Feeste

Artikels oor feeste in Suid-Afrika en in die buiteland
Articles about festivals in South Africa and abroad

Suidoosterfees 2026: Wenproduksie bring klassieke volksverhaal as spookagtige besinning oor erfenis na Suidoosterfees

LitNet Suidoosterfees 2026-04-27

Die Suidoosterfees 2026 kry ’n fassinerende dimensie met die aankondiging van hierdie jaar se Zabalaza-wenproduksie, Kinnes van Somers, wat as deel van die ATKV Kinder- en Jeugteaterprogram opgevoer word.

Suidoosterfees 2026: ’n onderhoud met Gerrie Lemmer

Naomi Meyer, Gerrie Lemmer Suidoosterfees 2026-04-24

"Om vanjaar by die Suidoosterfees en die Woordfees se kinder- en jeugteaterproduksies betrokke te wees, glo die ATKV dat dit geleentheid tot grenslose gehoorontwikkeling, talentontginning en die volhoubare daarstelling van ’n goeie industrie in die kunste sal skep."

Suidoosterfees 2026: ’n onderhoud met Jana Hattingh

Naomi Meyer, Jana Hattingh Suidoosterfees 2026-04-24

"Daar is absoluut geen groter bevrediging as om te sien hoe feesgangers hulleself geniet nie. Ons gehore is uniek en jy kry hulle eenvoudig nêrens anders nie. Om jong kunstenaars te sien terwyl hulle hul eerste professionele treë by die Suidoosterfees gee, vul my met inspirasie, want ’n jaar of twee later sien jy hulle op TV, of kom hulle terug fees toe as volwaardige, professionele kunstenaars."

Persverklaring: Bibi Slippers rig die 2026 Tuin van Digters-feesprogram

LitNet Feeste 2026-04-23

Die fees, alom bekend as die Tuiste van Afrikaanse Digkuns, vind vanjaar van 11 tot 12 September 2026 plaas.

Persverklaring: Plekspesifieke drama neem voortou by KKNK se Kannas

LitNet KKNK 2026-04-23

Die KKNK se Kanna-pryse word deur ’n onafhanklike paneel beoordeel en bekroon jaarliks uitnemendheid by dié fees in die Klein Karoo.

Suidoosterfees: Komedie bied tuiste vir eg Kaapse lag uit die maag

LitNet Suidoosterfees 2026-04-22

Van 1 tot 3 Mei 2026 bring die Cape Town Comedy Club (CTCC) en die Suidoosterfees ’n vrolike, grensverskuiwende viering van stand-up-komedie as kultuur, kuns en suiwer plesier.

Dans op die Suidoosterfees: Kom tuis in die ritme en beweging van gedeelde verhale

LitNet Suidoosterfees 2026-04-22

Soos die legendariese choreograaf Gregory Maqoma opmerk, is dans meer as net beweging; dit is die "storie van waar ’n mens vandaan kom". Deur elke vertoning word gehore uitgenooi om hul eie sin van behoort en tuiskoms in die ritme van ons gedeelde verhale te vind. Ses uiteenlopende danswerke bring stories van identiteit, gemeenskap en veerkragtigheid deur die lens van choreografie na die verhoog.

Suidoosterfees se ATKV Kinder- en Jeugteater: Waar talentvolle jong stemme ’n tuiste vind

LitNet Suidoosterfees 2026-04-22

Van klassieke hervertellings tot eksperimentele nuwe werk, van skole en universiteite tot gemeenskapsprojekte, bied die program ’n ryk verskeidenheid teater vir jong gehore van so jonk as 3 jaar tot op studentevlak.

Suidoosterfees 2026: Onderhoud oor die Jakes Gerwel-gespreksreeks

Naomi Meyer, Theo Kemp Suidoosterfees 2026-04-22

Theo Kemp, uitvoerende direkteur van die Jakes Gerwel Stigting, praat met Naomi Meyer oor die Jakes Gerwel-gespreksreeks by vanjaar se Suidoosterfees.

