Universiteitseminaar | University Seminar

Follow and join the ongoing conversation on education, access, transformation, language and the Constitution.

Contributions in any language and format are welcome: naomimeyer@litnet.co.za.

Die etiese gebruik van KI vir akademiese skryfwerk: ’n literatuuroorsig met behulp van NotebookLM

Burgert A Senekal Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2026-07-02

"Hierdie artikel gebruik KI in die vorm van Google se NotebookLM om ’n breë oorsig oor die etiese en onetiese gebruike van KI vir akademiese skryfwerk te verskaf, soos gegrond in ’n groot hoeveelheid akademiese literatuur oor die onderwerp. Die fokus val op akademiese skryfwerk wat aan vaktydskrifte voorgelê word, nie studente se werkstukke nie, alhoewel dit ook betrekking op laasgenoemde het."

US se nuwe taalbeleid: Meertalige toekoms of die verdere verengelsing van Stellenbosch?

Jean Oosthuizen Universiteitseminaar | University Seminar 2026-07-02

"Waar Afrikaans en Xhosa gereeld gekwalifiseer word met frases soos 'waar uitvoerbaar', 'waar moontlik' en 'waar hulpbronne beskikbaar is', geld soortgelyke voorwaardes selde vir Engels. Dit het gelei tot die persepsie dat Engels in werklikheid die verstektaal bly, terwyl die ander twee tale aanvullende rolle vervul."

Agterstories: Die Schole en die sigblad

Johan Fourie Rubrieke 2026-06-30

"Wat in dié spanning verlore kan raak, noem Thom schole: die Griekse stamwoord van scholarship, of akademieskap. Dit beteken vrye tyd, of vryheid van noodsaak – die tyd en ruimte wat ’n mens nodig het om te dink. ... In ’n tyd van masjiengegenereerde teks is dit dalk die waardevolste ding wat ’n universiteit kan leer: om ’n fragment te beoordeel, en die egte artikel van ’n namaaksel te onderskei."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Van Gutenberg tot Zuckerberg – oor die beloftes en bedreigings van die nuwe tegniese era in die Suid-Afrikaanse universiteitswese

Johann Rossouw Universiteitseminaar | University Seminar 2026-06-19

"Dit is die verantwoordelikheid van die eietydse universiteit om studente eerstens in te lyf in die oorspronklike vorm van hoë geletterdheid sodat hulle dit intelligent kan vergelyk met die vervalsings daarvan, naamlik groottaalmodelle, en dié tegnologie kan toe-eien en aanpas om hul vermoë om te dink, te verbeel, te vernuwe, te kan uitbrei en optimaliseer ten einde betrokke burgers te word van ’n land wat nog worstel om waarlik postkoloniaal, dit wil sê waarlik soewerein, te word."

Universiteitseminaar: Gedagtes rondom die Universiteit van die Vrystaat (UV) se gewysigde KI-beleid

Burgert A Senekal Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2026-06-05

"KI is reeds deel van die universiteit en sal nie geheel en al uit tersiêre onderrig verwyder kan word nie. Die vraag is dan hoe om te verhoed dat studente glad nie leer nie en net op KI steun."

Danny Titus-gedenklesing: Konstitusionele Hof-regter tree in die bres vir Afrikaans as onderrigtaal

Jean Oosthuizen Universiteitseminaar | University Seminar 2026-05-27

"Dit is nie elke dag dat ’n dienende Konstitusionele Hof-regter in die openbaar verklaar dat Afrikaans inheems is, dat die taal se geskiedenis verdraai is, en dat bruin Afrikaanssprekendes steeds vir erkenning moet veg nie. Daarom was Steven Majiedt se Danny Titus-lesing veel meer as net ’n gedenktoespraak. Dit was ’n grondwetlike regter se openbare pleidooi vir ’n meer volledige Suid-Afrikaanse geheue."

Hersiene taalbeleid by Nelson Mandela Universiteit ’n groot sprong vorentoe

Danie van Wyk Universiteitseminaar | University Seminar 2026-04-16

"Dit is duidelik dat hierdie nuwe en hersiene taalbeleid van die universiteit nie ideologies gedrewe was nie, maar suiwer gevestig is op akademiese konsepte wat tot voordeel van studente en die hele gemeenskap sal strek."

Dark academia: how universities die deur Peter Fleming – hoe universiteite korporasies word en die gevolge daarvan: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Frederik de Jager Resensies 2025-12-09

"Universiteite word soos korporasies bestuur en dit is nie nuus nie. Dit kom al meer as 30 jaar lank aan. Die persoonlike gevolge vir akademici en studente is minder in die oog, miskien omdat dit oor so ’n lang tyd aankruip. Eweneens die afstand tussen vandag se verbruikersmodus van kennis en die nou grootliks agtergelate idee dat universiteite daar is om die onthalwe van kennis op sigself."

Méér as feestale: denkarbeid in ons moedertale

Hercules Boshoff Universiteitseminaar | University Seminar 2025-11-24

"Die troos wat gegee word dat Afrikaans gedy omdat daar feeste gereël word en letterkunde bestaan, is nie goed genoeg nie, en getuig voorts van ’n verkleutering van moedertale as bron van nostalgie en vermaak, verbruikersitems, en as naelstring wat geknip word sodra die vakansie verby is en die universiteit weer voortgaan met Engels, die taal van die kop (capitas), die taal van die kapitaal."

Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte

Burgert A Senekal Universiteitseminaar | University Seminar 2025-11-06

"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."

University of São Paulo Winter School on University, Memory and Reparations

Moegammad Tahier Kara Universiteitseminaar | University Seminar 2025-08-07

"[M]emory, especially in societies shaped by violence and historical injustice, is never singular or linear. It is shaped by power, trauma, resistance, silence and ongoing struggles for recognition. Memory is often contested and fragmented, because different groups remember differently, and what is remembered or forgotten is deeply political."

Nuwe minister van Hoër Onderwys: Strawwe toets wag op Buti Manamela

Michael le Cordeur Universiteitseminaar | University Seminar 2025-07-25

"Die nuwe minister sal saam met universiteitsbesture ’n sisteem moet uitwerk waarvolgens slegs studente wat in ’n rigting studeer wat hulle toegang tot ’n loopbaan gee, ’n NSFAS-beurs sal ontvang. Grade en kursusse wat entrepreneurskap en werkskepping bevorder, behoort voorkeur te kry."

Die toekoms van die universiteit in ’n KI-wêreld: ’n onderhoud met Johan Fourie

Naomi Meyer, Johan Fourie Universiteitseminaar | University Seminar 2025-06-09

"Ek voorspel dat ons binne ’n paar maande daar sal wees waar ons gaan sukkel om te onderskei tussen ’n middelmatige proefskrif deur ’n werklike student geskryf en een wat met behulp van kunsmatige intelligensie geskryf is."

The importance of diversity and foreign views at Harvard and other universities

Freek Robinson, Denise Zinn Opinion 2025-06-04

Denise Zinn is an alumnus of Harvard University and plays an active role in university management in South Africa. She tells Freek Robinson about the liberating effect Harvard had on her own development, and also reflects on the importance of continued research, worldwide, and the contribution that foreign students make to any university.

Universitêre outonomie: Suid-Afrika, VSA en elders

Charl Wolhuter Universiteitseminaar | University Seminar 2025-05-14

"’n Derde bron van druk op akademiese vryheid en universitêre outonomie in die hedendaagse wêreld is die groeiende tendens van populisme, wat sedert ongeveer ’n dekade gelede in baie dele van die wêreld sigbaar is. Die verskynsels waarmee populisme verbind word, of wat elemente daarvan vorm, soos identiteitspolitiek, etniese of identiteitsmobilisering, fopnuus, onverdraagsaamheid, reduksionistiese denkskemas en persoonlikheidspolitiek, maak eweneens die verwerkliking van akademiese vryheid en universitêre outonomie onmoontlik. Terwyl die mees markante voorbeeld hiervan sekerlik die optrede van Donald Trump in die VSA is, is dit nie moeilik om ander voorbeelde in alle wêrelddele te vind nie."

Human Rights Day 2025: mind your language! About language rights and recent developments at UCT

Naomi Meyer, Mphuthumi Ntabeni Menings 2025-03-20

"It is pertinent that UCT chose the month of March, when we celebrate Human Rights, to make this long overdue announcement about adding Xhosa as one of its official languages. Globally, throughout the United Nations, the protection of minor or native languages is an urgent human rights issue. South African indigenous languages are not minority but majority languages, yet they’re still suppressed, especially by the hegemonic preference for English."

Die Universiteit Stellenbosch se keuses in die 1990’s: in reaksie op Johann Rossouw

Andreas van Wyk Universiteitseminaar | University Seminar 2025-02-19

"As rektor van die Universiteit Stellenbosch van 1992 tot einde 2001 kan ek darem nie Johann Rossouw se verwronge weergawe van die US se strategiese keuses aan die einde van die ou staatkundige bedeling en die begin van die nuwe bedeling ná 1994 soos vervat in sy onlangse rubriek onbetwis so laat staan nie."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Wat die De Villiers-era aan die Universiteit Stellenbosch ons kan leer

Johann Rossouw Seminare en essays 2025-02-05

"Een van die grootste ironieë is dat wanneer veranderingsgesinde lede van die tradisionele wit, Afrikaanse Stellenbosse elite die US-bestuur tot verantwoording probeer roep, De Villiers se nuwe elite hulle daarvan beskuldig dat hulle bloot hul historiese belange probeer beskerm. Maar nou ja, as ’n nuwe elite sy éie belange beskerm en uitbou in die naam van 'neutrale' ideale, is dit maklik om jou vuil hande telkens in die openbaar te reinig met net nog ’n komitee wat jou onskuldig bevind."

Meneer, mevrou, dominee, professor, doktor of eredoktor?

Jean Oosthuizen Universiteitseminaar | University Seminar 2024-10-31

"In die Suid-Afrikaanse media is daar geen duidelikheid oor die gebruik van eretitels nie. So word daar byvoorbeeld in mediaberigte (asook op die US se webwerf) na die voorsitter van die US-raad as dr Newton-King verwys terwyl daar nêrens enige aanduiding is dat sy enige doktorale kwalifikasies het nie."

Top