Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Willie Burger oor boekresensies, beïnvloeders en die boekebedryf

Willie Burger Seminare en essays 2023-12-04

"Een belangrike aspek van resensies is dat dit nie alleen iets oor die boek sê nie, nie slegs ’n positiewe of negatiewe oordeel hoef uit te spreek nie, maar dat dit as ’n eie stukkie skryfwerk stimulerend behoort te wees, dat dit na aanleiding van die geresenseerde boek iets oor ons wêreld sal kwytraak wat dit selfs vir die persoon wat nooit die boek gaan of wil lees nie, betekenisvol kan maak om die resensie te lees."

Daar is hoop vir die Noord-Kaap en vir die land se kinders: ’n gesprek oor hoe Loeriesfontein Hoërskool se skoolprestasies verbeter het

Naomi Meyer, Sonja Squires SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2023-12-04

"[T]oe het ons programme begin om ook die verskaffing van middele vir die 10 hoofstrome van intelligensie aan te help. In 2023 het die hoërskool oor die 20 leerders opgelewer wat kon deelneem aan distriks-, provinsiale en nasionale proewe in verskeie sportsoorte, meer as 10% van leerders wat musiekinstrumente kon begin speel, en deelname aan eisteddfods en ander feeste is verhoog."

Op hol met Nini Bennett-Moll se heerlike artikel op Versindaba

Crito Menings 2023-12-01

"Word skoliere nog genoegsaam op skool voorberei om nie net verstrooiingslektuur te lees nie, maar ook meer ingewikkelde, literêre romans en poësie? Wat is die situasie by universiteite? Wie is die volgende Louise Viljoen? Gaan Jean Meiring weer terugkeer? Is koerante en tydskrifte nog die teelaarde vir kreatiewe skryfwerk?"

’n Oorsig oor die Jakes Gerwel-gedenklesing 2023 | About the Jakes Gerwel commemoration lecture 2023

Paul Kammies Seminare en essays 2023-11-30

"Na ’n kort video waar vorige fellows express’et hoe Paulet Huis hul lewens fundamenteel verander het, het dr Sooliman aanlyn byrie geleentheid aangesluit. ’n Opportune oomblik. Sy lesing was soaked innie betekenis van geloof en spiritualiteit."

Die kuns en die wetenskap van skouervervangings

Freek Robinson, Heckroodt Laubscher Onderhoude 2023-11-29

Heckroodt Laubscher is ’n ortopediese chirurg wat in skouervervangings spesialiseer. Laubscher verduidelik aan Freek Robinson hoe hierdie prosedures werk en wie daarby baat. “Hoe ver is ons van die skep van ’n bioniese mens?” vra Robinson hom.

Eyeless in Gaza

David Willers Opinion 2023-11-29

"The grim reaper is everywhere to be seen as these tragic events unfold. Beyond the rights and wrongs, the claims and counter-claims, this war, like all wars, has already resulted in the deaths of thousands of non-combatants ..."

Kleinboet Staphorst antwoord Cicero

Luan Staphorst SêNet-briewe 2023-11-29

"Ek tref dus ’n onderskeid tussen diskwalifiserende kritiek, wat Cicero aanroer, en kwalitatiewe kritiek, wat deur beide Cicero en Roux geopper is; slegs eersgenoemde is in hierdie skrywe ter sprake."

Die transformatiewe reis ná veragtering: vervangende regerings in die plek van die regime

Koos Malan Seminare en essays 2023-11-29

"Die huidige ANC-regime ly, soos in ’n vorige bespreking verduidelik, konstant verlies van regeermiddele en regeer gevolglik oor al hoe minder."

Ink in my pen: Madri Victor praat oor manuskripontwikkeling, waarom skrywers skryf en die sin van boeke

Naomi Meyer, Madri Victor Onderhoude 2023-11-29

"Mense kan op verskillende maniere opgebou word. Dit is goed en nodig om geprys te word, maar om uit te wys wat skort met die teks is ook ’n manier om ’n skrywer op te bou. Ek praat nou as manuskripontwikkelaar, nie as resensent nie, hoor. Wanneer ek in my hoedanigheid as ontwikkelaar of mentor uitwys hoe jy jou storie kan verbeter, is my doel om jou nuwe vaardighede te leer."

