Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

In memoriam: Cass Abrahams en haar koserfenis

Karen Hart In memoriam 2026-08-11

"Hierdie vrou, wat haarself leer kook het, het saam met die beste kokke ter wêreld gekook en sy kan nie eens meer onthou hoeveel toekennings sy al gekry het nie – internasionaal en hier. Sy is ook gekies as een van honderd kokke uit die wêreld se bestes ..."

Wyngaard Weekliks: Noudat bek-en-klouseer beter gehanteer word, wag varkpes en ander krisisse om die draai.

Heindrich Wyngaard, Johann Kirsten LitNetKanaal op YouTube 2026-08-11

Terwyl die fokus in landboukringe nog stewig op die bek-en-klouseer-krisis in Suid-Afrika is, maan die landbou-ekonoom Johann Kirsten dat die volgende krisisse – waaronder varkpes – reeds met ons is. Hy praat met Heindrich Wyngaard na aanleiding van sy onlangse meningsartikel oor bek-en-klouseer en verwante sake.

Cass Abrahams soos sy self vertel het

Izak de Vries In memoriam 2026-08-10

"Meer as net ’n nuwe naam en man het hierdie huwelik vir haar gebring. Sy is aan ’n koskultuur bekendgestel wat sy geensins geken het nie."

Ekke en my maatjie Grok

Cornelius Henn SêNet-briewe 2026-08-05

"Lank lewe Melt en Naomi. Hulle was die intelligentste iets wat ’n mens aan die ander kant van die skerm kon kry: wys, geduldig, met ’n toewyding wat my woorde gevorm het sonder om die hart daaruit te haal."

Dink bietjie oor die groot dinge

Hermione le Roux-Ellis Menings 2026-08-04

"Hulle is ’n toonbeeld van suksesvolle queer vroue en dien as rolmodelle. Hierdie twee sokkersterre se storie is eintlik vir my belangriker as die gebeure by Bishops, juis omdat stories oor diskriminasie en moord so besonder alledaags is."

"Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur." Krige en Sorolla in gesprek oor die see

Heidili Bonas Menings 2026-08-03

"Sorolla se werk maak die onsigbare koste sigbaar: Die werklike koste is nie die prys van vis nie, maar die menslike prys wat die vissermanne betaal. Hierdie insig weerklink op verskeie vlakke in Uys Krige se gedig."

Video-opname: die Karel Schoeman-gedenklesing 2026

Johann Rossouw, Ria Winters Boeke en skrywers 2026-07-31

LitNet was die mediavennoot van die jaarlikse Karel Schoeman-gedenklesing. Hierdie gesprek het tussen Johann Rossouw en Ria Winters plaasgevind. Die video word hiermee op LitNet gepubliseer.

Bettina Wyngaard: Om die waarheid met deernis te skryf

Ingrid Jones In memoriam 2026-07-30

"Die beste huldeblyk wat ons aan haar kan bring, is nie om haar net te onthou nie. Dit is om haar ernstig op te neem. Om aan te hou luister na die vrae wat sy gestel het. Om ruimte te maak vir stemme wat nog nie gehoor word nie."

Elders gesien: Die harde sypaadjie is sy huis én slaapplek.

Hannes Stander Menings 2026-07-30

"Ek twyfel of sy weet wat 'kontak slaan', 'doodsakker', of om ge-'rev' te word, beteken. Hy het vier dae laas geëet, sê hy."

Elders gesien: Met apologie aan Lina Spies

Anschen Conradie Etienne van Heerden Veldsoirée 2026-07-29

"En die afgelope naweek, tydens die sewende Etienne van Heerden Veldsoirée, het ek die praktiese manifestasie daarvan weer in werking gesien. Dis veel meer as kruisbestuiwing, simbiose of uitruilings van kennis en ervarings."

