Elders gesien: Aai, ek kan nie meer met al die dom nie

  • 0

...
Ons het ’n moerse moordprobleem. Dít behoort die gesprek te wees.
...

Niel van Deventer skryf op Facebook:

Aai, ek kan nie meer met al die dom nie.

Amerika wil Suid-Afrikaners straf oor die beweerde vervolging en geweld teen witmense. Ernst Roets en kie gaan blaas lustig daardie vuur aan.

Die ANC se antwoord is basies: “Nee wat, witmense word nie uitgesonder nie. Hier word almal vermoor.”

Wat ’n fokken flex.

Want dít is eintlik die punt: Suid-Afrika het ’n enorme geweldsmisdaadprobleem. Ons moordsyfer is astronomies hoog vir almal. En die beskikbare navorsing wys boonop dat swart Suid-Afrikaners ’n veel groter deel van die moordlas dra as wit Suid-Afrikaners.

So twee dinge kan tegelyk waar wees: Die ANC het oor dekades jammerlik gefaal om Suid-Afrikaners veilig te hou, maar dit beteken nie daar is ’n wit volksmoord nie.

Inteendeel: een van die merkwaardige dinge van post 1994 is juis dat Suid-Afrika nié die pad van grootskaalse vergelding teen die voormalige onderdrukkers geloop het nie.

Ons het ’n moerse moordprobleem. Dít behoort die gesprek te wees.

Nie ’n rasnarratief wat die werklike slagoffers van Suid-Afrika se geweldsmisdaad uit die prentjie skryf nie.

#asdommetdomstry #ekkanniemeer #tenminstehetonsnogdieBOKKE

Lees ook:

Moord is ’n gruwel, ongeag wie die slagoffer is

Afrikaners have PoepMed, a drama in one act

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top