In die beeld van die Skepper: ’n kykie in die toekoms van Kunsmatige Algemene Intelligensie (KAI)

Sidney Gilroy Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2023-11-28

"Terwyl ChatGPT uitblink in die genereer van reaksies gebaseer op bestaande data, gaan Q* verder deur ’n vermoë te toon om logies te redeneer oor abstrakte konsepte en om onafhanklik oplossings te skep."

Oor boekresensies, lesersindrukke, uitgewers en skrywers

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-11-28

"Eerder as om óók hier in die kryt te spring oor wie wat mag doen, wil ek eerder fokus op ’n speler wat verlore raak in die losgemaal: die leser."

Skei of bly – die impak van hoë konflik in langtermynverhoudings

Louis Awerbuck Seminare en essays 2023-11-28

Die feesgety is vir baie mense ’n tyd van samekoms. Vir sommiges is dit ’n tyd van vreugde. Vir andere beklemtoon gesins- of familiegeleenthede die klowe wat bestaan. In hierdie artikel skryf Louis Awerbuck, na aanleiding van ’n onlangse akademiese artikel, oor hoëkonflikverhoudings en egskeiding.

Festival voor het Afrikaans 2023: ’n onderhoud met Marius Coetzee

Naomi Meyer, Marius Coetzee NeerlandiNet 2023-11-24

"Die Nederlandse gehore deins nie terug vir die musiek van ons tyd nie, so ek is van mening dat die Nederlandse gehore en musiekkenners ’n goeie afsetgebied vir werke van Suid-Afrikaanse komponiste kan bied."

Jan Rabie-Marjorie Wallace-gedenklesing 2023: Die onsigbare vrou met die veerpen in die hand: “Ich bin die Frau von gestern”

Valda Jansen Seminare en essays 2023-11-23

"Ek word soms ook behandel asof ek ’n variant is; asof ek ’n variant van ’n taal praat; asof ek ’n variant van ’n mens is. Maar hulle misgis hulle."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Video-opname van gesprek oor die vertalings van Faust en Reinaard die vos

Johann Rossouw Seminare en essays 2023-11-23

Hierdie is ’n video-opname van Johann Rossouw se gesprek met Robert Schall en Henning Pieterse oor hul onderskeie vertalings van Faust en Reinaard die vos. Dit vorm deel van die Johann Rossouw-gespreksreeks.

Is daar hoop vir die land? Hoe lyk die toekoms? | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Barend la Grange, Freek Robinson Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-11-23

Ja, daar is hoop, sê Barend la Grange en Freek Robinson, maar dan moet gewone mense iets begin doen. In die Bybel staan dat God die voëls van die hemel sal versorg, maar dit beteken nie dat die voëls elke oggend met oop bekkies op die draad sit en wag vir wurms om in hul monde te val nie.

Van wonderkind tot gemeenskapswerker

Freek Robinson, Amira Willighagen Onderhoude 2023-11-23

Amira Willighagen het op negejarige ouderdom die wêreld verstom toe sy Holland’s got talent (2013) gewen het met haar opera-arias. Tien jaar later woon Willighagen in Suid-Afrika. Haar stigting bou nou veilige speelplekke in ons land se townships. Vir hierdie sonderlinge werk is sy vanjaar twee keer vereer. Sy gesels, in Afrikaans, met Freek Robinson oor haar werk, haar talente en haar toekoms.

They didn’t walk alone: 15th George Botha Memorial Lecture

Denise Zinn Opinion 2023-11-22

"What about those who cooked, cleaned and built the houses in which they lived, he reminds us to consider. Without them, would those who achieved fame, or who sacrificed and contributed so much, been able to do all they did?"

Mein Berlin: ’n onderhoud met Deon Maas

Alex J Coyne, Deon Maas Onderhoude 2023-11-21

“Ek het van al my wêreldse besittings ontslae geraak en na ’n nuwe kontinent, nuwe land, en nuwe stad getrek. Ek word konstant gestimuleer deur nuwe invloede. Daar is geen ritme in my lewe nie, en alles is nuut.”

Maak ons die wêreld, of maak die wêreld ons?

Christi van der Westhuizen Menings 2023-11-21

"Die verskillende blindhede van beide die liberale en die marxistiese standpunte is oortuigend deur feministe en swart en postkoloniale denkers aan die kaak gestel."

Top