Springmielies: As Fata of Fortuna jou besoek

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2026-07-29

"Dit bring ons by versekeringseise en die 'daad van God'- / 'act of God'-klousule. Laasgenoemde verwys na ’n natuurlike gebeurtenis wat heeltemal buite menslike beheer is, onvoorspelbaar en onvoorkombaar. Voorbeelde hiervan is ’n storm, orkaan, tornado, hael, weerlig, vloed, aardbewing, tsunami, vulkaniese uitbarsting en so meer. Dit beteken niemand is nalatig nie – die natuur het dit veroorsaak. Volgens versekeringskontrakte was sekere van laasgenoemde ’n daad / dade van God en teoreties kan jy Hom seker (probeer) dagvaar."

Veldsoirée 2026: Die sewende, die einde van die waarheid, die sterfte van fiksie, die grafrede by die laaste boek en laaste leser.

Clinton V du Plessis Etienne van Heerden Veldsoirée 2026-07-28

"Maar sewe laat my ook onmiddellik dink aan Etienne Leroux se Sewe dae by die Silbersteins. En ja, tussen die fiktiewe ruimte van Welgevonden en die werklikheid van die sarkofaag op Buffelshoek is daar steeds die groot soeke. Dit is waarmee daar dié naweek deur sessie na sessie geworstel is. Dié soeke, die stoei met sin, maniere om opnuut te 'disrupt', soos Mphuthumi Ntabeni dit gestel het."

Elders gesien: Vroeg-Julie voer ek en Bettina dan ons laaste gesprek

Réney Warrington Elders gesien 2026-07-28

"Ek gaan stap die Baviaanskloof en stuur ’n klomp foto’s en video’s die dag voor haar dood."

Orde van die Windpomp die sewende keer by die Etienne van Heerden Veldsoirée toegeken

Izak de Vries Etienne van Heerden Veldsoirée 2026-07-26

Die orde van die Windpomp is vanjaar vir die sewende keer tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée toegeken. In hierdie video vertel Van Heerden meer oor die geskiedenis van dié eksentrieke prys. Hy kondig ook die wenner aan.

KI-miniseminaar: 77 + 33 = 100

Eben Venter Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2026-07-23

"KI is, volgens Noam Chomsky – en bewaar asseblief hierdie skerp, lateraal denkende filosoof van die implikasies van sy assosiasie met Epstein – is pleinweg internetplagiaat."

Koos Komiek: Aardverwarming

Koos Kombuis Visueel 2026-07-22

Koos Kombuis lewer maandeliks kommentaar op die absurde werklikheid.

Skoleseminaar: Alles begin by een doodgewone dag in die skoolhoof se kantoor

Michelle Engelbrecht SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2026-07-22

"’n Regsprobleem in ’n skool begin selde met ’n hofsaak. Dit begin eerder by die ontvangs. In die skoolhoof se kantoor. In ’n ouer se dringende e-pos. In ’n dissiplinêre gesprek. In ’n besluit oor toelating. In ’n foto wat op ’n skool se sosialemediaplatform gedeel word. In ’n veiligheidsvoorval op die speelgrond. Op daardie oomblikke wanneer die besluit geneem word, lyk dit nog soos gewone skoolbestuur op ’n doodgewone skooldag. Dit is juis waar die probleem lê."

Uneasy grammar: Britain and South Africa – a critical reflection

Peter Vale Opinion 2026-07-21

"When powerful states describe a relationship as mutually beneficial, who gets to define the mutuality?"

Aan almal met harte

Cornelius Henn SêNet-briewe 2026-07-20

"Deur die waarheid te eer, gee jy jouself die ruimte om te genees en vorentoe te beweeg."

Vervulling en roeping: die Israel van God

Cornelius Henn SêNet-briewe 2026-07-20

"Die kwessie raak nie net politiek of teologie op ’n afstand nie – dit raak ons brood en botter, en die vraag wat almal op een of ander manier raak: Wat sê die Skrifte self oor Israel?"

Top