Suidoosterfees 2026: Klink ’n glasie met wynmeesters op Sauvignon Blanc-dag

Maryke Roberts, Danie van der Merwe, Hagen Viljoen, Mosima Mabelebele, Jean Nel Suidoosterfees 2026-04-22

Die aanbieder van die VIA-reeks Die wynmeester, Danie van der Merwe, kuier op Internasionale Sauvignon Blanc-dag saam met drie gerekende wynmakers van Sauvignon Blanc SA by die Suidoosterfees.

Suidoosterfees: Eerste vir alles, ’n onderhoud

Yolanda du Toit, Frank Opperman, Margit Meyer-Rödenbeck, Wessel Pretorius Suidoosterfees 2026-04-16

Yolanda du Toit praat met Margit Meyer-Rödenbeck, Frank Opperman en Wessel Pretorius oor die Suidoosterfees-produksie, Eerste vir alles.

Suidoosterfees se NATi Jong Sterre op pad na "volwaardige kunstenaarskap"

LitNet Suidoosterfees 2026-04-16

Met die fees se tradisionele fokus op die ontwikkeling van jong talent, is die NATi Jong Sterre-program jaarliks ’n hoogtepunt waar nuwe loopbane in die teaterwêreld rigting vind.

Suidoosterfees 2026: Die poskantoor – ’n onderhoud

Yolanda du Toit, Jeanne-Marié Koekemoer Suidoosterfees 2026-04-16

"Ek hoop ook die produksie skep ’n oomblik van stilwees, ’n ruimte vir refleksie, wat anders as die oorweldigende stroom van stemme en beelde op ons fone, die geleentheid bied om werklik stil te staan. Hopelik kan dit lig werp op van ons land se mees dringende kwessies. Daar ís ruimte vir vergifnis en daar is baie plek vir hoop."

Komvandaan: Waar die natuur jou naam onthou – Suidoosterfees se visuelekunsprogram

LitNet Suidoosterfees 2026-04-15

Toegang tot die uitstallings is gratis. Volledige besonderhede is in die feesprogram op suidoosterfees.com beskikbaar.

Voorlopige program van die 2026 Etienne van Heerden Veldsoirée

LitNet Etienne van Heerden Veldsoirée 2026-04-15

Alle gesprekke is gratis. Bespreek vroegtydig verblyf.

Jakes Gerwel-gesprekke die intellektuele hart van Suidoosterfees

LitNet Suidoosterfees 2026-04-09

Die Suidoosterfees vind vanjaar van 29 April tot 3 Mei in Kaapstad plaas. Met Tuiste as die feestema, bied die Jakes Gerwel-gesprekke weer ’n tuiskomplek aan ons voorste skrywers, denkers, joernaliste en uitgewers.

Die klein oomblikke wat die KKNK nog 30 jaar gaan laat gedy

Nadine Petrick KKNK 2026-04-09

"Dit vat 'balls of steel', hope vertroue in die mensdom en waarskynlik ook ’n groot skeut kinderlike geloof van mense soos Hugo Theart, Saartjie Botha, Alexa Strachan en Jana Hattingh om die ondankbare taak van 'feesdirekteur' op hulle CV’s te wil skryf."

Persverklaring: Reinet Nagtegaal-teksprys 2026 – wenners bekend

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-04-09

Die wenners van die gesogte Reinet Nagtegaal-teksprys vir 2026 is bekend.

Was dit die laaste KKNK-fees ooit?

Koos Kombuis KKNK 2026-04-09

"En ons was toe ook daar, ja, by daardie eerste fees. Ek was toe nog nie getroud nie."

Spoel: Laat die nostalgie oor jou spoel met dié 2026 KKNK Karoo Kaarte-produksie

Maryke Roberts, Neil Coppen KKNK 2026-04-09

"Dit het ons ook die geleentheid gegee om na die politieke geskiedenis van fotografie in Oudtshoorn te kyk, wat natuurlik baie algemeen is met Saamstaan ​​en mense soos Derek Jackson en hierdie ongelooflike figure wat betrokke was by daardie beweging van daardie koerant. Dit het hulle dikwels amper hul lewens gekos om foto's te neem van onwettige gebeure of wat deur die polisie verbied is. En natuurlik was daar in daardie dae film en die magie van die donkerkamer."

Top