Feeste

Artikels oor feeste in Suid-Afrika en in die buiteland
Articles about festivals in South Africa and abroad

Oor Patrick J Petersen | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Hein Willemse Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-11-23

"Vanjaar sou sy 72ste jaar gewees het. Hy sterf voortydig op Saterdag 7 Junie 1997 in ’n motorongeluk op die Paternoster-Vredenburg-pad. Die hoekoms en waaroms kan slegs spekulasie wees."

Is daar hoop vir die land? Hoe lyk die toekoms? | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Barend la Grange, Freek Robinson Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-11-23

Ja, daar is hoop, sê Barend la Grange en Freek Robinson, maar dan moet gewone mense iets begin doen. In die Bybel staan dat God die voëls van die hemel sal versorg, maar dit beteken nie dat die voëls elke oggend met oop bekkies op die draad sit en wag vir wurms om in hul monde te val nie.

SteedsDink in die Karoo met LitNet Akademies: Luan Staphorst

Luan Staphorst SteedsDink 2023-11-21

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. Tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2023 in Cradock is ’n SteedsDink-ateljee vir video-opnames ingerig en is die praatjies van sowel ervare as opkomende akademici, soos Luan Staphorst, vir die tweede reeks opgeneem. Benewens hul deelname aan hierdie videoreeks het hierdie akademici elkeen ook afsonderlik by die fees self opgetree, in sommige gevalle meer as een keer. In hierdie video gesels Luan oor onder andere die kanon, klapklanke en kreolisering.

Festival voor het Afrikaans 2023 | My broer, Gertjie: ’n filmresensie

Réney Warrington Film 2023-11-16

"My broer, Gertjie is eerder ’n portret van ’n sanger en digter, maar ook ’n enigmatiese mens, ’n skaam mens wat werklik nie roem najaag nie. Die keuse om die film in swart en wit te skiet, dra daartoe by."

Die kind van die skrywer bou ’n skans | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

PP Fourie Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-11-15

PP Fourie het ’n lesing gehou by die Etienne van Heerden Veldsoirée 2023 waarin hy gesels het oor sy eie reis om tot skryf te kom. Fourie verduidelik ook dat hy lank gedink het dit is bogpraatjies wanneer mense beweer dat skryf heling bring. Nou dink hy anders.

Die laaste kanariegeel notaboek | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

AJ Opperman, Anchien Troskie Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-11-15

“Geheime is gevaarlik,” sê Anchien Troskie vir AJ Opperman in hierdie onderhoud oor haar roman Die laaste kanariegeel notaboek. Die gesprek het plaasgevind tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2023. Opperman vra uit oor die gebruik van kleur, die skryfproses en hoe sy die verskillende tydvakke in die roman nagevors het.

Woordtrofees huldig die kunste, maar in donker tye | Toyota US Woordfees 2023

Maryke Roberts Toyota US Woordfees 2023-11-15

"Die wenners van die 2023-Woordtrofees-toekennings is gisteraand by die Oude Libertas-amfiteater bekend gemaak."

Lank lewe Madibaland@Bookbedonnerd!

Johann Rossouw Feeste 2023-11-13

"Darryl is die geliefde gesig van die fees wat dit jaar ná jaar meer met idees, improvisasie en liefde as met geld deurvoer. Enigiemand wat al ’n Bookbedonnerd meegemaak het, weet alles verloop nie altyd volgens plan nie, maar jy word altyd verras en verhef. Vanjaar se 16de Bookbedonnerd van 1 tot 4 November was geen uitsondering nie."

Persverklaring: Dertien nuwe teatertekste by eerste Teksmark Joburg voorgelê

LitNet KKNK 2023-11-13

Skrywers kry tydens dié projek ’n geleentheid om oor hul teks-idee vir ’n teaterproduksie te gesels en dit aan potensiële beleggers voor te lê.

Die Kaapse Vlakte-boekefees 2023: Diana Ferrus se indrukke

Diana Ferrus Feeste 2023-11-10

"Dit maak my opgewonde omdat dit ’n fees is waar mense nie hekgeld betaal of ver moet loop om in te kom nie. Die gemeenskap bly om die skool en vir besoekers is daar genoeg parkeerplek op die skoolterrein."

