Feeste

Artikels oor feeste in Suid-Afrika en in die buiteland
Articles about festivals in South Africa and abroad

KKNK 2026: Eugène Marais se siel in musiekteaterproduksie ontbloot

Maryke Roberts, Daniel Anderson KKNK 2026-03-16

"Ter voorbereiding het ek in die literatuur self geklim – dit wat Marais só beroemd gemaak het. Daar is iets so verfynd, maar tog so gebroke en melancholies omtrent sy werk. Ons is gelukkig om die gedigte en sy ander literêre werke as ’n portaal na die gedagtes van Marais te hê."

Etienne van Heerden Veldsoirée: Dié beveel ek met oorgawe aan

Frederik de Jager Elders gesien 2026-03-15

"Laas jaar was ons die eerste keer daar, en dit was van die stimulerendste naweke wat ek beleef het."

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees en EasyEquities vat weer hande vir ’n groter belegging in die kunste

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-03-12

EasyEquities is nou ’n Platinumborg van die Toyota Stellenbosch Woordfees en dit behels ’n aantal nuwe projekte om welvaart toeganklik in die kunste te maak deur onder andere werkskepping en beleggings.

Bespreek nou vir die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 24 tot 26 Julie plaasvind

Izak de Vries Etienne van Heerden Veldsoirée 2026-03-12

"Die gesprekke is interessant en dikwels uitdagend, maar die omgewing maak dit moontlik om te vra, te verskil en te gesels. Wat meer is, doodgewone mense sit met elke sessie langs geleerdes en bekendes. Almal luister saam, almal gesels saam. Ons eet saam en les bes vind baie interessante diskoerse ook ná die amptelike verrigtinge in die kroeg plaas."

Persverklaring: Spier belê nog 3 jaar as platinumborg van die Toyota Stellenbosch Woordfees

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-03-12

Die internasionaal gerekende Spier-wynlandgoed sit hul platinumborgskap aan die Toyota Stellenbosch Woordfees met nog drie jaar voort.

Slegs R380 vir die ATKV-Skryfskool van 2026 én skouers skuur met skrywers

LitNet Etienne van Heerden Veldsoirée 2026-03-12

Dit kos slegs R380 om hierdie skryfskool by te woon, en dit sluit alle kursusmateriaal in. Kursusgangers hoef dus slegs vir hul eie etes en verblyf te betaal.

Arbeidsgenot se miniboekefees

Izak de Vries Boeke en skrywers 2026-03-10

"CJ Langenhoven sou geglimlag het as hy op 28 Februarie 2026 weer in die tuin van Arbeidsgenot kon rondloop, of vanuit die ruimte daarna sou kon afkyk. Daar was mense wat onder bome op stoele gesit en lees het en talle ander wat tou gestaan het om kaartjies te koop vir die KKNK wat op 28 Maart 2026 begin."

Press release: Books on the Bay Festival 2026

LitNet Books and writers 2026-03-05

The run-away success of Simon’s Town’s three previous literary festivals has inspired a knock-out line-up for 2026. The town is set to host some of the most celebrated writers on Friday 13 March to Sunday 15 March 2026.

Woordenaar by die KKNK: Churchil veg vir Afrikaans

Maryke Roberts, Churchil Naudé KKNK 2026-03-04

"Een van die debuutproduksies by die 30ste KKNK op Oudtshoorn vanjaar is Woordenaar, met Churchil Naudé, Jackie Lätti, Riku Lätti en Jannie van Tonder."

Persverklaring: ’n Rits Fiësta-benoemings vir Suidoosterfees

LitNet Suidoosterfees 2026-03-04

Die Suidoosterfees is weer vanjaar sterk verteenwoordig onder die benoemdes vir die 16de kykNET Fiësta-toekennings – ’n geleentheid wat erkenning gee aan die gehalte, verbeeldingrykheid en impak van Afrikaanse teater op die feeskringloop.

Persverklaring: Uitsonderlike openingskonsert wag by 30ste KKNK

LitNet KKNK 2026-03-04

Hierdie konsert word Saterdag 28 Maart om 20:00 in die Feesmark aangebied.

