Richard Cock Musiek 2026-07-29

"Ek werk al met jong mense vandat ek vir die eerste keer by musiek betrokke geraak het. Ek weet dat as jy hulle op ’n jong ouderdom kan inspireer, hulle hul lewe lank entoesiasties oor musiek sal wees. Dit is wat ons nodig het: Mense wat lief is vir musiek en die krag daarvan verstaan."

Die Etienne van Heerden Veldsoirée 2026 deur Darryl David se lens

Darryl David Etienne van Heerden Veldsoirée 2026-07-28

Darryl David, feesimpresario, deel sy gunstelingfoto’s van die Etienne van Heerden Veldsoirée 2026.

Veldsoirée 2026: Die sewende, die einde van die waarheid, die sterfte van fiksie, die grafrede by die laaste boek en laaste leser.

Clinton V du Plessis Etienne van Heerden Veldsoirée 2026-07-28

"Maar sewe laat my ook onmiddellik dink aan Etienne Leroux se Sewe dae by die Silbersteins. En ja, tussen die fiktiewe ruimte van Welgevonden en die werklikheid van die sarkofaag op Buffelshoek is daar steeds die groot soeke. Dit is waarmee daar dié naweek deur sessie na sessie geworstel is. Dié soeke, die stoei met sin, maniere om opnuut te 'disrupt', soos Mphuthumi Ntabeni dit gestel het."

Orde van die Windpomp die sewende keer by die Etienne van Heerden Veldsoirée toegeken

Izak de Vries Etienne van Heerden Veldsoirée 2026-07-26

Die orde van die Windpomp is vanjaar vir die sewende keer tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée toegeken. In hierdie video vertel Van Heerden meer oor die geskiedenis van dié eksentrieke prys. Hy kondig ook die wenner aan.

Veldsoirée-video 2026: Op pad na die Oos-Kaapse Karoo

Menán van Heerden Etienne van Heerden Veldsoirée 2026-07-22

Karoo-koppies, aalwyne en kaggelvure: die Veldsoirée skop binnekort af. Hiermee ’n kort lusmakervideo van die wintertyd roadtrip na die Oos-Kaapse Karoo. Die Etienne van Heerden Veldsoirée word aangebied deur LitNet Akademies, ’n maatskappy sonder winsbejag. Videografie en produksie: Menán van Heerden

Moederstad gooi haar arms oop vir dialoog van versoening

Maryke Roberts Feeste 2026-07-17

"Vanjaar se feesvieringe dra ’n besonderse historiese gewig. Die fees val saam met die Kunstekaap-teatersentrum se 55ste bestaansjaar, sowel as die 70ste herdenking van die historiese vrouemars na die Uniegebou in Pretoria."

Persverklaring: 25 skrywers word opgeneem in 2026-kortverhaalbundel van Toyota Stellenbosch Woordfees

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-07-16

Vyf-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die elfde kortverhaalbundel van die Toyota Stellenbosch Woordfees, Dis hoog tyd.

Persverklaring: Kunstekaap stel die 20ste Women’s Humanity Festival bekend met ’n dringende oproep vir aksie; gedenk 70 jaar sedert die geskiedkundige Vroueoptog teen ongeregtigheid

LitNet Feeste 2026-07-12

Die Kunstekaapteater het op Woensdag 8 Julie die 20ste Artscape Women’s Humanity Festival (AWHF) bekendgestel wat die kollig werp op die 70ste herdenking van die geskiedkundige Vroueoptog van 1956, met ’n duidelike beroep op Suid-Afrikaners om meer te doen as slegs onthou en om eerder tot betekenisvolle aksie oor te gaan.

Meer as net ’n spieël: ’n refleksie oor drie dramas

Dianne Du Toit Albertze Teater 2026-07-12

"Die gebed van ’n halfmens, Joshlin: meer as ’n naam en Laaitie mettie biscuits is elkeen ’n aanklag op ons gesamentlike gewete as ’n nasie. Want teater bestaan nie alleenlik vir ontvlugting en plesier nie, en glo my dit lê ook in die kepe en plooie van hierdie stories. Teater is meer as net ’n spieël. Dit is ’n reminder daaraan om te voel, die absolute noodsaak aan meegevoel, meelewing en medemenslikheid."

Vrystaat Kunstefees 2026: ’n onderhoud met die bestuurder van die feesmark

Jannes Erasmus, Peter Taljaard Feeste 2026-07-10

"Die mark vertel ’n eie unieke storie en sy mense dra by tot die kleur en gevoel wat aansluit by die groter artistieke visie van die fees. Die Kunstemark weerspieël die soort artistieke én kommersiële gehalte waarmee die Vrystaat Kunstefees hom wil vereenselwig."

Top