Madibaland@Bookbedonnerd 2023: ’n Dagreis ver is naby genoeg

Fanie Olivier Feeste 2023-11-10

"Maak ʼn plan; reël ʼn bussie. Richmond lê doer ver in die Haai Karoo, maar ʼn dagreis ver is naby genoeg as mens Boekbedonnerd is. Of wil word."

Conversations beyond the comfort zone | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Sihle Khumalo Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-11-08

We should stop worrying about the names of towns and streets. We should, however, worry about South Africa becoming a failed state. In this lecture Sihle Khumalo urges South Africans to have difficult conversations, to move beyond their comfort zones. He does so while reflecting on his many travels throughout Africa.

The anatomy of reform | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Frans Rautenbach Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-11-08

"We all have to take ownership," says Frans Rautenbach, an advocate and the author of several books, the latest being Help yourself South Africa. In this lecture, delivered at the Etienne van Heerden Veldsoirée 2023, he highlights practical things that ordinary citizens can do to make South Africa work again.

Persverklaring: Ervaar Handel se Messias soos nog nooit vantevore

LitNet KKNK 2023-11-07

Die uitvoering van hierdie geliefde oratorium word deur die Mzansi Nasionale Filharmoniese Orkes, die KKNK en Klein Karoo Klassique ondersteun, en is op Vrydag 8 Desember om 18:00 by die Burgersentrum op Oudtshoorn te sien.

Die wêreld van Sagie | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Jan van Tonder Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-11-02

In hierdie lesing by die Etienne van Heerden Veldsoirée 2023 praat Jan van Tonder oor die wêreld van Sagie en hy vertel hoe hy Sagie "ontmoet" het.

SteedsDink in die Karoo met LitNet Akademies: Theo Venter

Theo Venter SteedsDink 2023-11-02

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. Tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2023 in Cradock is ’n SteedsDink-ateljee vir video-opnames ingerig en is die praatjies van sowel opkomende as ervare akademici, soos Theo Venter, vir die tweede reeks opgeneem. Benewens hul deelname aan hierdie videoreeks het hierdie akademici elkeen ook afsonderlik by die fees self opgetree, in sommige gevalle meer as een keer. In hierdie video gesels Theo oor onder andere: die impak van verkiesing 2024; die begrip toekomsscenario’s; transdissiplinêre beginsels en ontwikkeling by universiteite, en so meer.

On land, constitutional law and social justice | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Tembeka Ngcukaitobi, Mphuthumi Ntabeni Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-11-02

This conversation on land, constitutional law and social justice took place at the Etienne van Heerden Veldsoirée 2023. Tembeka Ngcukaitobi is a member of the South African Law Reform Commission (SALRC) and an acting judge at the Land Claims Court.

Festival voor het Afrikaans 2023: Amanda Strydom sê "Afrikaans is springlewendig in al sy vorme"

Naomi Meyer, Amanda Strydom Feeste 2023-11-01

"Ek wil bevestig dat die Afrikaanse taal springlewendig is in al sy vorme – dat die brug tussen Nederlands en Afrikaans steeds sterk staan. Nederlands is die oermoeder van Afrikaans. Voeg daarby die talle tonge wat Afrikaans praat, soos die digter/rymkletser/sanger Frazer Barry en sy vrou Deniel wat ook by die Festival gaan optree."

Persverklaring: Dis tyd vir die Klerksdorp Boekefees

LitNet Feeste 2023-11-01

Die fees skop op ’n hoë noot af op Vrydagaand 3 November met Dana Snyman wat van sy reisstories met Klerksdorpers kom deel.

Persverklaring: ATKV deel van Worldplay on Paper by Mogale-fees 2023 | 3 November, Javett-UP

LitNet Feeste 2023-10-30

Woordkuns word inderdaad woord en kuns, maar dit is ook ’n geleentheid waar tien opwindende zines in A5-grootte bekendgestel word. Tien digters en tien beeldende kunstenaars/illustreerders het in pare saamgewerk om elkeen ’n unieke zine te skep, as’t ware klein, geïllustreerde digbundels.

Top