Laai die volledige KKNK-feesgids hier af!

LitNet KKNK 2026-03-03

Die KKNK bied die volledige feesgids gratis aan feesliefhebbers. Klik op die skakel om dit te bekom.

Adam & Jakes: Wie is vandag hul gespreksgenote in Afrikaans?

Heindrich Wyngaard Seminare en essays 2026-03-03

"Die oorsprong van hierdie praatjie [soos gelewer by die Adam Small-fees 2026] is ’n onvoltooide manuskrip, getiteld 'In begrypende vriendskap', met die subtitel 'Adam Small & Jakes Gerwel: gespreksgenote in en oor Afrikaans'."

Persverklaring: kykNET Fiëstas-toekennings – hier is die benoemdes

LitNet Feeste 2026-02-26

Met ’n nuwe tuiste by Tribuo, maar nog steeds met kykNET as naamborg, is twee dinge duidelik. Eerstens is die kykNET Fiësta-toekennings hier om te bly. Tweedens het die afgelope feesjaar weer bewys dat die werk wat in Suid-Afrika geskep word, tuis op enige wêreldverhoog sal wees.

VVA-Leeskonferensie 2026: "Die wysie van die taal"

Marzahn Botha SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2026-02-26

"'Want ’n kind wat lees, is ’n bevoorregte kind,' verkondig die digter, Antjie Krog, wyd en syd. Dit was die boodskap op die onlangse VVA-Leeskonferensie wat verlede Donderdag tydens die Adam Small-fees by die PC Peterson Primêr in Kylemore vir onderwysers en opvoeders van veral die voorskoolse kind aangebied is." Lees Marzahn Botha se berig oor die opwindende konferensie en kyk ook foto’s van die geleentheid. 

Adam Small Fees vier verskeie ander hoogtepunte

Maryke Roberts Feeste 2026-02-26

"Small sou vanjaar 90 jaar oud gewees het en is 10 jaar gelede oorlede. Die vierdagfees het Saterdag ’n hoogtepunt bereik, met Internasionale Moedertaaldag wat ook gevier is."

Persvrystelling: Suidoosterfees bring ’n musikale hutspot van stemme en style na die wêreld se mooiste stad!

LitNet Suidoosterfees 2026-02-25

Kaapstad, ongetwyfeld die wêreld se mooiste stad, is ’n lewende tuiste vir die fees: ’n plek van komvandaan en kom weer, van uiteenlopende tale, ritmes en klanke, van mense wat mekaar in musiek herken.

Stilbaai-boekefees 2026: ’n onderhoud met Elna van der Merwe

Naomi Meyer, Elna van der Merwe Feeste 2026-02-25

"Dit is die vyfde jaar wat die fees aangebied word en dis asof dit teen hierdie tyd sy eie momentum kry."

Persvrystelling: Registreer nou vir die 2026 Sanlam WOW Spelfees

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-02-24

Die 17de Sanlam WOW Spelfees vind van Julie tot Oktober landwyd plaas, en skole en leerders word hartlik uitgenooi om nou te registreer. Deelname is heeltemal gratis.

Video-oorsig: Adam Small-fees 2026 (Pniël, Wes-Kaap)

Menán van Heerden LitNetKanaal op YouTube 2026-02-23

Die 2026-Adam Small-fees het 20–22 Februarie in Pniël, op pad na Franschhoek vanaf Stellenbosch, plaasgevind. Hierdie fees vind jaarliks in hierdie voormalige sendingstasie vir vrygestelde slawe plaas. Hierdie kort video-oorsig dek die Saterdag-program, wat op Internasionale Moedertaaldag geval het. Vanjaar was dit ’n spesiale viering, aangesien 2026 die jaar is waarin Adam Small 90 jaar oud sou geword het en hy 10 jaar gelede oorlede is. Daar is vanjaar ook hulde gebring aan die digter Diana Ferrus, wat in Januarie 2026 oorlede is.

Top